slide1 n.
Download
Skip this Video
Loading SlideShow in 5 Seconds..
GRONDHERVORMING IN SUID- AFRIKA. AGRI VOORUITSKOU KONFERENSIE 25 – 26 OKTOBER 2007 WNNR KONFERENSIESENTRUM PRETORIA PowerPoint Presentation
Download Presentation
GRONDHERVORMING IN SUID- AFRIKA. AGRI VOORUITSKOU KONFERENSIE 25 – 26 OKTOBER 2007 WNNR KONFERENSIESENTRUM PRETORIA

Loading in 2 Seconds...

play fullscreen
1 / 46

GRONDHERVORMING IN SUID- AFRIKA. AGRI VOORUITSKOU KONFERENSIE 25 – 26 OKTOBER 2007 WNNR KONFERENSIESENTRUM PRETORIA - PowerPoint PPT Presentation


  • 496 Views
  • Uploaded on

GRONDHERVORMING IN SUID- AFRIKA. AGRI VOORUITSKOU KONFERENSIE 25 – 26 OKTOBER 2007 WNNR KONFERENSIESENTRUM PRETORIA. Prof André Duvenhage Navorsingsdirekteur: Fokusarea 7.2 Volhoubare Sosiale Ontwikkeling. Grondhervorming in Suid-Afrika: Strategiese perspektiewe. Ter inleiding:.

loader
I am the owner, or an agent authorized to act on behalf of the owner, of the copyrighted work described.
capcha
Download Presentation

PowerPoint Slideshow about 'GRONDHERVORMING IN SUID- AFRIKA. AGRI VOORUITSKOU KONFERENSIE 25 – 26 OKTOBER 2007 WNNR KONFERENSIESENTRUM PRETORIA' - Jimmy


An Image/Link below is provided (as is) to download presentation

Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author.While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server.


- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - E N D - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
Presentation Transcript
slide1

GRONDHERVORMING IN SUID- AFRIKA. AGRI VOORUITSKOUKONFERENSIE 25 – 26 OKTOBER 2007WNNR KONFERENSIESENTRUMPRETORIA

Prof André Duvenhage

Navorsingsdirekteur: Fokusarea 7.2

Volhoubare Sosiale Ontwikkeling

grondhervorming in suid afrika strategiese perspektiewe
Grondhervorming in Suid-Afrika: Strategiese perspektiewe.

Ter inleiding:

  • Op die Afrika-vasteland is min sake so emosioneel as juis grond,

grondbesit en grondbesitstelsels.

  • Vir beide voorheen benadeeldes en kommersiële boere is die waarde van grond telkens hoër as slegs ʼn ekonomiese of finansiële waarde.
  • Landbou in SA staan tans in die brandpunt van die politiek van die dag.
  • Dié tendens (binne die raamwerk van veral transformasie) sal vorentoe net versterk.
  • Grondhervorming, restitusie, verblyfreg, minimum lone en grondbelasting is polities gedrewe en kan nie los van die groter politieke konteks beoordeel word nie.
grondhervorming in suid afrika strategiese perspektiewe1
Grondhervorming in Suid-Afrika: Strategiese perspektiewe.

In die aanbieding word daar op die volgende sake gekonsentreer:

Agtergrond: Scenario perspektiewe op pad na 2104

  • Transformasie, die landbou en grondhervorming.
  • Grondhervorming: die keuses.
  • Grondhervorming: die pad vorentoe.
agtergrond suid afrika die toekoms
Agtergrond: Suid-Afrika: Die toekoms.

Scenario-analise van die Suid-Afrikaanse politieke

omgewing.

