slide1 n.
Download
Skip this Video
Loading SlideShow in 5 Seconds..
HOE OM VIR HIERDIE VAK TE LEER: Prof Raath het gesê : LEER WERKBOOK LEER NOTES PowerPoint Presentation
Download Presentation
HOE OM VIR HIERDIE VAK TE LEER: Prof Raath het gesê : LEER WERKBOOK LEER NOTES

Loading in 2 Seconds...

play fullscreen
1 / 60

HOE OM VIR HIERDIE VAK TE LEER: Prof Raath het gesê : LEER WERKBOOK LEER NOTES - PowerPoint PPT Presentation


  • 199 Views
  • Uploaded on

HOE OM VIR HIERDIE VAK TE LEER: Prof Raath het gesê : LEER WERKBOOK LEER NOTES LEER HANDBOEK ( Kyk na notas om te sien watter dele ek op konsentreer . Antwoorde in die werkboek te kort - moet werk van die handboek by die vrae inkorporeer )

loader
I am the owner, or an agent authorized to act on behalf of the owner, of the copyrighted work described.
capcha
Download Presentation

HOE OM VIR HIERDIE VAK TE LEER: Prof Raath het gesê : LEER WERKBOOK LEER NOTES


An Image/Link below is provided (as is) to download presentation

Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author.While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server.


- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - E N D - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
Presentation Transcript
slide1

HOE OM VIR HIERDIE VAK TE LEER:

  • Prof Raath het gesê:
  • LEER WERKBOOK
  • LEER NOTES
  • LEER HANDBOEK (Kyknanotasomtesienwatter dele ek op konsentreer. Antwoorde in die werkboektekort- moetwerk van die handboek by die vraeinkorporeer)
  • MY NOTAS `N OPSOMMING VAN HANDBOEK. DIT IS BELANGRIK OM DIE NOTAS EN HANDBOEK TE LEER WANT DAAR SAL VRAE IN TOETSE EN EKSAMENS WEES WAT DIE WERK VAN DIE HANDBOEK INSLUIT. DAAR IS WERK WAT IN DIE HANDBOEK IS WAT RELEVANT IS VIR DIE VRAE IN DIE WERKBOEK MAAR WAT NIE IN DIE WERKBOEK IS NIE.
slide2

EENHEID 3.2 VERVOLG

REGVERDIGE ADMINISTRATIEWE OPTREDE

slide3

ARTIKEL 33

ARTIKEL 7

REGVERDIGE ADMINISTRATIEWE HANDELING. WAAR IN DIE GRONDWET DIT PAS

ARTIKEL 32

ARTIKEL 34

GRONDWET

slide4

Hoe moet `n mens die regverdige van `n administratiewe handeling bepaal?

Algemeen

Alle administrateurs moet seker maak dat hul die administratiewe funksies volgens die wet uitvoer. Met ander woorde, artikel 33 en PAJA. Dus, moet hulle seker maak dat die administratiewe handelinge:

ADMINISTRATIEWE HANDELING

3. PROSEDUREEL BILLIK

1. REGMATIGHEID

2. REDELIK

1.1 Regmatigheid teenoor Ultra Vires

1.2 Uitsluitingsklousules

33 Regverdige administratiewe optrede

(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

slide5

1.3 Regmatigheid / Wettigheid en diskresionêre magte

Geregtelike hersiening van administratiewe diskresionêre magte was ietwat oppervlakkig met gemenereg oor die onwilligheid van die howe om met die beoefening van diskresionêre magte in te meng.

Dit was ook al gesê dat die geregtelike beheer van diskresionêre magte oppervlakkig en formlisties in Suid-Afrika se verlede. Die kan geheg word aan die inkorrekte interpretasie van die besluit in Shidiack v Union Government (Minister of Interior). Die Hof het gesê dat: “If he has duly and honestly applied himself to the question which has been left to his discretion, it is impossible for the Court of Law either to make him change his mind or to substitute its conclusion for his own.”

