1 / 24

Teks: Rom 7:23

Teks: Rom 7:23. “gevangene van die wet”. Hoe gevange?. 1. Sonde: Gal 3:22 2. Satan: Luk 13:16 3. Eie sisteme (polities, finansie ël): Ps 9:16 4. Depressie: Ps 88:9 5. Eie woorde: Spr 6:2. Gevangene in skool Gevangene in portuurgroep/vriendekring Gevangene in my werk

diata
Download Presentation

Teks: Rom 7:23

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Teks: Rom 7:23 “gevangene van die wet”

  2. Hoe gevange? 1. Sonde: Gal 3:22 2. Satan: Luk 13:16 3. Eie sisteme (polities, finansieël): Ps 9:16 4. Depressie: Ps 88:9 5. Eie woorde: Spr 6:2

  3. Gevangene in skool • Gevangene in portuurgroep/vriendekring • Gevangene in my werk • Gevangene in my huwelik • Gevangene in die huis • Gevangene in emosionele stryd • Gevangene in myself

  4. 7 S l e u t e l s Hulp om vry te kom (Ps 71:4; Ps 97:10)

  5. 1: Vergewende liefde • ...vergewe mekaar se foute en gee aan elkeen 'n vars, nuwe begin. • Gevolg: Familielede ervaar hulle word met onvoorwaardelike liefde aanvaar. • Ontdekking: God vergewe ons, want Hy werk met genade.

  6. 2: Dienende liefde • ...maak erns met mekaar se behoeftes en probeer daaraan voldoen. • Gevolg: Familielede ervaar begrip en waardering. • Ontdekking: God dra ons belange op sy hart.

  7.  3: Volhardende liefde • ...hou uit en aan ten spyte van probleme en moeilikhede. • Gevolg: Familielede ervaar beloftes word nie net gemaak nie, maar ook gehou. • Ontdekking: God sal die goeie werk wat Hy in ons begin het, vir seker klaarmaak.

  8.  4: Beskermende liefde • ...maak van 'n familie 'n veilige hawe. • Gevolg: Familielede ervaar dat hulle veilig en geborge is. • Ontdekking:God is ons 24-uur-7-dae-52-weke-Beskermer.

  9.  5: Feesvierende liefde • ...laat elke familielid spesiaal voel. • Gevolg: Familielede ervaar hulle word vertroetel en is belangrik. • Ontdekking:God jubel en juig oor ons.

  10.  6: Vernuwende liefde • ...verfris, versterk en ondersteun die familieband. • Gevolg: Familielede ervaar daagliks 'n vars sekerheid dat hulle aan mekaar behoort. • Ontdekking: God se trou is elke môre vars en nuut.

  11. 7: Vriendskapsliefde • ...het elkeen se goeie lief, vier die verskille en leef saam met die slegte. • Gevolg: Familielede ervaar lewenslange "commitment" en vriendskap. • Ontdekking:God is ons beste Vriend.

  12. Dank vir bevryding

  13. 10 waardevolle wette Eerste gebod:Ek, die Here jou God, belowe jou dat as Ek die eerste plek in jou lewe inneem, jy geen ander gode sal wil dien nie – Ek sal die eerste en ereplek in jou lewe hê. Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

  14. Tweede gebod:As ek in jou hart is, belowe Ek dat jy geen gesnede beeld van My sal maak nie. Dit sal nie nodig wees nie, want jy sal self my beeld dra. Onthou, die Heilige Gees maak dat jy al hoe meer lyk soos Ek jou wil hê. Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

  15. Derde gebod:As jy My liefhet, sê Jesus, belowe Ek jou dat my Naam nooit as 'n vloekwoord of ligtelik of tot jou eie voordeel misbruik sal word nie, maar steeds in alle omstandighede deur jou in ere gehou sal word. Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

  16. Vierde gebod:As Ek die ereplek in jou lewe het, daardie spesiale eerste plek, belowe Ek jou dat die Sondag die hoogtepunt van die week vir jou sal wees. Dit sal vir jou 'n vreugde wees om kerk toe te gaan – nie 'n dag om na op te sien nie, maar om na uit te sien! Dit sal 'n dag wees waar jy saam met die res van my familie by My, jou hemelse Vader, se voete kan kom sit. Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

  17. Vyfde gebod: As Ek jou lewe is, belowe Ek jou dat dit vir jou 'n voorreg sal wees om jou ouers te eer en lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want agter hulle sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies en geleen het. Ouers, leef so dat julle kinders My in julle lewe raaksien, dan belowe Ek julle dat hulle My nog sal volg tot in hulle oudag. Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

  18. Sesde gebod:Ek belowe jou dat as jy met my sagte oë na mense kyk, jy nooit iemand sal wil seermaak of kwaad aandoen nie, wat nog te sê doodmaak. Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

  19. Sewende gebod:Ek belowe jou dat as jy My liefhet, dit nie vir jou moeilik sal wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. Gee My die ereplek in julle huwelik en Ek sal julle liefde vir mekaar soos 'n vlam aan die brand hou en julle geluk in my hande bewaar en vashou. Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

  20. Agste gebod: As Ek op die troon van jou lewe sit, belowe Ek dat jy nie daarop gesteld sal wees om iets van 'n ander te neem nie. Jy sal elke dag vra: Waar en aan wie kan ek iets géé? Maar néém? Nee, nooit! Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

  21. Negende gebod:As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van 'n ander kwaad te praat nie. Ek belowe jou dat Ek jou deur my Gees 'n lojale mens sal maak wat die goeie in ander mense soek en daarom nooit 'n woord sal sê as dit nie iets goeds kan wees nie. Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

  22. Tiende gebod:Ek belowe dat Ek jou deur my Gees so met dankbaarheid sal vul dat jy niks meer sal begeer nie. Jy sal tevrede wees met wat jy het en besef dat God gee soos Hy dit nodig vind. As Hy gee, gee Hy altyd genoeg sodat niks jou sal ontbreek nie. Gemeente: Ons familie sal U wil doen.

More Related