Wat is die sleuteldeterminante van politieke

verandering binne die Suid-Afrikaanse

politieke omgewing?

sleuteldeterminante vervolg
Sleuteldeterminante: vervolg…
  • Regime dinamika en interaksie (Politieke onstabiliteit; konflik en leierskaptwiste – bedreigings vir die demokrasie).
  • Transformasie en plaaslike owerheidsdinamika. (Voldoen nie aan die verwagtinge; plaaslike regering en gepaardgaande dienslewering stort in duie.)
  • Die politieke ekonomie van Suid-Afrika. (Positief; probleem is “groei” sonder “ontwikkeling”, uiters hoë verwagtinge en ‘n groterwordende ryk-arm gaping.)
  • “Human an social capital”. (Gebrek aan nasiewording; kundigheidsverliese (“brain drain”.)
  • Die eksterne omgewing. (Polities onstabiel; globalisering en sekuriteitsprobleme – ook probleme ten opsigte van voedselsekuriteit in Suidelike Afrika).
agtergrond suid afrika op pad na 2014
AGTERGROND: SUID-AFRIKA OP PAD NA 2014.

DIE SKOENLAPPER EFFEK.

NKRUMAH SE KONINKRYK.

DIE THERMIDOR EFFEK.

TEENSTELLING

BESTE SCENARIO

SLEGSTE SCENARIO

SCENARIO 2

SCENARIO 1

SCENARIO 3

scenario s
Scenario’s:
  • Scenario 1: Nkrumah se koninkryk.

Die politiek kom eerste; sentralisering van mag en burokratisering; groter disfunksionaliteit; status quo → scenario nie volhoubaar nie.

  • Scenario 2: Die Skoenlapper (worst case).

“The flapping of a single butterfly’s wing produces a tiny change… contributing to a tornado or tsunami…” Jakobyns-radikaal/ hoog onstabiel/ populisties.

  • Scenario 3: Thermidor (best case).

“Rewolusie” beweeg na groter gematigdheid (Thermidor): beklemtoon onderhandeling; skikking; ekonomiese prioriteite en volhoubaarheid.

Toekoms: Keuse tussen scenario 2 en scenario 3.

transformasie die landbou en grondhervorming
Transformasie die Landbou en grondhervorming.

Politieke transformasie is die mees omvangryke, beplande

top down verandering in die geskiedenis van Suid-Afrika:

  • Fundamenteel.
  • Hoogs bepland (1994 – 2003 : 870 stuks wetgewing).
  • Sluit alle terreine van die samelewing in.
  • Radikaal-progressief.

Dirk du Toit: “Ons mag nie by 30% stop nie – grondverdeling en hervorming is ‘n deurlopende proses.”

transformasie en grondhervorming
Transformasie en grondhervorming.

Sentrale Filosofie.

Die sentrale filosofie van die veranderingsproses behels:

  • Die vestiging van demokratiese instellings wat op verteenwoordigendheid kan aanspraak maak;
  • Die bewerkstelliging van ‘n nie-rassige demokratiese bedeling;
  • Die inisiëring van ‘n vooruitstrewende, volhoubare en ontwikkelings- georiënteerdheid ten opsigte van die Suid-Afrikaanse- maar ook die Pan-Afrikaanse samelewing (NEPAD); en
  • Die toepassing van omvattende “chirurgie” … “to meet the mass revolutionary challenge”, met as fokus sosiale en politieke ingenieurswese.
grondbesit in suid afrika historiese konteks
Grondbesit in Suid-Afrika (Historiese konteks).
  • Die apartheid-status quo:
    • ‘n Minderheidsgroep besit die meerderheid grond.
    • ‘n Onteiende inheemse meerderheid.
    • ‘n Tweeledige stelsel van verblyfreg en grondbesit (privaat vs kommunaal).
  • 3.5 Miljoen mense is tussen 1960 en 1980 op ‘n permanente basis verskuif.
  • Teen 1994 was 80% van die landbougrond (± 82 miljoen hektaar) in die besit van ± 61 000 kommersiële boere.
landbou in suid afrika
LANDBOU IN SUID-AFRIKA.
  • Landbou se bydrae is minder as 4% van die BBP van Suid-Afrika. (Bydrae van insetverskaffers, verwerking ens. is gelyk aan 25% - 38%)
  • 2002/3:

Plase en infrastruktuur (Suid-Afrika) R85 miljard

Skuldlas R32 miljard

Waarde R53 miljard

In dieselfde tyd:

Bloemfontein (Munisipale waardasie) R25 miljard

Anglo American R120 miljard

JSE R1500 miljard

SA Brouerye R 38 miljard

Regeringsbegroting R230 miljard

Ekonomies gesproke is landbou ‘n bykans weglaatbare grootte in

terme van die volle ekonomie (BBP).

