1 / 59

Microsoft ® Office Excel ® 2007-opleiding

Microsoft ® Office Excel ® 2007-opleiding. Skep jou eerste werkboek. Kursusinhoud. Oorsig: Waar om te begin? Les 1: Maak kennis met die werkboek Les 2: Voer data in Les 3: Redigeer data en hersien werkblaaie. Elke les sluit ’n lys van voorgestelde take en ’n stel toetsvrae in.

xandy
Download Presentation

Microsoft ® Office Excel ® 2007-opleiding

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Microsoft® Office Excel® 2007-opleiding Skepjoueerstewerkboek

  2. Kursusinhoud • Oorsig: Waar om te begin? • Les 1: Maak kennis met die werkboek • Les 2: Voer data in • Les 3: Redigeer data en hersien werkblaaie Elke les sluit ’n lys van voorgestelde take en ’n stel toetsvrae in.

  3. Oorsig: Waar om te begin? Jy is gevra om data in Excel 2007 in te voer, maar jy het nog nooit met Excel gewerk nie. Waar begin jy? Of dalk het jy met Excel gewerk, maar wonder nog hoe om sommige van die basiese dinge, soos die invoer en redigering van teks en getalle, of die byvoeg of skrap van kolomme en rye te doen. Hier leer jy die vaardighede wat jy nodig het om in Excel te werk, vinnig en met min ophef.

  4. Kursusdoelwitte • Skep ’n nuwe werkboek. • Voer teks en getalle in. • Redigeer teks en getalle. • Voeg in en skrap kolomme en rye.

  5. Les 1 Maak kennis met die werkboek

  6. Maak kennis met die werkboek Wanneer jy met Excel begin, word jy in die gesig gestaar met ’n groot leë rooster bestaande uit kolomme, rye en selle. Indien jy onbekend is met Excel wonder jy dalk wat jy volgende moet doen. Daarom sal hierdie kursus begin deur jou te help om gemaklik te raak met sommige basiese beginsels van Excel wat jou sal lei wanneer jy data in Excel invoer.

  7. Die Strook Die band aan die bokant van die Excel 2007-venster word die Strook genoem. Tuis Voeg in Skrap Sorteer & Filtreer Formateer Selle Besigomteredigeer Die Strook bestaan uit verskillende oortjies, waarvan elk verwant is aan spesifieke soorte werk wat ’n mens in Excel doen. Jy klik die oortjies aan die bokant van die Strook om die verskillende opdragte op elke oortjie te sien.

  8. Die Strook Die Tuis-oortjie, eerste aan die linkerkant, bevat die alledaagse opdragte wat ’n mens die meeste gebruik. Tuis Voeg in Skrap Sorteer & Filtreer Formateer Selle Besig om te redigeer Die prentillustreerTuis-oortjie-opdragte op die Strook. Die Strook strek oor die bokant van die Excel-venster. Opdragte op die Strook is georganiseer in klein verwante groepe. Byvoorbeeld, opdragte om met die inhoud van selle te werk, is saam gegroepeer in die Redigering-groep en opdragte om met selle self te werk, is in die Selle-groep.

  9. Werkboeke en werkblaaie Wanneer jy met Excel begin, maak jy ’n lêer oop wat ’n werkboek genoem word. Elke nuwe werkboek het drie werkblaaie waarin jy data invoer. Boek1 – Microsoft Excel Hoe ditgedoen word. Blad2 Blad1 Blad3 Wat hier getoon word, is ’n blanko werkblad in ’n nuwe werkboek. Die eerste werkboek wat jy sal oopmaak, word Boek1 genoem. Hierdie titel kom voor in die balk aan die bokant van die venster totdat jy die werkboek onder jou eie titel stoor.

  10. Werkboeke en werkblaaie Wanneer jy met Excel begin, maak jy ’n lêer oop wat ’n werkboek genoem word. Elke nuwe werkboek het drie werkblaaie waarin jy data invoer. Boek1 – Microsoft Excel Hoe ditgedoen word. Blad2 Blad1 Blad3 Wat hier getoon word, is ’n blanko werkblad in ’n nuwe werkboek. Blad-oortjies kom voor aan die onderkant van die venster. Dit is ’n goeie idee om die blad-oortjies te herbenoem ten einde die inligting op elke blad makliker te identifiseer.

  11. Werkboeke en werkblaaie Jy wonder dallk ook hoe om ’n nuwe werkboek te skep. Boek1 – Microsoft Excel Hoe dit gedoen word. Blad2 Blad1 Blad3 Klik die Microsoft Office Knoppie in die boonste linkerkantse gedeelte van die venster. Klik Nuwe. In die Nuwe Werkboek-venster, klik Blanko Werkboek.