Hierdie beslissing was verkeerdelik geinterpreteer en dit was besluit dat die formule wat gebruik moet word is of die liggaam “duly and honestly applied himself to the question”. Met ander woorde, of die liggaam behoorlik aandag geskenk het aan `n saak. Hierdie het die fokus geplaas op die goeie trou van die administratiewe liggaam. Dus, was daar al gesê dat SA `n oppervlakkige en formalistiese benadering het – basies hof kan nie die administrateur se besluit verander as hy aan die vereiste van bona fides voldoen het nie.

slide6

1.3 Regmatigheid / Wettigheid en diskresionêre magte

  • Die korrekteinterpretasie van die frase (“duly and honestly applied himself”), is in lyn met die beginsel van administratiewelegaliteit. Met anderwoorde:
  • Ditverbied die sub-delegasie van diskresionêremagte.I
  • Ditsluit in onderwerpingaan die voorgeskreweprosedure.
  • Die magomhierdiediskresieuittevoer.
  • Die korrekteinterpretasie van statutêremagte.
  • Die feitdat die orgaanniedeurirrelevante of onvanpasteoorwegings of die advies van ongemagtigdepersonebeinvloed word.
  • Die vereistedat die administratieweoutoriteitbehoorlikaandagskenkaan die saak.
  • Kortliks – daarmoetvoldoen word aan die vereistesvir administratiewelegaliteit.
  • Dus, die hofkannie die besluite van die administrateur met syeievervantnie, as die administrateurhomselfonderwerpaan die beginsel van legaliteitsoos in 1-6 aangedui. Dus, nie net gebasseer op die bona fide handelinge van die administrateurnie.
slide7

1.3 Regmatigheid / Wettigheid en diskresionêre magte

Onder die huidige grondwetlike sisteem het die howe hulself onderwerp aand die benadering dat die hof sy besluit met die van die publieke funksionaris wat diskresionêre magte het, sal vervang in slegs uitsonderlike gevalle.

Alhoewel, onbeperkte diskresionêre administratiewe mag is in konflik met die beginsel van regverdige administratiewe optrede.

Dus, alhoewel dit nie die funksie van die howe is om hulle opinie vir die van die ekspert opinie van die administrateur te vervang nie, is dit hulle funksie om beheer uit te oefen oor administratiewe diskresionêre magte deur te bepaal of die mag behoorlik uitgevoer is. Om dit te kan doen sal die hof ondersoek of die administrateur die nodige mag gehad het om op te tree, of die korrekte prosedure gevolg was, of relevante en toelaatbare faktore in ag geneem was, en of irrelevante faktore misken is. Met ander woorde, die hersienende regter moet bepaal of daar aan die statutêre voor-vereistes voldoen is. Ook, die beoefening van diskresie moet redelik wees en `n gemagtigde doel dien.

slide8

1.3 Regmatigheid / Wettigheid en diskresionêre magte

Deur hierdie benadering aan te neem, ondersoek die hof nie die meriete van `n sekere besluit (die reg of verkeerd van die besluit) nie, maar het bepaal of al die vereistes van geldige administratiewe optrede aan voldoen is.

Dus:

Administratiewe optrede

Daar is `n klag

Geregtelike hersiening oor of die handeling geldig is…nie reg of verkeer nie.

slide9

1.3 Regmatigheid / Wettigheid en diskresionêre magte

Dus, ek kan vra: “Daar word dikwels gesê dat `n administratiewe liggaam behoorlik aandag moet skenk aan `n saak. Wat beteken die stelling?”

Sleutelbeginsel van die administratiefreg word bevestig, naamlik, dat administratiewe optrede (handeling) nie binne die omvang van die gemagtigde bevoeghede uitgeoefen moet word nie, maar ook deur die Grondwet, gemeenregtelike reëls en voorskrifte geoorloof moet wees.

Dit verseker dat die administratiewe orgaan al die vereistes vir die uitvoering van `n geldige administratiewe handling nakom.

Kortom, “behoorlike aandagbesteding” is die versamelnaam vir die nakoming van die totaal van gedigheidsvereistes vir administratiewe optrede.

slide10

KAN DIE VOLGENDE VRA: “VERDUIDELIK DIE KONNEKSIE TUSSEN ULTRA VIRES, DIE BEGINSEL VAN LEGALITEIT EN DIE VEREISTES DAT `N ADMINISTRATIEWE ORGAAN “BEHOORLIKE AANDAG MOET SKENK AAN `N SAAK”.

slide11

Hoe moet `n mens die regverdige van `n administratiewe handeling bepaal?

Algemeen

Alle administrateurs moet seker maak dat hul die administratiewe funksies volgens die wet uitvoer. Met ander woorde, artikel 33 en PAJA. Dus, moet hulle seker maak dat die administratiewe handelinge:

ADMINISTRATIEWE HANDELING

3. PROSEDUREEL BILLIK

1. REGMATIGHEID

2. REDELIK

1.1 Regmatigheid teenoor Ultra Vires

1.2 Uitsluitingsklousules

1.3 Regmatigheid en diskresionêre magte

33 Regverdige administratiewe optrede

(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

slide12

1.4 REGMATIGHEID VAN HANDELINGE VAN DIE STAAT

WAT IS `N HANDELING VAN DIE STAAT?

