1 / 64

ONTLEDING VAN GEDIGTE gr. 8-9

ONTLEDING VAN GEDIGTE gr. 8-9. ELBA STOLK GOUDVELD-HOëRSKOOL. TEMA. Woorde Op vyftien maande kon ek praat, so het my ouers vertel, lang sinne selfs. Vir woorde laat ek alles op die spel. Dit is die sentrale gedagte van ‘n gedig (waaroor die gedig gaan). OPSKRIF/TITEL.

floyd
Download Presentation

ONTLEDING VAN GEDIGTE gr. 8-9

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. ONTLEDING VAN GEDIGTE gr. 8-9 ELBA STOLK GOUDVELD-HOëRSKOOL

  2. TEMA • Woorde • Op vyftien maande kon ek praat, • so het my ouers vertel, • lang sinne selfs. Vir woorde laat • ek alles op die spel. Dit is die sentrale gedagte van ‘n gedig (waaroor die gedig gaan).

  3. OPSKRIF/TITEL As jy die opskrif (naam van die gedig) verstaan, verstaan jy die gedig.

  4. OPSKRIF/TITEL • Woorde • Op vyftien maande kon ek praat, • so het my ouers vertel, • lang sinne selfs. Vir woorde laat • ek alles op die spel. • Die titel of opskrif: • Ontsluit of verklaar die inhoud • Ondersteun die kern • Werp lig op die inhoud en is openbarend • Vat die kerngedagte saam ‘n Titel of opskrif vervul ‘n belangrike funksie. As jy die opskrif verstaan, verstaan jy die gedig (die naam van die gedig).

  5. VERSREëL Dit is ‘n enkele (een) reël van ‘n gedig.

  6. STROFE Dit is twee of meer versreëls van ‘n gedig.

  7. STROFE-INDELING TWEE versreëls word ‘n KOEPLET genoem. DRIE versreëls word ‘n TERSINE genoem. VIER versreëls word ‘n KWATRYN genoem.

  8. BEELDSPRAAK Twee sake word met mekaar vergelyk. Die woorde soos, net soos en nes word gebruik. Die bedrieër is so listig soos ‘n slang. VERGELYKING METAFOOR Twee sake wat met mekaar verband hou, word gelyk aan mekaar gestel. Die bedrieër is ‘n slang. PERSONIFIKASIE Menslike eienskappe word aan nie-lewende dinge toegeken. Die wind huil om die hoeke van die huis.

  9. STYLFIGURE Jy is die mooiste in die wêreld. EUFEMISME Jy laat die waarheid skuins lê. HIPERBOOL

  10. IRONIE Die ironiese woorde moet dus nie letterlik opgeneem word nie. Weens die spotelement word dit ook spotspraak genoem. Ironie is wanneer iemand, om groter effek te kry, spottenderwys die teenoorgestelde sê van wat hy of sy bedoel.

  11. WOORDSPELING Dit is wanneer ‘n skrywer speel met die verskillende betekenisse wat ‘n woord kan hê. Woordspeling word gebruik op ‘n grappige wyse.

  12. ANTITESE Twee uiterstes word direk teenoor mekaar gestel om deur middel van kontras te beklemtoon. bv. die soet en suur van die lewe.

  13. KLIMAKS Die leser word ter wille van effek tot die hoogtepunt van ‘n reeks woorde, voorstellings of mededelings gelei.

  14. ANTI-KLIMAKS Dit is die teenoorgestelde van klimaks. In plaas van hoër te klim, is daar ‘n daling of ontknoping. Die spanning word verlig.

  15. PARADOKSALE TEENSTELLING Dit is ‘n skynbare teenstelling, ‘n indirekte kontras. Op die oog af lyk dit teenstrydig, maar by nadere ondersoek ontdek die leser egter ‘n dieperliggende waarheid. bv. Stilbly is ook ‘n antwoord. Om die waarheid te praat moet ek lieg.

  16. PROGRESSIE • Progressie dra daartoe by dat die leser die gedig enduit wil lees. • Progressie dui op vooruitgang en ontwikkeling. • Progressie kan waargeneem word in woorde wat in ‘n sekere patroon georden is. • bv. vererg, vies, kwaad, woedend KLANKHERHALING (klanknabootsing, alliterasie, assonansie) WOORDHERHALING (woorde wat herhaal) “progress” daar vind groei of vordering plaas.