Hierdie beperkte ekonomiese ordegrootte word egter heeltemal

anders beoordeel wanneer die groter ekonomiese bydrae, strategiese waarde

en politieke simboliek in ag geneem word.

grondbesit en herverdeling
Grondbesit en herverdeling.
  • Van die 101 Miljoen ha landbougrond buite die ou tuislande is 86,2 miljoen kommersiële landbougrond waarvan die meerderheid hiervan in besit van 45 818 blanke kommersiële boere is (Statistiek SA: 2004).
  • Kommersiële boere het reeds van ± 61 000 tot ± 46 000 (24,6%) verminder.
  • Die 30% teiken (2015) vir herverdeling beloop 25.9 miljoen ha.
  • Geprojekteer vanaf 2004 moet ten minste 2,16 miljoen ha per jaar aan Swart-; Kleurling- en Indiër mense oorgedra word (Senwes, 2004).
  • Tot en met Februarie 2004 is 2,5 miljoen hektaar deur die verskeie grondhervormingsmeganismes teen ‘n koste van R 4,6 miljard aan begunstigdes oorgedra.
meganismes vir grondverdeling
Meganismes vir grondverdeling.

Restitusie.

  • ‘n Grondherstelprogram waarvolgens diegene wat grond tydens apartheid verloor het, se grond teruggegee word of in aanmerking kom vir kompensasie.
    • 1913 is die afsnypunt
    • Hanteer deur die Grondeise hof en die Grondeise kommissie ingevolge die Wet op die Herstel van Grondregte (Wet no.22 van 1994)
    • Afsnydatum (1998)
meganismes vir grondverdeling1
Meganismes vir grondverdeling.

Herverdeling van grond.

  • Voorheen benadeeldes kan grond ontvang vir residensiële en produktiewe doeleindes
  • Prosesse
    • Settlement Land Acquisition Grants (SLAG)

{R16000 - 2002 opgeskort}

    • Land Redistribution for Agricultural Development (LRAD) (Toelaag verhoog – proses bespoedig).
meganismes vir grondherverdeling
Meganismes vir grondherverdeling.

Verblyfreg.

  • Die doel is om sekerheid van verblyfreg te verbeter.
  • Dit word gereguleer deur:
  • Die Wet op Grondhervorming (huurarbeiders – Wet no. 3 van 1996)
  • Die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg. (Wet no. 62 van 1997)
  • Die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings en Onregmatige Besetting van Grond. (Wet no. 18 van 1998)
teikens en die bereiking hiervan
Teikens en die bereiking hiervan.

Restitusie.

  • 79 696 eise is ontvang.
  • 2006 jaarverslag beklemtoon dat 71 465 eise (96%) reeds afgehandel is. (Van die 6 986 uitstaande eise is 86% in landelike gebiede.)
  • Afhandelingsdatum is 2007/8.
teikens en die bereiking hiervan1
Teikens en die bereiking hiervan.

Grondhervorming.

  • Onduidelikheid bestaan oor die 30%-teiken, byvoorbeeld:
    • Sluit dit alle landbougrond (staatsgrond en voormalige tuislande) in?
    • Is dit 30% van die grond van kommersiële boere?
    • Is die teikens streeksspesifiek? (Indien wel is dit nog moeiliker bereikbaar!)
  • Die grondhervormingsproses vorder baie stadig in die periode 1994-2004
    • Senwes: 2.9% (2.5 miljoen hektaar)

Koste R4.6 miljard

    • Centre for Development Enterprise 4.3% (3.5 miljoen hektaar)

(Dit sluit die oordrag van staatsgrond in!)

    • Ruth Hall (Navorser) 4%
teikens en die bereiking hiervan2
Teikens en die bereiking hiervan.