EN

IS HULLE ONDERHEWIG AAN GEREGTELIKE HERSIENING?

slide13

1.4 REGMATIGHEID VAN HANDELINGE VAN DIE STAAT

In die verlede, was sekere administratiewe handeline nie onderdanig gewees aan geregtelike hersiening nie. Hierdie immuniteit was van toepassing op opperste handelinge van die uitvoerendegesag, bekend as “Handelinge van die staat”. Gewoonlik plaas geneem in buitelandse verhoudings. Byvoorbeeld, die stellings van die uitvoerendegesag rakende buitelandse verdrae.

Die vraag is of hierdie immuniteit steeds van toepassing is omdat hierdie magte nou in die Grondwet geinkorporeer is????????

Hugo v President of the Republic of South Africa:

-Hierdie magte en funksies van die gemenereg is in die Grondwet opgesom – Grondwet hoogste reg – Dus, Grondwet alleen bron van sulke magte en funksies.

-Hierdie magte moet beoefen en uitgevoer word streng binne die vier hoeke van die Grondwet en volgens sy vereistes.

-Die Grondwet gee net net aan hierdie hof die jurisdiksie om die uitvoering van magte te hersien nie, maar maak seker dat hierdie magte uitgevoer word binne die grense van artikels 75 en 81 en met in ag neming van die fundamentele regte van die individu.

slide14

1.4 REGMATIGHEID VAN HANDELINGE VAN DIE STAAT

Dus, die hof het beslis dat of die President optree as staatshoof of as hoof van die uitvoerende tak, hy optree as `n uitvoerende staatsorgaan en dat die uitvoering van uitvoerende magte onderdanig is aan die die hersiening van die howe in dieselfde manier as ander grondwetlike magte.

Sluit in, die geregtelike hersiening van byvoorbeeld, die Includes, judicial review of for example, kwytskelding van oortreders.

slide15

Hoe moet `n mens die regverdige van `n administratiewe handeling bepaal?

Algemeen

Alle administrateurs moet seker maak dat hul die administratiewe funksies volgens die wet uitvoer. Met ander woorde, artikel 33 en PAJA. Dus, moet hulle seker maak dat die administratiewe handelinge:

ADMINISTRATIEWE HANDELING

3. PROSEDUREEL BILLIK

1. REGMATIGHEID

2. REDELIK

1.1 Regmatigheid teenoor Ultra Vires

1.2 Uitsluitingsklousules

1.3 Regmatigheid en diskresionêre magte

1.4 Regmatigheid en handelinge van die staat

33 Regverdige administratiewe optrede

(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

slide16

Hoe moet `n mens die regverdige van `n administratiewe handeling bepaal?

ADMINISTRATIEWE HANDELING

3. PROSEDUREEL BILLIK

1. REGMATIGHEID

2. REDELIK

1.1 Regmatigheid teenoor Ultra Vires

1.2 Uitsluitingsklousules

1.3 Regmatigheid en diskresionêre magte

1.4 Regmatigheid en handelinge van die staat

33 Regverdige administratiewe optrede

(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

slide17

2. REDELIKHEID

4.1 GEMENEREG

Howe was teenstrydig oor die toepassing van onredelikheid as `n onafhanklike vereiste van administratiewe legaliteit.

Slegs as geregtelike hersiening van administrasie “groot” was – soos mala fide.

Dus, handeling kon nie slegs ongeldig verklaar word slegs op die basis van `n onredelike effek nie.

4.2 INTERIM-GRONDWET

Daar is geen verwysing na redelikheid in Artikel 24 nie. Dit het wel die regverdiging van administratiewe handelinge in artikel 24(d). `n Regverdigbare besluit is een wat rasioneel moet wees. Dus, `n besluit gebasseer op rede, in staat to objektiewe stawing. Dus, die vereiste stel die vereiste van redelikheid voor.

