1 / 31

Gemeenskaplike Geloofswaarhede

Gemeenskaplike Geloofswaarhede. ‘n Samevatting van basiese waarhede uit die Bybel. INLEIDING. Jesus se gebed (Jn 17) vir eenheid en ons verdeeldheid (The Church of God ;-) )

hedva
Download Presentation

Gemeenskaplike Geloofswaarhede

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Gemeenskaplike Geloofswaarhede ‘n Samevatting van basiese waarhede uit die Bybel

  2. INLEIDING • Jesus se gebed (Jn 17) vir eenheid en ons verdeeldheid (The Church of God ;-) ) • Kerkgeskiedenis: Eerste kerk (lokaliteit); Opkoms van RKK; Hervorming; Pinkster en Charismatiese herlewings; Die Laodicea fenomeen • Kennis van die Woord noodsaaklik vir saligheid, sekerheid, standvastigheid. • Kenmerk van na - hervormingse kerk: verdeel op grond van “waarhede” – verabsolutering van geloofsbelydenisse. • Moeilike balans tussen “onderwerping aan die waarheid” en “die eenheid van die Liggaam”. Maak ruimte vir mekaar se sieninge en moenie maklik oordeel nie.(Wie het jou as jou broer se regter aangestel?) • Hoe die AOG in die vroeë 1900s die probleem aangespreek het: “Tings commonly believed amongst us” (Nie die status van ‘n afdwingbare geloofsbelydenis nie) • Oppas vir “die boom van kennis” / “Itching ears” / “Misterie godsdiens”/ konsepte buite die Bybel • Die nutteloosheid van blote objektiewe kennis

  3. 1. Die Bybel Die Bybel is deur God geinspireer. Dit is onfeilbaar as geloof- en gedragskode en is hoër as gewete en rede (maar nie teen rede nie) 2 Tim 3:14-17: Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 2 Pet 1:20-21: terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek. 1 Pet 2:2 : en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,

  4. 2. God Die Godheid bestaan ewig en gelykwaardig saam in drie persone; Nie drie Gode nie maar een; nie een Persoon nie maar drie; naamlik die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Die Here Onse God is ‘n Enige Here. Gen 1:26: En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. Mk 12:29: En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here; Deut 6:4: Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE. Matt 28:19:Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

  5. 3. Jesus Christus Jesus Christus is ontvang uit die Heilige Gees en gebore uit die Maagd Maria. So glo ons aan Sy absolute goddelikheid sowel as Sy totale menslikheid; twee nature maar een onverdeelde Persoon. Luk 1:30-35:En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie? En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word. Joh 1:1, 14: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God…En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. Hebr 2:9-16: maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het. Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—

  6. 3. Jesus Christus (V) Jesus Christus is ontvang uit die Heilige Gees en gebore uit die Maagd Maria. So glo ons aan Sy absolute goddelikheid sowel as Sy totale menslikheid; twee nature maar een onverdeelde Persoon. Hebr 1:5-12:Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer; U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande. Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ‘n kleed verslyt, en soos ‘n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie. Fil 2:5-8 :Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

  7. 4. Die Opstanding Die Here Jesus het liggaamlik opgestaan en Hy het na die hemel opgevaar waar Hy nou aan die regterhand van God sit - die posisie van mag en gesag. Ons glo aan die liggaamlike opstanding van al die dode. Dan 12:2: En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. Rom 8:34:Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. Mk 12:36:Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete. Mk 14:62:En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel. 1 Kor 15:3-4, 16-20:Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;... Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.