Grondhervorming (Vervolg)

  • 20.6 miljoen ha moet nog oorgedra word teen 0,38 miljoen ha per jaar om die teiken van 30% te haal.
  • Teen die huidige tempo sal dit eers teen 2058 bereik word.

Verblyfreg

  • 171 554 hektaar grond is teen Desember 2004 vir swart Suid-Afrikaners verseker.
transformasie en grondhervorming probleme uitdagings
Transformasie en grondhervorming (Probleme; uitdagings.)
  • Disfunksionele openbare sektor (Landbou; Grondsake – eenheid en samehang).
  • Begrotings- en kundigheidsgapings (Swak dienslewering).
  • Burokratiese en administratiewe inflasie (te veel wette wat uitgevoer moet word).
transformasie en grondhervorming1
Transformasie en grondhervorming.

Bepalende faktore vir die sukses van transformasie:

  • Stabiliteit/ onstabiliteit binne politieke omgewing (Scenarios beklemtoon egter groter politieke onstabiliteit!)
  • Administratiewe en ander bestuurskapasiteite (`n Revokratiese bestuurskultuur word benodig maar kundigheid/vaardigheidsprobleme staan op die voorgrond).
  • Bestendige en stabiele groei (Ontwikkeling?).
  • Strategiese beplanning, konflik en veranderingsbestuur (kapasiteite en vaardighede word benodig).
  • “Ethical conduct” (Probleme ten opsigte van korrupsie; nepotisme ens.)
uitkomstes van grondhervorming
Uitkomstes van grondhervorming.

Restitusie

  • Hierdie meganisme is relatief suksesvol in veral stedelike omgewings en minder suksesvol in landelike omgewings.

Grondhervorming

  • Hierdie proses verloop glad nie volgens die beplanning en vooropgestelde teikens nie. Probleemareas sluit in:
    • Begrotingsbeperkinge

2004 = R308 miljoen begroot

Benodig = R 3,766 miljard

Die grootste begrotingstekorte is in die Vrystaat en Noord-

Kaap

uitkomstes van grondhervorming1
Uitkomstes van grondhervorming.
  • Die governance van grondhervorming is problematies (Institusionele vermoë om die proses te bestuur ontbreek; “kraaines van administratiewe rondslomp”; ± 1000 vakante poste in die Departement van Grondsake).
  • Vrywillige koper-verkoper is onder druk:
    • `n “onderhandelende benadering” is tydrowend en duur.
    • Vordering oor 11 jaar is nie na wense.
    • Pryse van grond is “te hoog”.
    • Gebrekkige sukses van grondhervorming in peri-stedelike gebiede.

Tans word die proses van vrywillige koper- verkoper deur die regering

hersien as uitvloeisel van onder meer die 2005 Grondberaad. (Daad-

werklike poging om grondhervorming te versnel!)

uitkomstes van grondhervorming2
Uitkomstes van grondhervorming.
  • Grondhervorming dra by tot gebrekkige voedselsekuriteit (Volgende jaar sal R20 miljard spandeer moet word aan voedsel-invoere as gevolg van huidige tekorte (Willemse:2007).

(Suidelike Afrika: 49 miljoen ervaar voedseltekorte en 9,9 miljoen word deur WFP ondersteun.)

Uitkomstes

  • ‘n Ses maande limiet op onderhandelings (eienaars word verplig om regeringsaanbod na 6 maande te aanvaar).
    • Wysigings aan die Onteieningswet (Word uitgebrei om ook grondhervorming en ‘n proaktiewe benadering in te sluit. Vereistes: dit moet in openbare belang wees en “billike en regverdige vergoeding” sal gegee word).

Verblyfreg

  • Twee negatiewe Uitkomstes:
    • Afsettings van plase
    • Die toenemende gebruik van kontrakarbeid.
slide25

Politieke Standpunte (scenario’s?) ten opsigte van grondhervorming in Suid-Arika

Neo-liberaal en volhoubaar

Zimbabwe Ruïnes

“Avoiding the Bastille”

Boereplaas

Worst case

Worst case

Best case

Skoenlapper

Nkrumah

Thermidor

Reaksionêr

(terugkeer)

Vryemark- Ontwikkelings-gerig

Gematigd-radikaal

Radikaal

scenario 1 zimbabwe ru nes
Scenario 1: Zimbabwe Ruïnes.