4.3 1996 GRONDWET

Geen verwysing na Regverdigbaarheid in Artikel 33 nie. Verwys net na redelikheid. Rede vir insluiting is dat dit nie langer nodig is om geregtelike besluite te soek wat die argument ondersteun dan redelike administratiewe handeling `n vereiste van administratiewe legaliteit is nie. Bato Star Fishing v Minister of Environmental Affairs and Tourism and Others – redelikheid sal afhang van die feite van elke saak.

slide18

Artikel 24 van die Interim-Grondwet en Artikel 33 van die 1996 Grondwet

Artikel 24

Artikel 33

  • “Every person shall have the right to
  • Lawful administrative action where any of his or her rights or interests is affected or threatened;
  • Procedurally fair administrative action where any of his or her rights or legitimate expectations is affected or threatened;
  • Be furnished with reasons in writing for administrative action which affects any of his or her rights or interests unless the reasons for such action have been made public;
  • Administrative action which is justifiable in relation to the reasons given for it where any of his or her rights is affected or threatened”
  • “Just administrative action
  • Everyone has the right to administrative action that is lawful, reasonable and procedurally fair.
  • Everyone whose rights have been adversely affected by administrative action has the right to be given written reasons”
slide19

Hoe moet `n mens die regverdige van `n administratiewe handeling bepaal?

ADMINISTRATIEWE HANDELING

3. PROSEDUREEL BILLIK

1. REGMATIGHEID

2. REDELIK

1.1 Regmatigheid teenoor Ultra Vires

1.2 Uitsluitingsklousules

1.3 Regmatigheid en diskresionêre magte

1.4 Regmatigheid en handelinge van die staat

33 Regverdige administratiewe optrede

(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

slide20

3. Prosedurele Billikheid

Reëls van natuurlike geregtigheid:

-audi alteram partem (“hoor die ander kant”)

-nemo iudex in sua causa (“niemand mag `n regter wees in sy eie saak”)

-`n geaffekteerde persoon moet die geleentheid gegee word om gehoor te word en moet volle onthulling van relevante informasie geniet.

-Die verhoor moet onpartydig en onbevooroordeeld wees.

Hierdie reëls van natuurlike geregtigheid is verdring deur die grondwetlike reg toe prosedurele billikheid.

Prosedurele billikheid is gemik daarop om geregtigheid vir die individu te verseker. Om `n behoorlike verhoor vir persone te verseker. Individu moet behoorlike ingelig word ens.

slide21

In terme van die 1996 Grondwet het elke een die reg tot administratiewe handelinge wat “regmatig, redelik en prosedureel billik” is. Wat verstaan u onder “regmatige administratiewe handeling”?

  • Nie eng siening van ultra vires = met anderwoorde, moetnie net aand die vereistes van die bemagtigende wet voldoennie.
  • Ingevolge die gemeenregtelikelegaliteitsvereistesaladministratieweoptredeegter net geldigweesindienaan die voorskrifte van die magtigende wet en aan die gemeenregtelikereëls en voorskriftevoldoen is (wat beginsels van billikheid en redelikheidinsluit). En ookregspraak.
  • “Regmatigeadministratieweoptrede” ingevolge die voorskrifte van die Grondwet het `n veelbreërtrefwydte as blotegehoorsaming van die voorskrifte van die magtigende wet: Regmatigheid word “gekwalifiseer” deur die grondweetlikevereistes van redelikheid en prosessuelebillikheid. Ditvereisnakoming van:
  • Grondwet
  • Wetgewendebepalings (bemagtigende wet en anderrelevantewette)
  • Gemeenregtelikereëls
slide22

Was dit nie onnodig om die vereistes van redelikheid en prosedurele billikheid in te sluit, aangesien hulle deel vorm van die gemeenregtelike vereiste van administratiewe legaliteit?

Gegewe die ongelykheid van die verlede, het die grondwetopstellers dit die beste geag om hierdie vereistes apart in te sluit om te verseker dat die administrateur alle individue billik, redelik en volgens regsbeginsels behandel word.

Regmatigheid – Sambreel konsep

Impliseer – Beginsels van legaliteit

Redelikheid

Billikheid

slide23

Tot hier in 3.2 die volgende literatuur

Gids = bladsy 43, tot einde tweede vraag op bladsy.

Werkboek = 6.1 = Vrae 44-51

Handboek=hoofstuk 8.

slide24

EENHEID 3.2 VERVOLG

REGVERDIGE ADMINISTRATIEWE OPTREDE

slide25

Hoe moet `n mens die regverdige van `n administratiewe handeling bepaal?