  17. VORMELEMENTE STROFEBOU ‘n Strofe het ‘n bepaalde lengte vir ‘n bepaalde doel. ENJAMBEMENT Die reël loop oor in die volgende reël sonder leestekens.

  18. FUNKSIES VAN ENJAMBEMENT Dit dien as bindmiddel tussen versreëls en tussen strofes. Dit het uitwerking op beide die tempo en ritme. Enjambement verdoesel/ versteek/ versag die eindrym. Dit bevorder vloeiendheid.

  19. RYM Volrym kom voor wanneer vokale en konsonante as ‘n groep herhaal word. HALFRYM VOLRYM EINDRYM Verskillende soorte eindrym. ALLITERASIE ASSONANSIE

  20. HALFRYM ALLITERASIE ASSONANSIE Die herhaling van dieselfde konsonante aan die begin van woorde in ‘n versreël. Hy staan skaars skouerhoogte. Die herhaling van dieselfde vokaal in ‘n versreël. Hy gaap en gaan nou slaap.

  21. Gedig sonder rym. VRYE VERS KRUISRYM abab EINDRYM GEBROKE RYM abcd Rym word te getrou nagevolg. RYMDWANG abba OMARMDE RYM PAARRYM aabb

  22. FUNKSIES VAN RYM Rym is klankversterkend. Rym is ‘n belangrike vormelement en skep ‘n patroon van ordelikheid. Deur rym word ‘n sekere atmosfeer of stemming geskep. Rym is ‘n beklemtonings-middel: belangrike woorde word in rymposisies geplaas. Rym verskaf ‘n patroon en dien as bindmiddel.

  23. ELISIE Dit is wanneer ‘n beklemtoonde lettergreep of ‘n toonlose klinker weggelaat word om die woord(e) in die ritme van die gedig te laat pas. • FUNKSIE VAN ELISIE • Laat woorde in die metrum of ritme pas • Versterk die metrum of ritme bv. need’rig in plaas van nederig toe’t in plaas van toe het

  24. ELLIPS Droef kyk my oë Deur die trane heen, soos amandelbloeisels deur die eerste reën; ek rou oor die duine, my bleek hande waai, en ‘n hond byt sy stert, soos hy draai, soos hy draai … • FUNKSIE VAN ELLIPS • ‘n Deel word verswyg sodat dit aan die leser se verbeelding oorgelaat kan word. • Dit kan ook ‘n ruspose aandui. • Dit kan die aandag vestig op ‘n belangrike deel wat volg. • Dit kan ‘n sekere atmosfeer skep. Dit is die weglatingspuntjies (stippels/beletseltekens) in ‘n gedig. Die sin word onvoltooid gelaat.

  25. SINESTESIE “Silwer stemme” Silwer is iets wat met die gesig (oë) waargeneem word; stemme word met die gehoor (ore) waargeneem. Dit is die tegniek waar verskillende sintuiglike gewaarwordinge tot een beeld verweef word.

  26. TEMPO • ‘n Stadige tempo word bewerkstellig deur … • Lang klanke • Baie leestekens • Woorde wat beklemtoon word • ‘n Vinnige tempo word bewerkstellig deur … • Kort klanke • Enjambement • Die afwesigheid van leestekens Tempo of tydmaat dui die snelheid van beweging aan wanneer ons lees of voordra. Tempo kan stadig of vinnig wees.

  27. RETORIESE VRAAG Dit is ‘n vraag waarop daar nie ‘n antwoord verwag word nie. Die doel is om die leser by die gebeure te betrek.

  28. RITME Alles wat lewe, het RITME. Daar is ritme in ons hartklop, in die klots van branders teen die rotse, in die wisseling van seisoene. Ritme word gekenmerk deur BEWEGING.