  12. Kolomme, rye en selle Werkblaaie word verdeel in kolomme, rye en selle. Dit is die rooster wat jy sien wanneer jy ’n werkboek oopmaak. Kolomme loop van bo na onder op die werkblad, vertikaal. Elke kolom het ’n alfabetiese opskrif aan die bokant. Rye loop dwars oor die werkblad, horisontaal. Elke ry het ook ’n opskrif. Ry-opskrifte is getalle vanaf 1 tot 1,048,576.

  13. Kolomme, rye en selle Werkblaaie word verdeel in kolomme, rye en selle. Dit is die rooster wat jy sien as jy ’n werkboek oopmaak. Die alfabetiese opskrifte van die kolomme en die numeriese opskrifte van die rye dui aan waar jy in ’n werkblad is as jy ’n sel klik. Die opskrifte kombineer om die sel-adres te vorm. Byvoorbeeld, die sel by die interseksie/kruising van kolom A en ry 3 word sel A3 genoem. Dit word ook genoem die selverwysing.

  14. Selle is waar die data gehou word Selle is waar jy eintlik regtig begin en data in ’n werkblad invoer. Die prent aan die linkerkant toon wat jy sien wanneer jy ’n werkboek oopmaak. Die eerste sel in die boonste linkerkantse hoek van die werkblad is die aktiewe sel. Dit word omlyn in swart wat aandui dat enige data wat jy invoer daarheen gaan.

  15. Selle is waar die data gehou word Jy kan data invoer waar jy wil deur enige sel in die werkboek te klik om die sel te kies. Enige sel wat jy kies, word die aktiewe sel. Soos voorheen beskryf, word dit in swart omlyn. Die opskrifte van die kolom en ry waarin die sel geleë is, word ook verlig.

  16. Selle is waar die data gehou word Jy kan data invoer waar jy wil deur enige sel in die werkboek te klik om die sel te kies. Byvoorbeeld, as jy ’n sel in kolom C in ry 5 kies soos aangetoon in die prent aan die regterkant: Kolom C is verlig. Ry 5 is verlig.

  17. Selle is die plek waar data staan Jy kan data invoer waar jy wil deur enige sel in die werkboek te klik om die sel te kies. Byvoorbeeld, as jy ’n sel in kolom C in ry 5 kies soos aangetoon in die prent aan die regterkant: Die aktiewe sel, C5 in hierdie geval, is omlyn. En die naam daarvan—ook bekend as die sel-verwysing—word in die Naamblok in die boonste linkerkantse hoek van die werkblad getoon.

  18. Selle is waar die data gehou word Die omlynde sel, verligte kolom en sel-opskrifte, en die voorkoms van die selverwysing in die Naamblokmaak dit maklik vir jou om te sien dat C5 die aktiewe sel is. Hierdie aanduiders is nie so belangrik wanneer jy reg bo-aan die werkblad in die heel eerste paar selle werk nie. Maar as jy verder en verder af of dwarsoor die werkblad werk, kan dit jou regtig uithelp.

  19. Oefenvoorstelle • Herbenoem ’n werkblad-oortjie • Beweeg vanaf een werkblad na ’n ander. • Voeg kleur by werkblad-oortjies. • Voeg by en skrap werkblaaie. • Hersien kolom-opskrifte en gebruik die Naamblok.

  20. Toets 1, vraag 1 Jy benodig ’n nuwe werkboek. Hoe skep jy een? (Kies een antwoord.) In die Selle-groep, klik Voeg in en klik dan Voeg Blad in. Klik die Microsoft Office-knoppie en klik dan Nuwe. In die Nuwe Werkboek-venster, klik Blanko werkboek. In die Selle-groep, klik Voeg in en klik dan Werkboek.

  21. Toets 1, vraag 1: Antwoord Klik die Microsoft Office-knoppie en klik dan Nuwe. In die Nuwe Werkboek-venster, klik Blanko werkboek.

  22. Toets 1, vraag 2 Die Naamblok toon die inhoud van die aktiewe sel. (Kies een antwoord.) Waar. Vals.

  23. Toets 1, vraag 2: Antwoord Vals. Die Naamblok verskaf aan jou die selverwysing van die aktiewe sel. Jy kan ook die Naamblok gebruik om ’n sel te kies deur die selverwysing in die blok te tik.

  24. Toets 1, vraag 3 In ’n nuwe werkblad moet jy begin deur in sel A1 te tik. (Kies een antwoord.) Waar. Vals.

  25. Toets 1, vraag 3: Antwoord Vals. Jy is vry om te swerf en op enige plek waar jy wil, te tik. Klik in enige sel en begin tik. Maar moenie lesers laat rol om data te sien wat net sowel in sel A1 of A2 kon begin het nie.