Uitgangspunt.

Transformasie op die gebied van grondhervorming het

misluk, die armstes van armes is nog slegter daaraan toe,

en die gebruik van eie reg (a la Zimbabwe) word die

logiese strategie/oplossing.

(80% van produktiewe grond is in die hande van ± 55 000

(46 000?) kommersiële boere. (Blade Nzimande, SAKP

Red October Campaign.)

scenario 1 zimbabwe ru nes1
Scenario 1: Zimbabwe Ruïnes.

Veronderstellings.

  • Die grond moet teruggegee word aan die histories benadeeldes (die armstes van die armes).
  • Die staatlike (wetlike onderhandelde) ooreenkoms werk nie en progressiewe demokratiese groepe moet die Nasionale Demokratiese Rewolusie self ten uitvoer bring.
  • Herstel eers die grondregte dan kan daar na sake soos produksie en voedselsekuriteit omgesien word. (First the political kingdom!)
  • Onwettige optredes en grondbesettings is vanselfsprekend om die politieke regstellingsproses te fasiliteer.
  • Die regering (regime) behoort die SAKP (se Rooi Oktober Kampanje), en die inisiatiewe van Jeugligas (ANC en Kommuniste) en the Landless People’s Movement pro-aktief te ondersteun.
scenario 1 zimbabwe ru nes2
Scenario 1: Zimbabwe Ruïnes.

Uitkomstes.

  • Die Zimbabwe Scenario is hier van toepassing, hoewel Zimbabwe baie meer van landbou afhanklik is as Suid-Afrika.
  • Hoë vlakke van politieke onstabiliteit en onsekerheid wat landbou produksie ernstig gaan inhibeer.
  • Groter ekonomiese agteruitgang en politieke onstabiliteit in die landelike omgewing.
  • Strategies gesproke kan dit die hele ekonomie geweldig baie skaad.

Hierdie scenario sal funksioneer binne die groter scenario wat vroeër

as die “Skoenlapper “ aangedui is.

scenario 2 avoiding the bastille
Scenario 2: “Avoiding the Bastille”.

Uitgangspunt

  • Die grondhervormingsproses (restitusie uitgesluit) is nie baie suksesvol nie (statistieke is nie na wense nie; verwagtinge sit om in geweld, ens.) en daarom moet die staat radikale maatreëls in plek sit om die grondhervorming te versnel en ‘n Zimbabwe-scenario te verhoed.
scenario 2 avoiding the bastille1
Scenario 2: “Avoiding the Bastille”.

Veronderstellings

  • South Africa must learn from the “storming of the Bastille” in France in 1789, the peasant revolution in Ethiopia in 1974 and the Zimbabwean experiences for the period between the year 2000-2005 .

(Framework for the review of the Willing Buyer→ Willing Seller principle

- 3rd draft discussion document – September 2006.)

scenario 2 avoiding the bastille2
Scenario 2: “Avoiding the Bastille”.

Spesiale maatreëls moet in plek gestel word om grondhervorming te

versnel byvoorbeeld:

  • Die hersiening van die gewillige koper/ verkoper beginsel.
  • Aanpassings van die Onteieningswetgewing in terme van die Grondwet.
  • Grondbelasting om geld vir grondhervorming en effektiewe grondbenutting te verseker.
  • Die afskaffing van beperkings op die onderverdeling van grond.
  • Die bevordering van kleinboerderypraktyke.
  • Die beheer en beperking van buitelandse grondeienaarskap.
  • Beperkinge op die hoeveelheid grond wat `n individu mag besit (grond plafonne).
scenario 2 avoiding the bastille3
Scenario 2: “Avoiding the Bastille”.