  8. 4. Die Opstanding (V) Die Here Jesus het liggaamlik opgestaan en Hy het na die hemel opgevaar waar Hy nou aan die regterhand van God sit - die posisie van mag en gesag. Ons glo aan die liggaamlike opstanding van al die dode. Hand 2:33:Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. Lk 22:69:Van nou af sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God. Heb 8:1:Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, Op 20:11-15:En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

  9. 5.Koningskap Jesus Christus en geen ander nie is die Hoof van die Kerk en ons Here. Ef 1:22-23: En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. Ef 4:15-16:maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. Kol 1:18, 24:En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees... Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

  10. 6.Wederkoms Die Here Jesus sal Homself vertoon in heerlikheid, majesteit, mag en in fisiese teenwoordigheid. Dit is die tweede koms van Christus en is die blye hoop van die Kerk. Mt 24:30: En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. Lk 21:27:En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid. 1 Kor 15:51-55: Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? 2 Thess 1:7-10:en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte, wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

  11. 6.Wederkoms (V) Die Here Jesus sal Homself vertoon in heerlikheid, majesteit, mag en in fisiese teenwoordigheid. Dit is die tweede koms van Christus en is die blye hoop van die Kerk. Op 22:7: Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar. Op 1:7:Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! 1 Thess 4:13-18:Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

  12. 7.Die Sondeval Elke individu het gesondig en is skuldig voor God. Die mens se natuur is korrup en hy het nie die vermoë om sy eie siel te red nie. Rom 3:10, 23:soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie…want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

  13. 8.Verlossing Die Here Jesus het, deur Sy lewe, dood, opstanding en hemelvaart, aan die hele mensdom die vergifnis van sondes en die ewige lewe beskikbaar gemaak. Hierdie seëninge word persoonlik werklikheid gemaak vir die individu, nie deur werke nie, of deur enige persoonlike verdienste in hulleself nie, maar deur geloof alleen, wat deur bekering gekenmerk word. Joh 3:16: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Rom 8:8-14:En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

  14. 8.Verlossing (V) Die Here Jesus het, deur Sy lewe, dood, opstanding en hemelvaart, aan die hele mensdom die vergifnis van sondes en die ewige lewe beskikbaar gemaak. Hierdie seëninge word persoonlik werklikheid gemaak vir die individu, nie deur werke nie, of deur enige persoonlike verdienste in hulleself nie, maar deur geloof alleen, wat deur bekering gekenmerk word. Tit 3:4-7:Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het— nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe. Tit 2:11 :Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn Ef 2:8-10:Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

  15. 9.Wedergeboorte Die werk van die Heilige Gees is noodsaaklik vir wedergeboorte, en dit maak ‘n belydende sondaar ‘n kind van God wat daardeur ingedoop word in die Liggaam van Christus. Joh 1:11-13:Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is. 2 Kor 5:17:Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. Joh 3:3-8: Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

  16. 9.Wedergeboorte (V) Die werk van die Heilige Gees is noodsaaklik vir wedergeboorte, en dit maak ‘n belydende sondaar ‘n kind van God wat daardeur ingedoop word in die Liggaam van Christus. 1 Pet 1:22-25:As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart; want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is. 1 Kor 12:13 :Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

  17. 10.Die Kerk Die ware kerk betaan uit die gemeenskap van ware gelowiges in die Here Jesus Christus, wie se sondes deur die geloof vergewe is en wie deur die Heilige Gees wedergebore is. Ons glo in die gemeenskap van alle ware gelowiges in die Here Jesus Christus en ons erken dat die ware kerk nie tot enige enkele denominasie beperk is nie. Hebr 12:23-24:by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel. 1 Joh 1:7: Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. Ef 3:3-10:dat Hy aan my deur ‘n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het; waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan, wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie waarvan ek ‘n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag. Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig, en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus, sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,

  18. 10.Die Kerk (V) Die ware kerk betaan uit die gemeenskap van ware gelowiges in die Here Jesus Christus, wie se sondes deur die geloof vergewe is en wie deur die Heilige Gees wedergebore is. Ons glo in die gemeenskap van alle ware gelowiges in die Here Jesus Christus en ons erken dat die ware kerk nie tot enige enkele denominasie beperk is nie. 1 Kor 1:9:God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here. Ef 4:3-6, 13, 15, 16: en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is... totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. 1 Kor 10:32 :Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;

  19. 11. Die Doop Ons glo in die doop van gelowiges alleen deur onderdompeling. Matt 28:19: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Matt 3:13-17:Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Hand 2:38-41:En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.