  26. Les 2 Voer data in

  27. Voer data in Jy kan Excel gebruik om alle soorte data, professioneel of persoonlik, in te voer. Jy kan twee basiese soorte data in werkbladselle invoer: syfers en teks. Studentepunte Verkopeverslag Vakansie-uitgawes Jy kan Excel dus gebruik om begrotings te skep, met belasting te werk, studentepunte of bywoningsyfers vas te lê of produkte wat jy verkoop, te lys. Jy kan selfs daaglike oefeninge aanteken, jou verlies aan gewig volg, of navolg wat die koste van verbeterings aan jou huis beloop. Die moontlikhede is werklik oneindig. Laat ons nou na data-invoer kyk.

  28. Neem jou lesers in ag: begin met kolomtitels Wanneer jy data invoer, is dit ’n goeie idee om te begin met die invoer van titels aan die bokant van elke kolom. Op hierdie manier kan enigeen wat jou werkblad deel, verstaan wat die data beteken (en jy sal dit self ook lateraan verstaan). Jy wil dikwels ook ry-titels invoer.

  29. Neem jou lesers in ag: begin met kolomtitels Die werkblad in die prent toon werklike en verwagte tendense oor verskeie jare heen. Daar word kolom- en ry-titels gebruik: Die kolomtitels dwarsoor die bokant van die werkblad, dui jare aan. Die ry-titels af aan die linkerkant is maatskappyname.

  30. Begin tik Veronderstel jy skep ’n naamlys van verkoopspersoneel. Die lys sal ook die datums van verkope, tesame met hulle bedrae bevat. Jy benodig dus hierdie kolomtitels: Naam, Datum en Bedrag.

  31. Begin tik Veronderstel jy skep ’n naamlys van verkoopspersoneel. Die lys sal ook die datums van verkope, tesame met hulle bedrae bevat. Naam Datum Bedrag Die prent illustreer die proses om die inligting te tik en van sel tot sel te beweeg: Tik Naam in sel A1 en druk TAB. Tik dan Datum in sel B1, druk TAB en tik Bedrag in sel C1.

  32. Begin tik Veronderstel jy skep ’n naamlys van verkoopspersoneel. Die lys sal ook die datum van verkope, tesame met hulle bedrae bevat. Naam Datum Bedrag Buchanan Suyama Peacock Die prent illustreer die proses om die inligting te tik en van sel tot sel te beweeg: Nadat die kolomtitels getik is, klik in sel A2 om die verkoopspersoneel se name te begin tik. Tik die eerste naam en druk dan ENTER om die keuse met een sel af in die kolom na sel A3 te beweeg. Tik dan die volgende naam, ensovoorts.

  33. Voer datums en tye in Excel belyn teks aan die linkerkant van selle, maar belyn datums aan die regterkant van selle. Naam Datum Bedrag Buchanan 05/03/2009 Suyama 06/05/2009 Peacock 05/05/2009 Om ’n datum in kolom B, die Datum-kolom in te voer, behoort jy ’n vorentoestreep of ’n kommapunt te gebruik om die dele te skei: 7/16/2009 of 16-Julie-2009. Excel sal albei as ’n datum herken.

  34. Voer getalle in Excel belyn getalle aan die regterkant van selle. Naam Datum Bedrag Buchanan 05/03/2009 5500 Suyama 06/05/2009 6300 Peacock 05/05/2009 4180

  35. Voer getalle in Ander getalle en hoe om hulle in te voer • Om breuke in te voer, laat ’n spasie tussen die heelgetal en die breuk. Byvoorbeeld, 1 1/8. • Om slegs ’n breuk in te voer, voer eers ’n nul in, byvoorbeeld 0 1/4. Indien jy 1/4 sonder die nul invoer, sal Excel die getal as ’n datum, Januarie 4 interpreteer. • Indien jy (100) tik om ’n negatiewe getal deur middel van hakies aan te dui, sal Excel die getal as -100 vertoon.

  36. Oefenvoorstelle • Voer data in deur TAB en ENTER te gebruik. • Maak foute reg terwyl jy tik. • Voer datums en tye in. • Voer getalle in.

  37. Toets 2, vraag 1 Deur ENTER te druk, word die keuse een sel na regs geskuif. (Kies een antwoord.) Waar. Vals.

  38. Toets 2, vraag 1: Antwoord Vals. Deur ENTER te druk, word die keuse afgeskuif. Deur TAB te druk, word die keuse na regs geskuif.

  39. Toets 2, vraag 2 Watter van hierdie sal Excel as ’n datum herken? (Kies een antwoord.) Februarie 6 1947. 2,6,47. 2-Feb-47.