ADMINISTRATIEWE HANDELING

3. PROSEDUREEL BILLIK

1. REGMATIGHEID

2. REDELIK

1.1 Regmatigheid teenoor Ultra Vires

1.2 Uitsluitingsklousules

1.3 Regmatigheid en diskresionêre magte

1.4 Regmatigheid en handelinge van die staat

33 Regverdige administratiewe optrede

(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

slide26

Regmatigheid – Sambreel konsep

Impliseer – Beginsels van legaliteit

Redelikheid

Billikheid

slide27

Statutêre gronde van geregtelike hersiening van administratiewe handelinge- Artikel 6 (2)

slide29

ARTIKEL 6(2) VAN PAJA

`N HOF OF TRIBUNAAL HET DIE MAG TOT GEREGTELIKE HERSIENING VAN ADMINISTRATIEWE HANDELINGE

SIEN BLADSYE 283-284 IN HANDBOEK

`N HOF MAG BYVOORBEELD `N ADMINISTRATIEWE HANDELING HERSIEN AS DIE HANDELING PROSEDUREEL ONBILLIK WAS

slide30

MET ANDER WOORDE, DIT BEHELS DIE VRAAG OF EN WANNEER DIE HOF ADMINISTRATIEWE HANDELINGE MAG HERSIEN.

slide31

Judicial review of administrative action

  • Any person may institute proceedings in a court or a tribunal for the judicial review of an administrative action.
  • (2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if-
  • (a)the administrator who took it-
  • (i)was not authorised to do so by the empowering provision;
  • (ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision; or
  • (iii)was biased or reasonably suspected of bias;

Handelinge deur die administrateur

slide32

Ongehoorsaamheid aan formele vereistes van toepassing op administratiewe handelinge

(b)a mandatory and material procedure or condition prescribed by an empowering provision was not complied with;

(c)the action was procedurally unfair;

(d)the action was materially influenced by an error of law;

Prosedurele onbillike administratiewe handeling

Handeling materieël deur “regsfout” beinvloed

slide33

(e)the action was taken-

(i)for a reason not authorised by the empowering provision;

(ii)for an ulterior purpose or motive;

(iii)because irrelevant considerations were taken into account or relevant considerations were not considered;

(iv)because of the unauthorised or unwarranted dictates of another person or body;

(v)in bad faith; or

(vi)arbitrarily or capriciously;

Die manier waarop die handeling geneem is

slide34

(f) the action itself-

(i)contravenes a law or is not authorised by the empowering provision; or

(ii)is not rationally connected to-

(aa)the purpose for which it was taken;

(bb)the purpose of the empowering provision;

(cc)the information before the administrator; or

(dd)the reasons given for it by the administrator;

Gronde van hiersiening wat relevant is tot die handeling self.

slide35

(g)the action concerned consists of a failure to take a decision;

(h)the exercise of the power or the performance of the function authorised by the empowering provision, in pursuance of which the administrative action was purportedly taken, is so unreasonable that no reasonable person could have so exercised the power or performed the function; or

(i)the action is otherwise unconstitutional or unlawful.

Mislukking om `n besluit te neem

Die onredelikheid van die handeling

Andersins ongrondwetlik of onregmatig.

slide36

KRITIEK TEENOOR HIERDIE KATEGORIEë

Oorvleuel en sleg gestruktureerd

slide37

Gronde van geregtelike hersiening geskik om volgorde te fasiliteer.

Besluitneming en die outoriteit van die besluitnemer-die inisiële fase van die besluitneming

Die besluit self

Die impak van die besluit

Artikels 6(2) (d), 6(2)(f), 6(2)(h) en 6(2)(i)

Artikels 6(2) (b), 6(2)(c) en 6(2)(e)

Artikels 6(2) (a) en 6(2) (g)

slide38

Artikel 6 het dus `n duidelike doel om die gronde van geregtelike hersiening vir administratiewe handelinge neer te lê soos gedefinieer in PAJA. Die oorsaak vir geregtelike hersiening kom dus van PAJA, die die gemenereg soos in die verlede nie.

slide40

(2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if-

(a)the administrator who took it-

(i)was not authorised to do so by the empowering provision;

(ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision; or

(iii)was biased or reasonably suspected of bias;

Fokus op administrateur – geregtelike hersiening as

1.Ongemagtige handeling

2.Ongemagtige delegasie van magte

3.Partydig

slide41

1. Administrateur het `n funksie uitgevoer wat nie deur die bemagtigende bepaling gemagtig is nie.

-Deel van die inisiele fase van die besluitnemingsproses.

-Vra die vraag of die administrateur die nodige outoriteit het om die administratiewe handeling uit te voer.

-Sluit ook in gevalle waar die administrateur sy outoriteit onder die bemagtigende bepaling oorskry of misbruik.

-Handeling wat ongemagtig is, is onwettig/onregmatig en mag ter syde gestel word deur die hof met hersiening.