Hoewel voedselsekuriteit en volhoubaarheid belangrik is, is

dit ondergeskik aan politieke regstelling. (First the political

kingdom - Kwame Nkrumah)

Kapasiteitskepping binne die staat (regime) om doelwitte te

bereik.

  • Grondhervorming en die gepaardgaande mitologisering en simboliek is kern belangrik om steunverliese te “teenwig”.
scenario 2 avoiding the bastille4
Scenario 2: “Avoiding the Bastille

Die versnelde herverdeling van grond, mitologisering en simboliek sal

die beeld van die regering (regime) verbeter - veral op die korttermyn.

Voedselsekuriteit en volhoubaarheid verswak as gevolg van minder

investering in die landbou-ekonomie, verliese aan kundigheid en

persepsies a la Zimbabwe.

‘n Politieke omgewing wat inkrementeel meer onstabiel raak, met

eienskappe van Nkrumah se koningryk. (Nie volhoubaar nie!)

Regimevorming en burokratisering om te voldoen aan die eise van

versnelde grondhervorming.

scenario 3 neo liberaal en volhoubaar
Scenario 3: Neo-liberaal en volhoubaar.

Uitgangspunt

Grondhervorming is ‘n gegewe en moet sodanig bestuur

word dat politieke geloofwaardigheid met ekonomiese

volhoubaarheid gebalanseer word. Grondhervorming

sonder ekonomiese volhoubaarheid is ‘n resep vir

mislukking en moet in samewerking met die owerhede

doelmatig hanteer en bestuur word.

[Agri-SA: Kommersiële Boere.]

scenario 3 neo liberaal en volhoubaar1
Scenario 3: Neo-liberaal en volhoubaar.

Veronderstellings

  • Die beginsel van vrywillige koper/ verkoper moet sover as moontlik

gehandhaaf word.

  • Owerheidskapasiteit (governance) is ‘n sleutelrede waarom

grondhervorming so stadig plaasvind en kapasiteite moet geskep word om die proses bestuursmatig te verbeter.

  • Veiligheid en sekuriteit in landelike gebiede is nie onderhandelbaar nie. (Beter veiligheidsbestuur is noodsaaklik en is die staat se primêre verantwoordelikheid.)
scenario 3 neo liberaal en volhoubaar2
Scenario 3: Neo-liberaal en volhoubaar.

Veronderstellings

  • Grondhervorming moet bydra tot volhoubare sosiale ontwikkeling (‘n Balans tussen politieke, ekonomiese, sosiale en omgewingsfaktore is van kritieke belang!)
  • Samewerking tussen die georganiseerde landbou en die staat om grondhervorming te laat werk en selfs te bespoedig is belangrik. (Onderhandelinge en gepreksvoering is belangrik maar ook mentorskappe en ondersteuning).
  • ‘n Zimbabwe scenario moet ten alle koste verhoed word.
scenario 3 neo liberaal en volhoubaar3
Scenario 3: Neo-liberaal en volhoubaar.

Uitkomstes

  • Ekonomiese volhoubaarheid en die versekering van voedselsekuriteit.
  • Transformasie teikens (veral ten opsigte van grondhervorming) gaan moeilik binne dié raamwerk bereik word.
  • Die beeld van die “regime” gaan skade lei as gevolg van die verkeerde simboliek.
  • Ontevrede populiste gaan moeilik tevrede gestel word (langtermyn suksesse eerder as korttermyn deurbrake is prioriteit!
  • Internasionale ondersteuning en ekonomiese investering.
  • Ondersteun deur groepe regs van die ANC en baie kommersiële boere.
scenario 4 boereplaas
Scenario 4: Boereplaas.
  • Die regering van die dag is besig met ‘n georkestreerde poging om blanke grondeienaars te onteien en van hul grond te verdryf. Regeringsbeleid bedreig nie net voedselsekuriteit nie, maar bevorder ook ‘n onveilige omgewing wat reeds die lewens van duisende geneem het en nog meer in gevaar stel.