  40. Toets 2, vraag 2: Antwoord 2-Feb-47. Jy gebruik ’n skuinsstreep of ’n kommapunt om dele van die datum te skei.

  41. Les 3 Redigeer data en hersien werkblaaie

  42. Redigeer data en hersien werkblaaie Almal maak foute. Selfs data wat jy reg ingevoer het, kan later bywerkings benodig. Soms benodig die hele werkblad ’n verandering. Voeg Kolom in Redigeer Data 13256 123456 Voeg Ry in Veronderstel dat jy reg in die middel van jou werkblad nog ’n kolom met data moet byvoeg. Of veronderstel dat jy werknemers een per ry in alfabetiese volgorde lys—wat doen jy as jy ’n nuwe persoon in diens neem? Hierdie les wys jou hoe maklik dit is om data te redigeer, en werkbladkolomme en rye by te voeg en te skrap.

  43. Redigeer data Veronderstel dat jy 5400 in sel A2 wou invoer, maar voer toe per abuis 4500 in. Wanneer jy die fout raaksien, is daar twee maniere om dit reg te maak. 4500 2007 2008 2009 4500 2700 3900 Hersien Dubbelklik ’n sel om die data daarin te redigeer. Of, nadat jy in die sel geklik het, redigeer jy die data in die Formulebalk. Nadat jy die sel met behulp van een van die twee metodes gekies het, toon die werkblad Redigeer in die statusbalk in die onderste linkerkantste hoek.

  44. Redigeer data Wat is die verskil tussen die twee metodes? Jou gerief. Jy vind dit dalk makliker om met die Formulebalk of die sel self te werk. 4500 2007 2008 2009 4500 2700 3900 Hersien Hier volg nou hoe jy veranderinge op een van die twee plekke kan aanbring: • Skrap letters of syfers deur BACKSPACE te druk of deur hulle te kies en dan DELETE te druk. • Redigeer letters en syfers deur hulle te kies en dan iets anders te tik.

  45. Redigeer data Wat is die verskil tussen die twee metodes? Jou gerief. Jy vind dit dalk makliker om met die Formulebalk of die sel self te werk. 4500 2007 2008 2009 4500 2700 3900 Hersien Hier volg nou hoe jy veranderinge op een van die twee plekke kan aanbring: • Voeg nuwe letters en syfers in die sel se data by deur die merker te posisioneer en te tik.

  46. Redigeer data Wat is die verskil tussen die twee metodes? Jou gerief. Jy vind dit dalk makliker om met die Formulebalk of die sel self te werk. 5400 2007 2008 2009 5400 2700 3900 Hersien Wat jy ookal doen, onthou om wanneer jy met almal klaar is ENTER of TAB te druk, sodat jou veranderinge in die sel behoue bly.

  47. Verwyder dataformatering Verrassing! Iemand anders het jou werkblad gebruik, ’n hoeveelheid data ingevul en die getal in sel B6 vetdruk en rooi gemaak om te beklemtoon dat 2008 die laagste volume was. Tuis A B 2007 2008 5400 2700 A B 2007 2008 5400 Maak alles skoon Maak Formatering skoon A B 2007 2008 4000 5400 Maar daardie volume het verander. Jy wil die situasie regstel.

  48. Verwyder dataformatering Verrassing! Iemand anders het jou werkblad gebruik, ’n hoeveelheid data ingevul en die getal in sel B6 vetdruk en rooi gemaak om te beklemtoon dat 2008 die laagste volume was. Tuis A B 2007 2008 5400 2700 A B 2007 2008 5400 Maak alles skoon Maak Formatering skoon A B 2007 2008 4000 5400 Soos die prent toon: Die oorspronklike getal was vetdruk en rooi geformateer. Skrap dus die getal. Voer nou ’n nuwe getal in. Maar dit is steeds vetdruk en rooi! Wat gaan aan?

  49. Verwyder dataformatering Wat nou gebeur, is dat die sel self en nie data in die sel nie, geformateer word. Tuis A B 2007 2008 5400 2700 A B 2007 2008 5400 Maak alles skoon Maak Formatering skoon A B 2007 2008 4000 5400 Wanneer jy dus data met spesiale formatering skrap, moet jy ook die formatering uit die sel skrap. Totdat jy dit doen, sal enige data wat jy in die sel invoer spesiaal geformateer word.

  50. Verwyder dataformatering Hier volg nou hoe jy formatering verwyder. Tuis A B 2007 2008 5400 2700 A B 2007 2008 5400 Maak alles skoon Maak Formatering skoon A B 2007 2008 4000 5400 Klik in die sel en dan op die Tuis-oortjie, in die Redigering-groep, klik die pyltjie op Maak skoon . Klik Maak Formatering skoon, wat formatering uit die sel verwyder. Anders kan jy Maak alles skoon klik om beide die data en die formatering terselfdertyd te verwyder.

More Related