-Inhoud en strekking van administratiewe outoriteit (die magte en funksies van administrateurs) soos bepaaal deur:

1. Die relevante bemagtigende bepaling. Dit sluit in die Grondwet wat die raamwerk bepaal waarin alle administratiewe magte uitgevoer word.

2. Ander wetgewing, soos PAJA

3. Gepaste reëls van wetsuitleg

4. Algemene beginsels van administratiefreg

slide42

1. Administrateur het `n funksie uitgevoer wat nie deur die bemagtigende bepaling gemagtig is nie.

Wat word bedoel wanneer gepraat word van die “outeur” van `n administratiewe handeling?

-Persoon, orgaan of liggaam wat die administratiewe handeling verrig (wat verantwoordelik is vir die administratiewe optrede).

-Die outeur verkry sy / haar magte uit die magtigende wet.

-Die administratiewe handeling sal slegs geldig wees wanneer die outeur aan die voorgeskrewe statutêre vereistes voldoen het – insluitende die vereistes van die oppermagtige Grondwet – asook sekere gemeenregtelike vereistes.

-In wese beteken dit dat die outeur behoorlik aandag aan die optrede moes geskenk het.

slide43

1. Administrateur het `n funksie uitgevoer wat nie deur die bemagtigende bepaling gemagtig is nie.

  • Die Konstitusionele Hof het duidelikgesêdatgemenregsalaanhouomvormte gee aan die statutêrebeginsels vir geregtelikehersiening van administratiewehandeling. Dus, word die gemeneregposisies oor die gebrekaanadministratieweoutoriteitookbespreek.
  • Gemenereg– gebrek van outoriteitkomuit die ongehoorsaamheid in verband met:
  • Die persoonlikekwalifikasies en bevoegdhede (gemeneregrationepersonae)
  • Die plekwaar die administrateur die magmoetuitvoer / geografies (ratione loci)
  • Die objek vir die outoritêre mag. Bevoegdheid word deur die vewoording van die magtigingbepaal. (rationemateriae)
  • Die tydwaarbinne die administrateur die magmoetuitvoer(rationetemporis).
slide44

1. Administrateur het `n funksie uitgevoer wat nie deur die bemagtigende bepaling gemagtig is nie.

  • Bepaalde persoonlike kwalifikasies (ratione personae)
  • Deur die bemagtigende bepaling neergelê.
  • Kan, byvoorbeeld, stipuleer dat die voorsitter van die lisensieraad regskwalifikasies moet hê.
  • As die administrateur nie hierdie kwalifikasies het nie, is die handeling ongeldig, al voldoen die handeling self aan al die ander vereistes van administratiewe legaliteit.
  • Byvoorbeel, Liquor Act verwag dat die voorsitter van die raad `n magistraat of regter moet wees. As die voorsitter nie hierdie kwalifikasie het nie, is die handelinge van die raad ongeldig.
  • Kwalifikasies word objektief bepaal en die administrateur se subjektiewe sieninge dat hy `n spesifieke mag het is irrelevant.
  • `n Wet mag ook vereis dat `n administrateur sekere ekspert kennis besit.
slide45

1. Administrateur het `n funksie uitgevoer wat nie deur die bemagtigende bepaling gemagtig is nie.

  • Die plek waar die administrateur sy magte mag uitvoer (ratione loci)
  • Wanneer `n administrateur die mag gegee word om op te tree binne sekere geografiese area, mag dit nie die beperkinge van hierdie area oorskry nie.
  • Die geografiese area van administratiewe mag is oor die algemeen in die bemagtigende wetgewing neergelê.
  • Byvoorbeeld, `n administrateur wat nie status het in `n sekere geografiese area nie, het nie die mag om bevele in daardie area uit te reik nie. In S v Peter, byvoorbeeld, het die hof gevind dat, van die administratiewe raad nie die status van eienaar oor `n plakkerskamp het nie, het dit nie die mag om die verwydering van plakkers te beveel nie.
slide46

1. Administrateur het `n funksie uitgevoer wat nie deur die bemagtigende bepaling gemagtig is nie.

  • Die objek vir die outoritêre mag. Bevoegdheid word deur die vewoording van die magtiging bepaal. (ratione materiae)
  • Hierdie vereistes verseker dat die administrateur nie sy magte oorskry met betrekking tot die fisiese objek nie (byvoorbeeld, die uitreiking van lisensies) en die objek van die administratiefregtelike verhouding (byvoorbeel die regulering van verkeer). Hierdie word in die bemagtigende wetgewing gevind, en definieer die objek of die handeling en ook sy doel.
  • Dus, die rede of objek van verhouding.
  • -`n Plaaslike outoriteit wat die mag het om die slagting van vee te bemagtig tree ultra vires op as dit die slagting van alle diere bemagtig
  • Die hof het ook die volgende besluit:
  • -Die mag om “te regeer en te reguleer” sluit nie die mag om te verbied in nie. Terwyl, byvoorbeeld, `n munisipaliteit verkeer kan reguleer in `n stad of dorp deur “geen parkering” zones te ontwerp, mag dit nie publieke verkeer in toto reguleer.
slide47

