1 / 14

Amptelike Tale Huistaal Eerste Addisionele Taal Tweede Addisionele Taal Opsomming

Amptelike Tale Huistaal Eerste Addisionele Taal Tweede Addisionele Taal Opsomming. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT). Die 2009 Eksamenriglyne vir Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) dui aan: Opstel van vrae: Lengte van teks:

lamont
Download Presentation

Amptelike Tale Huistaal Eerste Addisionele Taal Tweede Addisionele Taal Opsomming

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Amptelike Tale HuistaalEerste Addisionele TaalTweede Addisionele Taal Opsomming

  2. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Die 2009 Eksamenriglyne vir Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) dui aan: Opstel van vrae: • Lengte van teks: • Disjunktiewe tale: HT: 350 woorde wat in 80-90 woorde opgesom word. EAT: 250 woorde wat in 60-70 woorde opgesom word. TAT: ± 200 woorde wat in50-60 woorde opgesom word. • Konjunktiewe tale: HT: 270 woorde wat in 60-70 woorde opgesom word. EAL: 220 woorde wat in 50-60 woorde opgesom word. TAT: ± 170 woorde wat in 40-50 woorde opgesom word.

  3. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Opstel van vrae (Vervolg): • Opskrif/titel: kandidate hoef nie ‘n opskrif te gee nie. • Kandidate behoort die opsomming in hul eie sinne te skryf. • Die teks moet nie uit die begripsteks geneem word nie. • Van kandidate kan verwag word om in puntsgewysOF in paragraafvorm op te som.

  4. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Nasienmemorandum/nasien van die opsomming: • Kandidate moet die opsomming in die verlangde formaat aanbied. Indien nie, word dit nienagesien nie. • Net antwoorde in volsinne word nagesien. • Beplanning MOET duidelik aangedui word, so nie word die eerste opsomming nagesien. • Kandidate moet die getal woorde duidelik aandui.

  5. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Nasienmemorandum/nasien van die opsomming (Vervolg): • Vir HT en EAT, ken punte toe as volg: • 7 punte vir 7 feite • 3 punte vir taal • Penaliseer as volg: • Vir opsommings wat te lank is, lees slegs tot by die 5dewoord na die verlangde lengte en ignoreer die res van die antwoord.. • Opsommings wat te kort is, maar die verlangde feite bevat, behoort nie gepenaliseer te word nie. • Taalfoute(grammatika, spelling, punktuasie): trek van die die 3 taalpunte as volg af : • 0-4 foute – geen penalisering • 5-10 foute – trek 1 punt af • 11-15 foute – trek 2 punte af • 16 of meer foute – trek 3 punte af.

  6. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Nasienmemorandum/nasien van die opsomming (Vervolg): • Vir direkte aanhalings van volsinne, trek so punte van die kandidaat se totaal (feite en taal) af: 1-3 volsinne aangehaal: geen penalisering 4-5 volsinne aangehaal: trek 1  punt af 6-7 volsinne aangehaal: trek 2 punte af • Trek 1 punt van die kandidaat se totaal (feite en taal) af, indien die getal woorde nie aangedui is/of die getal woorde nie korrek aangedui is nie. • Let wel: Afkortings behoort nie in die opsomming gebruik te word nie. Indien die kandidaat wel afgekort het, word elke woord wat verteenwoordig word, getel.

  7. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Nasienmemorandum/nasien van die opsomming (Vervolg): Voorbeeld

  8. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Nasienmemorandum/nasien van die opsomming (Vervolg): Vir TAT ken punte as volg toe: • 7 punte vir 7 feite • 2 punte vir taal • 1 punt as getal woorde korrek aangedui is. Penaliseer so: • Taalfoute (grammatika, spelling, punktuasie): trek 2 punte van taal as volg af: 0-5 foute – geen penalisering 6-10 foute – trek 1 punt af 11 of meer foute – trek 2 punte af.

  9. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Nasienmemorandum/nasien van die opsomming (Vervolg): Vir TAT, ken punte as volg toe: • Vir direkte aanhalings van volsinne , penaliseer as volg die totale punt toegeken vir feite en taal: • 1-3 volsinne aangehaal: geen punte afgetrek • 4-5 volsinne aangehaal: trek 1 punt af • 6-7 volsinne aangehaal: trek 2 punte af.