  20. 11. Die Doop (V) Ons glo in die doop van gelowiges alleen deur onderdompeling. Hand 10:47:Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? Hebr 10:22: laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. Hand 8:36-39:En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.

  21. 12. Die Nagmaal Ons glo in die Breek van die Brood soos beveel deur Onse Here Jesus Christus en soos deur die vroeë Kerk beoefen is. 1 Kor 10:16-17: die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. 1 Kor 11:23-32:Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap. Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.

  22. 13. Heiligmaking Die Skrif leer ‘n lewe van heiligheid en ons moet die opdrag gehoorsaam wat sê: Wees heilig want Ek is heilig. Gelowiges is geheilig (afgesonder) vir God se doeleindes by bekering. Om voort te gaan in heiligmaking is God se wil vir alle gelowiges en moet ernstig nagestreef word deur die wandel gehoorsaam aan God se Woord en deur geloof en onderwerping aan die Heilige Gees. Heb 12:14:Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; Matt 5:48:Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is. 1 Pet 1:16:omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. Heb 6:1:Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, Fil 3:11-14:of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. 1 Thess 5:23-24:En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.

  23. 14. Doop in die Heilige Gees Die Here Jesus Christus is die Doper in die Heilige Gees en hierdie doop, as ‘n aparte ondervinding van wedergeboorte, is belowe aan elke gelowige. Matt 3:11:Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Hand 10:44-46:En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: Hand 1:4-8:En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

  24. 14. Doop in die Heilige Gees (V) Die Here Jesus Christus is die Doper in die Heilige Gees en hierdie doop, as ‘n aparte ondervinding van wedergeboorte, is belowe aan elke gelowige. Hand 8:14-17:En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang. Hand 2:32-33:Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. Hand 15:7-9 :En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.

  25. 15. Goddelike Genesing Die gawes van genesing werk vandag nog en God genees nog steeds die siekes. Mk 16:16-18: Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Mt 8:16-17: En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra. 1 Kor 12:9: aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; Jak 5:14-15 : Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

  26. 16.Geestelike Gawes God het nooit die gawes teruggetrek nie en wanneer die Heilige Gees oor die Kerk beweeg in Krag sal die gawes manifesteer. Dit is teenstrydig met die apostoliese bevel dat “iemand verhinder word” om in tale te spreek. 1 Kor 12-14

  27. 17. Priesterskap van alle gelowiges. Elke individuele gelowige het ‘n volle en gelyke toegang tot God deur Onse Here Jesus Christus as in gelowige-priester. 1 Pet 2:9:Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, Op 5:9-10:Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. Op 1:6 : en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

  28. 18.Die Bedieninge Die verrese Christus het verskeie bedieninge aan die Kerk gegee en elkeen hiervan bestaan vir die versterking van, en is noodsaaklik vir die welsyn van die Kerk. Ef 4:11,12: En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, 1 Kor 12:28: En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

  29. 19. Wonderwerke Wonderwerke soos beskrywe in die Bybel en andersins is moontlik vandag. Joh 14:12: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. 1 Kor 12:9-10:aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.