1. Administrateur het `n funksie uitgevoer wat nie deur die bemagtigende bepaling gemagtig is nie.

-`n Administratiewe outoriteit mag nie met die besluite en jurisdiksie van die howe nie. Die beginsel stam uit die beginsel van die skeiding van magte wat behels dat die administrasie nie die gebied van die howe sal oorskry nie, en die howe sal ook nie op die doeltrefendheid van die administratiewe beleid uitspraak lewer nie.

-Administratiewe outoriteite mag nie algemene bepalings maak deur middel van resolusie nie. Dus, mag resolusie nie gebruik word om algemene verhoudings te laat ontstaan, te wysig of te eindig nie. Die enigste manier om `n algemene verhouding the laat onstaan of the wysig is deur algemene maatstawwe – met ander woorde, wetgewing.

slide48

1. Administrateur het `n funksie uitgevoer wat nie deur die bemagtigende bepaling gemagtig is nie.

  • Die tyd waarbinne die administrateur die mag moet uitvoer (ratione temporis).
  • Hierdie vereiste verwys spesifiek na die tyd waarbinne die administrateur sy funksies moet uitvoer. Waar wetgewing `n spesifieke periode neergelê het waar in lisensies toegestaan kan word, en die outoriteit staan `n lisensie toe na hierdie periode verstryk het, is die handeling ongeldig.
  • `n Algemene vereiste is dat administratiewe handeling net op die toekoms van toepassing is en nie terugwerkend nie.
slide50

(2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if-

(a)the administrator who took it-

(i)was not authorised to do so by the empowering provision;

(ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision; or

(iii)was biased or reasonably suspected of bias;

Fokus op administrateur – geregtelike hersiening as

1.Ongemagtige handeling

2.Ongemagtigde delegasie van magte

3.Partydig

slide51

1. Administrateur het `n funksie uitgevoer wat nie deur die bemagtigende bepaling gemagtig is nie.

  • Die Konstitusionele Hof het duidelikgesêdatgemenregsalaanhouomvormte gee aan die statutêrebeginsels vir geregtelikehersiening van administratiewehandeling. Dus, word die gemeneregposisies oor die gebrekaanadministratieweoutoriteitookbespreek.
  • Gemenereg– gebrek van outoriteitkomuit die ongehoorsaamheid in verband met:
  • Die persoonlikekwalifikasies en bevoegdhede (gemeneregrationepersonae)
  • Die plekwaar die administrateur die magmoetuitvoer / geografies (ratione loci)
  • Die objek vir die outoritêre mag. Bevoegdheid word deur die vewoording van die magtigingbepaal. (rationemateriae)
  • Die tydwaarbinne die administrateur die magmoetuitvoer(rationetemporis).
slide52

Sien vrae 54-60 vir toepassing van hierdie beginsels.

Byvoorbeeld:

Die nasionale en provinsiale wetgewing in Suid-Afrika oor skoolonderwys verbied lyfstraf as vorm van dissiplinêre optrede in enige skook in SA.

Die wette bepaal ook dat skoolbeleid en gedragskodes deur die beheerliggame van skole opgestel moet word.

Die Sonskynskool is `n openbare skool en soos deur wetgewing bepaal is die meerderheid van die lede van die beheerliggaam ouers. Die beheerliggaam besluit dat in die vervolg lyfsraf die aangewese vorm van dissipline sal wees en bepaal dit dus in die gedragskode. Is hierdie besluit geldig

slide53

1.Die bevoegdhede van die outeur van `n administratiewe handeling (wat hy / sy mag doen of nie mag doen nie) word deur die bewoording van die magtiging bepaal.

2.Die bewoording van die magtiging bepaal met ander woorde die doel van of rede vir die administratiewe handeling (dit is die sg gedigheidsvereistes ratione materiae – die rationale vir die bevoegdheid).

3.Die oogmerk van die handeling dui op beide die fisiese objek of konkrete saak waarop die handeling betrekking het, as die doelstelling van die administratiewe handeling – wat met die handeling bereik wil of moet word.