  10. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Wenke by die keuse van ‘n teks • Gebruik outentieke tekste . • Gebruik interessante tekste met bv. feite wat uit die ervaringswêreld van die kandidaat voorkom en wat sensitief vir beide dogters en seuns en kultuur en godsdiensgroepe is. • Moenie moeilike tekste wat die kandidate kan verwar, gebruik nie. • Vereenvoudig en verwerk tekste, gewoonlik geskryf vir huistaalsprekers, om eerste- en tweede addisionele taalsprekers se taal- en woordgebruik te pas. • Gebruik duidelike prente of illustrasies. Gekleurde tekste is nie altyd duidelik as dit gekopieer word nie. • Gee erkenning aan bronne waaruit tekste gekies word. • Maak geskikte tekste regdeur die jaar bymekaar. Moet nie uitstel nie.

  11. Kwaliteitonderrig, assessering en eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Doel van die opsomming • Die Opsomming toets die kandidaat se vermoë om die belangrikste inligting uit te haal asook hulle vaardigheid om goeie Afrikaans te skryf. Voorbeeld • Som die verskillende wyses op hoe jy effektief jou skooltas kan dra sonder om jou rug seer te maak. • Skryf hierdie wyse in SEWE volsinne. • Skryf hierdie sinne onder mekaar puntsgewys neer. • Laat ‘n reël tussen die sinne oop. • Jou opsomming moet nie meer as 70 woorde wees nie. • Dui die getal woorde in hakies aan die einde van jou opsomming aan.

  12. Kwaliteitonderrig, assessering, & eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Wenke aan leerders Hoe om ‘n opsomming te skryf • Lees die teks deeglik. • Jy moet so ver as moontlik jou eie woorde gebruik, nie die woorde van die oorspronklike teks nie. • Jy mag gevra word om ‘n puntvorm opsomming/paragraaf te skryf. • Kontroleer versigtig die bewoording van die vraestel om te sien of hierdie punte in fragmente geskryf moet word (woorde en frases) of in volsinne. • Jou finale opsomming moet een paragraaf / vereiste aantal sinne in puntvorm wees. • Die sinne moet vloeiend wees. • Werk aan logiese verbindings tussen sinne. • Wees versigtig vir die styl waarin jy skryf: die styl moet gepas wees vir die doel waarvoor die opsomming geskryf word.

  13. Kwaliteitonderrig, assessering & eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Wenke aan leerders Hoe om ‘n opsomming te skryf (Deurlopend) • Die opsomming in die eksamen sal van jou vereis om nie meer as die spesifieke aantal woorde te gebruik nie. • Die aantal woorde wat jy gebruik, moet tussen hakies aan die einde aangedui word – byvoorbeeld [98 woorde]. MOENIE JOK NIE! Tel elke woord, insluitende woorde soos “’n” en “die” en dui die aantal woorde akkuraat aan. • Glo dit of nie, eksaminatore tel dikwels die woorde wat jy gebruik het! • Sluit die titel by die getelde aantal woorde in behalwe as die instruksies aandui dat jy dit nie moet doen nie. • Lees jou sinne/paragraaf weer en redigeer dit – kyk vir verkeerde woordkeuses, spelling, punktuasie en hoofletters. • Dui duidelik aan watter deel jou beplanning is en die finale opsomming.

  14. Kwaliteitonderrig, assessering & eksamenriglyne: Opsomming (Vraestel 1 HT, EAT, TAT) Wenke aan onderwysers Die opstel van ‘n opsomming • Maak dwarsdeur die jaar ‘n verskeidenheid tekste bymekaar en liasseer dit. • Behou die kern van die teks wanneer dit vereenvoudig of verkort word. • Stel die taak saam om beantwoord te word en beantwoord al die vrae self. Beantwoord weer die taak na ‘n tyd en vergelyk hierdie antwoorde met die voriges en verbeter dit waarmee u nie tevrede is nie. • Vra ‘n kollega om dit te beantwoord en vergelyk dit weer met u antwoorde en indien nodig verbeter dit. (Interpretasie mag verskil). • Onthou dat die doel daarvan is om die kandidate se vermoë te toets om die belangrike detail uit te haal en hulle skryfvaardigheid te toets. • Gee erkenning aan die gebruikte teks. • Puntetoekenning: 10 punte

More Related