1 / 25

ADAMIET

ADAMIET. ISRAELIET. ?. SLAAF. HEERSER. Psm 8 : 4-7 4; As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het – 5; Wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

adeola
Download Presentation

ADAMIET

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. ADAMIET ISRAELIET ? SLAAF HEERSER

  2. Psm 8 : 4-7 4; As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het – 5; Wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? 6; U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. 7; U laat hom heers oor die werke van U hande, U het alles onder sy voete gestel.

  3. Gen 1 : 26-28 26; En God het gesê: Laat ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27; En God het die mens geskape na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape, man en vrou het Hy hulle geskape.

  4. Tema : Koninkryk = Heerskappy = Outoriteit

  5. 2 Kron 8 : 7-9 7;Al die mense wat oorgebly het van die Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, wat nie uit Israel was nie – 8; van hulle kinders wat ná hulle oorgebly het in die land, wat die kinders van Israel nie uitgeroei het nie, die het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe. 9; Maar van die kinders van Israel het Salomo geen slawe gemaak vir sy diens nie, maar hulle was krygsmanne en owerstes van sy beste vegsmanne en owerstes van sy strydwaens en sy perderuiters.

  6. Neh 9 : 36,37 36; Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet – daarin is ons slawe. 37; En dit vermeerder sy opbrings vir die konings wat U oor ons gestel het om ons sondes ontwil, en hulle heers oor ons liggame en oor ons vee na hulle willekeur, en ons is in ‘n groot benoudheid.

  7. Matt 3 : 1-2 1; In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa 2; gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. 3; Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.

  8. Matt 4 : 17 17; Van toe af het Jashua begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

  9. KONINKRYK IN NT Basileia(Grieks) = Rule, reign, have dominium = Regeer, heers, heerskappy voer oor Basileus(Grieks) = Regeer vanuit ‘n basis van krag

  10. Matt 4 : 23,24 23; En Jashua het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. 24; En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië, en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiektes en verlamdes, en Hy het hulle gesond gemaak.

  11. Matt 8 : 16,17 16; En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was, en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedruiwe, en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, 17; sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe Hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.

  12. Joh 14 : 12-14 12; Voorwaar , voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. 13; En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. 14; As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

  13. Matt 6 : 9,10,13 9; Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 13; en lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

  14. Matt 6 : 31-33 31; Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32; Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33; Maar soek eers die koninkryk van Yah en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

  15. Joh 3 : 3,5 3; Jashua antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van Yah nie sien nie. 5; Jashua antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en gees nie, kan hy die koninkryk van Yah nie ingaan nie.

  16. Matt 23 : 13 13; Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveindes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense, want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

  17. Fili 3 : 14 13; Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van Yahweh in Christus Jashua. Fili 4 : 13 13; Ek is tot alles in staat deur Jashua wat my krag gee.

  18. Luk 17 : 20,21 20; En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van Yahweh sal kom, hey Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van Yah kom nie met sigbare tekens nie. 21; En hulle sal nie sê: Kyk hier! Of: Kyk daar! nie, want die koninkryk van Yah is binne-in julle.

  19. Luk 10 : 19 19; Kyk Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand, en niks sal julle ooit skade doen nie. Joh 1 : 12 12; Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van Yah te word, aan hulle wat is sy Naam glo;

  20. Matt 10 : 6-8 6; maar gaan liewer na die verlore skape van Israel, 7; En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. 8; Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

  21. 1 Joh 3 : 8 8; Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van Yah verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek,

  22. Effe 6 : 10-13 10; EINDELIK , my broeders, word kragtig in Jashua en die krag van sy sterkte. 11; Trek die volle wapenrusting van Yah aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 12; Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teeen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 13; Daarom, neem die volle wapenrusting van Yah op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

  23. 2 Kor 10 : 3-5 3; Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

  24. 2 Kron 7 : 14-16 14; En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. 15; Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek. 16; So het Ek dan nou hierdie huis verkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees.

  25. Luk 8 : 10 10; En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van Yah te ken, maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.

More Related