  29. HERHALING KLANKHERHALING (klanknabootsing, alliterasie, assonansie) WOORDHERHALING (woorde wat herhaal) REFREINE ( frases, versreëls of strofes wat herhaal)

  30. ONTLEDING VAN GEDIGTE gr. 10-12 ELBA STOLK GOUDVELD-HOëRSKOOL

  31. TEMA Dit is die sentrale gedagte van ‘n gedig (waaroor die gedig gaan). Die tema het ‘n boodskap of ‘n les.

  32. OPSKRIF/TITEL Dit is die naam van die gedig en dikwels die sleutel tot die inhoud van die gedig.

  33. OPSKRIF/TITEL • Woorde • Op vyftien maande kon ek praat, • so het my ouers vertel, • lang sinne selfs. Vir woorde laat • ek alles op die spel. • Die titel of opskrif: • Ontsluit of verklaar die inhoud • Ondersteun die kern • Werp lig op die inhoud en is openbarend • Vat die kerngedagte saam ‘n Titel of opskrif vervul ‘n belangrike funksie. As jy die opskrif verstaan, verstaan jy die gedig (die naam van die gedig).

  34. SUBTITEL Dit is ‘n onderafdeling of alternatief wat onder die titel verskyn.

  35. VERSREëL Dit is ‘n enkele (een) reël van ‘n gedig.

  36. STROFE Dit is twee of meer versreëls van ‘n gedig.

  37. STROFE-INDELING VYF versreëls word ‘n KWINTET genoem. SES versreëls word ‘n SEKSTET genoem. AGT versreëls word ‘n OKTAAF genoem. TWEE versreëls word ‘n KOEPLET genoem. DRIE versreëls word ‘n TERSINE genoem. VIER versreëls word ‘n KWATRYN genoem.

  38. TIPOGRAFIE Tipografie is die manier waarop die gedig GEDRUK is.

  39. TIPOGRAFIE • Wyse waarop reëls of woorde geplaas is • Tipografiese alleenplasing • Tipografiese inkeping • Tipografies wit • Strofebou • Lettertipes • Lengte van versreëls • Skuinsdruk (kursief) • Hoof- en kleinletters • Leestekens

  40. APOSTROOF HIPERBOOL ASINDETON POLISINDETON EUFEMISME OKSIMORON STYLFIGURE LITOTES IRONIE ANTI-KLIMAKS KLIMAKS WOORDSPE-LING ANTITESE PARADOKSALE TEENSTELLING REGRESSIE KLANKNABOOT-SING PROGRESSIE

  41. HIPERBOOL Ek het jou al ‘n duisend maal gesê jy moet dit nie doen nie. Dit is nie opsetlike onwaarheid nie, iets word net vergroot om dit indrukwek-kend te maak.

  42. EUFEMISME Dit is die versagting van die harde werklikheid. Jy lieg. Jy laat die waarheid skuins lê.

  43. IRONIE Die ironiese woorde moet dus nie letterlik opgeneem word nie. Weens die spotelement word dit ook spotspraak genoem. Ironie is wanneer iemand, om groter effek te kry, spottenderwys die teenoorgestelde sê van wat hy of sy bedoel.

  44. ANTITESE Twee uiterstes word direk teenoor mekaar gestel om deur middel van kontras te beklemtoon. bv. die soet en suur van die lewe.

  45. PROGRESSIE In ‘n goeie gedig is daar altyd progressie. Progressie dra daartoe by dat die leser die gedig enduit wil lees. bv. vererg, vervies, kwaad word, woede-uitbarsting

  46. REGRESSIE bv. Die fris jong man het siek geword, later was hy brandmaer tot hy uiteindelik net vel en been was. Dit is die teenoorgestelde van progressie, naamlik agteruitgang.

  47. KLIMAKS Die leser word ter wille van effek tot die hoogtepunt van ‘n reeks woorde, voorstellings of mededelings gelei.

  48. ANTI-KLIMAKS Dit is die teenoorgestelde van klimaks. In plaas van hoër te klim, is daar ‘n daling of ontknoping. Die spanning word verlig.

  49. OKSIMORON bv. siende blind, jeugdige grysaard, ope geheim, ou nuus, ‘n arme ryke. Twee teenstrydige woorde wat ‘n kontras vorm, word direk langs mekaar geplaas.

  50. APOSTROOF bv. Dood, waar is jou angel ? Dit is ‘n regstreekse aanroeping deur ‘n skrywer of spreker van ‘n persoon wat gewoonlik dood of afwesig is.

More Related