1 / 18

Pendulum van Geloof

Pendulum van Geloof. ...iewers beweeg dit by die laagste punt verby. Dis asof daar al meer beproewings op ons pad kom namate ons poog om te groei en volhard in geloof.

lars
Download Presentation

Pendulum van Geloof

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Pendulum van Geloof ...iewers beweeg dit by die laagste punt verby....

  2. Dis asof daar al meer beproewings op ons pad kom namate ons poog om te groei en volhard in geloof. Waar is die “goeie” ou dae van dinamiese geloof, met vurige en snelle groei en aanskoue van geloof in aksie? Waar is die “wittebrood” van my geloofslewe? Boer my geloof agteruit?

  3. Tema van boodskap, beeld van ons tyd en stryd in geloof

  4. Pendulum (pendulus)

  5. Maar Saulus, wat nog geblaas het teen die Weg... Hnd 9:1Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan Hnd 9:2 en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring. Wêreld Saulus Maar geen Geestelike dinamika nie – geen dinamos in sy lewe V = 0; EK = 0, EP = Maks Belangrik, hoog op in die wêreldse reik, vasgeboei aan die ewige dood.

  6. Kettings losgebreek, Paulus val (los)... • Hnd 9:3 En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af; Hnd 9:4en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Hnd 9:5 En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jahshua wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. Hnd 9:6 En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen. As hy nie vasgehou was deur die een aan die vloekhout, het hy tot heel onder geval. Wêreld Saulus “Klik”, breek sy boeie, en hy begin beweeg..... EK Maar omdat hy geanker is, begin hy swaai, nie val nie – soos ‘n pendulum. ( - )

  7. Kettings losgebreek, Paulus val (los)... Paulus EK

  8. Paulus op maksimum dinamos..... • Hnd 23:10 En toe daar ‘n groot twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring. Hnd 23:11 En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig. Hnd 23:12 En toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie. Hnd 23:13 En daar was meer as veertig wat hierdie sameswering gemaak het. Paulus se geloofspad skuif verby die ekwilibrium lyn – nou begin die volharding tot opbou van ewige skatte.... Aardse maatstaf Hemelse maatstaf EK Paulus

  9. Hemelse potensiaal verhoog met inspanning en volharding – geloof wat nie sien nie. • 2Ko 12:6 Want as ek sou wil roem, sou ek nie ‘n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie. 2Ko 12:7 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. 2Ko 12:8 Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. 2Ko 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. 2Ko 12:10 Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk. 2Ko 12:11 Al roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe genoodsaak. Want ek moes deur julle aanbeveel geword het; want ek het niks by dié uitnemende apostels agtergestaan nie, al is ek niks nie. EK Paulus ( + ) Elke dag kyk hy meer na Bo

  10. En iewers, eendag in Rome, het hy so vêr geswaai as wat sy momentum hom kon neem – voor hy weer kon terugval, sterf hy. • Hnd 28:20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is. • Hnd 28:30 En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly (in Rome) en almal ontvang wat na hom gekom het, Hnd 28:31 terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jahshua Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering. • . Sy oë reg na Bo EK = 0 Paulus Hnd 21:10 En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom. Hnd 21:11 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer. Hnd 21:12 En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie. Hnd 21:13 Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jahshua. Hnd 21:14 Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied! EPH = Maks

  11. Wat agter is, is agter gelaat..... Fil 3:7 Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Fil 3:8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jahshua, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry Fil 3:9 en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; Fil 3:10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, • Fil 3:14Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is......

  12. Sodat wat voor is, binne bereik kan kom..... Fil 3:11 of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. Fil 3:12 Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jahshua gegryp is. Fil 3:13 Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Fil 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jahshua. Fil 3:15Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.

  13. ‘n Vektor, nie skalaar.... 1Ko 9:16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie! 1Ko 9:17 Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ‘n rentmeesterskap aan my toevertrou. 1Ko 9:18Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie. 1Ko 9:19 Want alhoewel ek van almal vry(niks vergoeding ontvang nie) was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win. 1Ko 9:20 Vir die Jode het ek soos ‘n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win. 1Ko 9:21 Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet—al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus—om die wat sonder die wet is, te win; 1Ko 9:22 vir die swakkes het ek soos ‘n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red. 1Ko 9:23 En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek ‘n deelgenoot daarvan kan word. 1Ko 9:24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. 1Ko 9:25 En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. 1Ko 9:26Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. 1Ko 9:27Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.

  14. Toe het ek......maar nou.... Rom 7:6Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. • Rom 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. • Rom 7:25 Ek dank God deur Jahshua Christus, onse Here! So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde. Rom 8:1Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jahshua is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jahshua het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Rom 8:3 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, Rom 8:4sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

  15. Jakobus – net die selfde Jak 1:1 Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jahshua Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete! Jak 1:2 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, Jak 1:3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Jak 1:4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. Jak 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Jak 1:6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Jak 1:7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie— Jak 1:8 so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. Jak 1:9Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid, Jak 1:10 en die ryke in sy geringheid, want soos ‘n blom van die gras sal hy verbygaan.

  16. Petrus – ook so • Joh 21:15 Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jahshua vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei. Joh 21:16 Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op. Joh 21:17 Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jahshua sê vir hom: Laat my skape wei. Joh 21:18 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ‘n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie. Joh 21:19 En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.

  17. Jou geestelike lewe swaai ook deur, en so verander die aard van jou bediening, jou beproewing, en ook jou beloning. Die redding is uit genade. Die wegtrek en vermeerderende “dinamos” is heerlik. Die gravitasiekragte wanneer jy onder deur swaai is iets wat jy sal onthou. Maar die voort beur “teen hoop op hoop”, die opkyk na Bo vir hulp, die verlange na die “hoë spoed” van gister, die volharding al sien jou vlees-oë nog niks, en die vaste vertroue op dit wat jy hoop, al voel jy nie so nie – dit is die skatte wat jou Ewige Potensiaal verhoog, tot Vader jou lewenslyn oorneem die ewigheid in.....

  18. Amen

More Related