  30. 20.Oordeel Die lewende en die dode sal ge-oordeel word terwyl dit verstaan word dat die gelowige se veroordeling reeds gedra is deur Jesus Christus in Sy versoeningswerk. Joh 5:24, 28-29: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe… Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling. Op 20:11-15 :En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

  31. 1. Die Bybel is deur God geinspireer. Dit is onfeilbaar as geloof- en gedragskode en is hoër as gewete en rede (maar nie teen rede nie) 2. Die Godheid bestaan ewig en gelykwaardig saam in drie persone; Nie drie Gode nie maar een; nie een Persoon nie maar drie; naamlik die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Die Here Onse God is ‘n Enige Here. 3. Jesus Christus is ontvang uit die Heilige Gees en gebore uit die Maagd Maria. So glo ons aan Sy absolute goddelikheid sowel as Sy totale menslikheid; twee nature maar een onverdeelde Persoon. 4. Die Here Jesus het liggaamlik opgestaan en Hy het na die hemel opgevaar waar Hy nou aan die regterhand van God sit - die posisie van mag en gesag. Ons glo aan die liggaamlike opstanding van al die dode. 5. Jesus Christus en geen ander nie is die Hoof van die Kerk en ons Here. 6. Die Here Jesus sal Homself vertoon in heerlikheid, majesteit, mag en in fisiese teenwoordigheid. Dit is die tweede koms van Christus en is die blye hoop van die Kerk. 7. Elke individu het gesondig en is skuldig voor God. Die mens se natuur is korrup en hy het nie die vermoë om sy eie siel te red nie. 8. Die Here Jesus het, deur Sy lewe, dood, opstanding en hemelvaart, aan die hele mensdom die vergifnis van sondes en die ewige lewe beskikbaar gemaak. Hierdie seëninge word persoonlik werklikheid gemaak vir die individu, nie deur werke nie, of deur enige persoonlike verdienste in hulleself nie, maar deur geloof alleen, wat deur bekering gekenmerk word. 9. Die werk van die Heilige Gees is noodsaaklik vir wedergeboorte, en dit maak ‘n belydende sondaar ‘n kind van God wat daardeur ingedoop word in die Liggaam van Christus. 10. Die ware kerk betaan uit die gemeenskap van ware gelowiges in die Here Jesus Christus, wie se sondes deur die geloof vergewe is en wie deur die Heilige Gees wedergebore is. Ons glo in die gemeenskap van alle ware gelowiges in die Here Jesus Christus en ons erken dat die ware kerk nie tot enige enkele denominasie beperk is nie. 11. Ons glo in die doop van gelowiges alleen deur onderdompeling. 12. Ons glo in die Breek van die Brood soos beveel deur Onse Here Jesus Christus en soos deur die vroeë Kerk beoefen is. 13. Die Skrif leer ‘n lewe van heiligheid en ons moet die opdrag gehoorsaam wat sê: Wees heilig want Ek is heilig. Gelowiges is geheilig (afgesonder) vir God se doeleindes by bekering. Om voort te gaan in heiligmaking is God se wil vir alle gelowiges en moet ernstig nagestreef word deur die wandel gehoorsaam aan God se Woord en deur geloof en onderwerping aan die Heilige Gees. 14. Die Here Jesus Christus is die Doper in die Heilige Gees en hierdie doop, as ‘n aparte ondervinding van wedergeboorte, is belowe aan elke gelowige. 15. Die gawes van genesing werk vandag nog en God genees nog steeds die siekes. 16. God het nooit die gawes teruggetrek nie en wanneer die Heilige Gees oor die Kerk beweeg in Krag sal die gawes manifesteer. Dit is teenstrydig met die apostoliese bevel dat “iemand verhinder word” om in tale te spreek. 17. Elke individuele gelowige het ‘n volle en gelyke toegang tot God deur Onse Here Jesus Christus as in gelowige-priester. 18. Die verrese Christus het verskeie bedieninge aan die Kerk gegee en elkeen hiervan bestaan vir die versterking van, en is noodsaaklik vir die welsyn van die Kerk. 19. Wonderwerke soos beskrywe in die Bybel en andersins is moontlik vandag. 20. Die lewende en die dode sal ge-oordeel word terwyl dit verstaan word dat die gelowige se veroordeling reeds gedra is deur Jesus Christus in Sy versoeningswerk.

More Related