4.Die beheerliggaam is gemagtig om `n dissiplinêre kode aan te neem maar die beheerliggaam brei sy bevoegdhede ongeoorloofd uit as hy bepaal dat lyfstraf die aangewese vorm van disspline sal wees. Daar kan dus geargumenteer word dat die beheerliggaam (die outeur) die doel van die handeling op `n ongeoorloofde wyse uitgebrei het. Die handeling is dus ultra vires.

slide55

(2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if-

(a)the administrator who took it-

(i)was not authorised to do so by the empowering provision;

(ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision; or

(iii)was biased or reasonably suspected of bias;

Fokus op administrateur – geregtelike hersiening as

1.Ongemagtige handeling

2.Ongemagtigde delegasie van magte

3.Partydig

slide56

Versweë / geïmpliseerde hulp / bykomstige bevoegdhede.

Artikel 6(2)(a)(i) van PAJA sê dat `n administrateur moet deur `n bemagtigende bepaling bemagtig wees. Alhoewel, uitdruklike bepalings word gereeld deur geimpliseerde of bykomstige magte vergesel, en dit vergroot die trefwydte en inhoud van uitdruklike magte.

Om dan die trefwydte van hierdie administratiewe magte te bepaal, steun die howe in die algemeen op die reëls van die interpretasie van wette.

Dus, kan die administrateur se magte baie wyer wees as wat dit eerste mag voorkom.

Om die omvang van die administratiewe magte te bepaal word nie deur bindende regsreëls vasgemaak nie, maar slegs reëls van logiese afleidingsgronde om bykomstige bevoegdhede te bepaal. Dus, geimpliseerde magte is logiese afleidingsgronde wat as aanduidings gebruik word dat die uitdruklike bepalings vandie magtigende wet na onuitgesproke, inbegrepe gevalle uitgebrei moet word.

Hierdie magte mag nie deur die Grondwet, die bemagtigende wet, PAJA of gemenereg verbied word nie. Dus, moet dit in die konteks van algemene beginsel van administratiewe legaliteit gesien word.

slide57

Versweë / geïmpliseerde hulp / bykomstige bevoegdhede.

Dus, die presiese omvang en beperking van die outeur se magte word in die lig van die doel van die wetgewing bepaal.

Deur middel van die reëls van wetsuitleg word die bestaan, ombang en trefwydte van sodanige versweë bevoegdhede vasgeste.T

Een van die reëls wat deur die howe gebruik word, is die reël dat bykomstige bevoegdhede ex consequentibus inbegryp word.

Hierdie reël bepaal dat waar wetgewing `n bepaalde gevolg verbied, word dit ook geimpliseer dat enige optrede waardeur die verbode gevolg veroorsaak kan word, ook verbied word.

Die teenoorgesteld van die reël is wanneer wetgewing `n bepaalde gevolg of handeling vereis of toelaat, is dit inbegrepe dat dit ook alles vereis of toelaat wat redelikerwys nodig is om die gevolg teweeg te bring of die handeling doeltreffend te verrig.

slide58

Verbied of laat die resultaat toe

Wetgewing

Handelinge wat die verbode resultaat sal veroorsaak = is ook verbied.

Handelinge wat redelik nodig is om die resultaat te bereik = word ook toegelaat

Resultaat

slide59

Dit is dus moontlik om te verklaar dat versweë bevoegdhede verleen is omdat hulle `n noodsaaklike gevolg is van die bevoegdhede wat uitdruklik verleen is.

Byvoorbeeld, wanneer die munisipaliteit bevoeg is om vir watervoorsiening `n dam te bou, is die verwydering van aangespoelde slik `n noodsaaklike gevolg van die bevoegdheid.

Nog `n reël isex accesorio eius, de quo verba loquuntur wat beteken dat wanneer wetgewing iets verbied of toelaat, dit volg dat verbandhoudende (bykomende en ondergeskikte) aangeleenthede ook verbied of toegelaat word. `n Padvervoerraad het derhalwe `n bykomstige bevoegdheid om ondersoeke ter plaatse te hou.

Nog `n reël is natura ipsius rei (“wat uit die aard van `n saak daarby tuishoort, word daarby ingegrepe”). Dit beteken dat wat ook al tuishoort by, saamgaan met of gebruiklik is by `n sekere saak, by daardie saak ingesluit word. Byvoorbeeld, `n plaaslike owerheid wat reëls neerlê vir die gebruik van openbare geriewe.