(Junie 2005 en Julie 2006 het plaasaanvalle toegeneem:

NW 68 – 132 (94%)

VS 30 – 49 (63,3%)

Gauteng 215 – 338 (57,2%)

(Statistiek TLU-SA)

scenario 4 boereplaas1
Scenario 4: Boereplaas.

Veronderstellings

  • Die regering van die dag is besig met die stelselmatige vernietiging van kommersiële boere op die Afrika patroon.
  • Onveilige boerdery omstandighede, plaasbesettings en transformasie is pogings om Blanke boere van hul grond te verdryf. [Misdaad op plase tydens 2002 beloop: R1,2 miljard – 484 miljoen – veediefstal; R444 miljoen = diefstal van produkte; R205 miljoen diefstal van toerusting en gereedskap. (TLU – SA Statistieke.)]
  • Grondhervorming in Suid-Afrika is gebrekkig, nie-volhoubaar nie en met grondonteiening is ‘n Zimbabwe scenario ons voorland.
  • Swart bemagtiging het in volhoubare ekonomiese terme misluk.
  • Die saak van die kommersiële boer moet op internasionale forums verder gevoer word.
  • Vigilante optredes word geregverdig in ‘n omgewing waar wet en orde in duie gestort het, soos byvoorbeeld op grense van Lesotho en Zimbabwe.
scenario 4 boereplaas2
Scenario 4: Boereplaas.

Uitkomstes

  • Baie beperkte politieke ondersteuning vir die beskouing.
  • Dit akkommodeer nie die grondeise van die onteiende meerderheid nie.
  • Selfs by kommersiële boere en in die groter korporatiewe sektor bestaan daar uiters beperkte steun vir die beskouing.
  • Transformasieteikens is nie bereikbaar nie en vervreemding van die regering is ‘n noodwendigheid.
die pad vorentoe
Die pad vorentoe.
  • Transformasie en sy toepassing op die gebied van grondhervorming is uiters kompleks en kan nie net top-down hanteer word nie.
  • Landbou (in die algemeen) se vermoë om aan die sosiale en ekonomiese verwagtinge van die meerderheid te voldoen is baie beperk. (Regering moet waak teen onredelike verwagtinge.)
  • Grondhervorming is ‘n baie emosionele kwessie en politieke retoriek, simboliek en mitologisering moet met groot omsigtigheid hanteer word.
  • ‘n Pragmatiese eerder as ‘n ideologiese benadering moet vooropgestel word.
  • Suksesvolle grondhervorming is gelyk aan die suksesvolle bestuur van die dialektiek van:

Politieke Stabiliteit (Politieke mobilisasie en verwagtinge) vs

Ekonomiese volhoubaarheid (Ekonomiese stabiliteit; produksie vermoë ens.)

die pad vorentoe1
Die pad vorentoe.

Vereistes:

Staat:

  • Ontwikkelingsrol.
  • Kapasiteitskepping.
  • Deursigtigheid en verantwoordelikheid.
  • Veiligheid en sekuriteit.
  • Bevordering van `n demokratiese etos en praktyke wat met goeie regering verband hou.

Kommersiële boere

  • Samewerking met ander rolspelers.
  • Investering en groei.
  • Strategiese vennoot met regering/ owerhede.
  • Brugbou (sosiale) kapitaal.
  • Opleiding en Mentorskappe.
slide43

Thermidor (ideaal)

Skoenlapper (verhoed ten alle koste)

Oplossing?

Bastille – Neo-Liberaal

Zimbabwe - Bastille

?

?

?

Neo- liberaal

Boereplaas

Zimbabwe ruïnes

Bastille

?

?

?

STATUS QUO

die pad vorentoe2
Die pad vorentoe.

Slegs op bogenoemde grondslag kan die Skoenlapper scenario verhoed word en die Thermidor toestand betree word.

slide45

“Today, wisdom is to be found in democratic South Africa’s avoidance of the economic traps of our apartheid past and its emphasis upon sustainability…

Economic realism is what got us where we are today,

and economic realism is what will take us to a

South Africa of limited unemployment en severely

diminished poverty.”

Bheki Khumalo, 2007.