1 / 33

Wat as…?

Wat as…?. ….dinge nie beter gaan nie…. af-pers-ing. Om deur dreigement van pyn, onheil of smart, eiendom, gunste of beheer van iemand te neem – nie met geweld nie, maar deur dreigement van geweld, die persoon se wil om eiendom af te staan, of beheer op te gee, te beïnvloed.

wilmet
Download Presentation

Wat as…?

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Wat as…? ….dinge nie beter gaan nie…..

  2. af-pers-ing Om deur dreigement van pyn, onheil of smart, eiendom, gunste of beheer van iemand te neem – nie met geweld nie, maar deur dreigement van geweld, die persoon se wil om eiendom af te staan, of beheer op te gee, te beïnvloed. Indien geweld gebruik word, is dit roof.

  3. Hoe skuif‘n mens ‘n olifant? Net as die olifant wil skuif Dan moet ons sy wil verander sodat hy self besluit om te loop

  4. Reg – daar is ‘n paar “wil” veranderende aksies wat altyd werk… • Vrees – gebruik ‘n sweep, maak lawaai, gebruik ‘n muis…jaag hom • Lok – brood, lemoen, kos, water,…….roep hom • Tyd – hou op, laat hy rustig raak, verveeldheid lok hom dalk elders…….wag vir hom

  5. In ‘n olifant se wêreld tel die krag van ‘n mens niks – die mens se meerdere vermoeë om hulpmiddels in te span, is wat die olifant kan skuif. As dit die doel is om die olifant se krag te gebruik vir jou eie doel, dan is dit belangrik om hom te beheer – deur vrees, of deur begeerte (lok). As hy nie wil nie, dan bly net een aksie oor – vernietig hom en sy nut verval vir jou. Maar as jy nie mag het om hom te skiet nie (permit), dan vermors jy jou tyd deur te jaag en lok as hy nie eers omkyk wanneer jy tekere gaan nie.

  6. Dus, hy wat sterker is as jy skuif net deur sy eie wil, gerig deur: • Vrees (afpersing) • Begeerte (omkoop) • Tyd (ongeduld)

  7. Daar is een wat dreig en lok, maar niemand teen sy wil kan “skuif” nie – wat alle mag oor sy slagoffer verloor het, maar die wil manipuleer deur afpersing en omkopery.

  8. En dit is nie Jahweh nie, want: Open 12:7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; Open 12:8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. Open 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Open 12:10 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword,….. en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. …alle mag in die hemele en op aarde is syne…

  9. En dit is nie Jahshua nie, want: Open 12:10 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. Mat 28:17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. Mat 28:18 En Jahshua het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Kol 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, Kol 2:15nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. ….Hy het die vyand verslaan en oor hul getriomfeer, en alle mag ontvang van Jahweh…in die hemel en op aarde….

  10. Die een is die meester van die leun… Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan. …en kan geen waarheid praat nie, want daar is in hom geen waarheid nie….

  11. Hy maak geluide om te jaag en verskrik… 1Pe 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. 1Pe 5:9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. …wek verwagtinge van vrees en onheil op…

  12. En skroom nie om voor te gee en te beloof, dit wat hy nie is, of het om te gee nie… Luk 4:5 Toe bring die duiwel Hom op 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik se tyd. Luk 4:6 En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. Luk 4:7 As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort (korreksie – as U dan my aanbid, sal alles aan my behoort – ook U, en U erfdeel). Luk 4:8 En Jahshua antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. …soos hy aan Adam en Eva gesê het – julle sal soos God wees…..maar bedoel het, julle sal my dan dien, onder my juk, as of ek julle god is….

  13. Waarom sê ek hy het gelieg…. Mar 11:33 En hulle antwoord en sê vir Jahshua: Ons weet nie. En Jahshua antwoord en sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.Mar 12:1 Toe begin Hy deur gelykenisse vir hulle te sê: 'n Man het 'n wingerd geplant (sy geslag) en 'n heining daarom gesit (sy wet) en 'n parskuip gegrawe (sy oordeel) en 'n wagtoring gebou (sy profete), en hy het dit aan landbouers verhuur (tydelike stand, nie besitreg) en op reis gegaan. Mar 12:2 En op die regte tyd (oestyd) het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang (gee my kinders terug);Mar 12:3 maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur. Mar 12:4 En weer het hy 'n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom skandelik behandel en teruggestuur. Mar 12:5 En weer het hy 'n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander--sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak. Mar 12:6 Hy het toe nog een seun gehad, sy geliefde, en hom die laaste na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien. Mar 12:7 Maar daardie landbouers het by hulleself gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s'n wees (wou besit van die geslag van Jahweh oorneem).Mar 12:8 En hulle het hom geneem en doodgemaak en buitekant die wingerd uitgewerp. Mar 12:9 Wat sal die eienaar van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. …groot was die paniek toe die erfgenaam dit oorleef, en hul in die openbaar as leuenaars en moordenaars ten toon stel…

  14. En ons, Adam, is die olifant…. Luk 9:1 En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. Luk 9:2 En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak Mat 11:27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Mat 11:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; Mat 11:30 want my juk is sag en my las is lig. Heb 2:6 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? Heb 2:7 U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. Heb 2:8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; Heb 2:9 maar ons sien Hom, naamlik Jahshua, wat vir 'n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. …deur Jahshua het ons die swaar juk afgegooi, en ‘n ander, sagte juk opgeneem…

  15. Ons bly, of gaan – as ons wil.Ons moet self kies wanneer ons opgee, en of ons aanhouSatan kan ons nie beweeg nie, maar dit keer hom nie om te probeer……

  16. Die Satan kan ons nie skuif nie, maar beïnvloed ons wil…hy het sy maniere….

  17. Soos ‘n Chicago film… Met Italiaanse aksent gesê: “I see you have a lovely wife, and kids, and house…..it would be so sad if anything should happen to them……”

  18. En dan die vraag wat geen gelowige mag vra nie…: Wat as……?

  19. Hulle het gevra…. Job: Wat as my kinders miskien gesondig het en Vader gevloek het…? Job 1:5 En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen. Moses: Wat as Farao nie na my wil luister? Wat as die volk vra wie my gestuur het? Exo 3:10 Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit. Exo 3:11 Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei? Exo 3:13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? --wat moet ek hulle antwoord? Gideon: Wat as U nie werklik Israel deur my hand wil verlos nie…? Rig 6:36 Toe het Gídeon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het-- Rig 6:37 ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.

  20. Hulle het nie gevra nie…. Abraham: U sal voorsien – al vat dit 100 jaar Gen 22:8 En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop. Heb 11:8 Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. Noag: Vader sal doen wat Hy gesê het. Gen 6:22 En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen. Heb 11:7 Deur die geloof het Noag, toe hy 'n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en 'n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is. Petrus: Ek kan op water loop as dit Jahshua is wat roep. Mat 14:27 Maar Jahshua het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie. Mat 14:28 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom. Mat 14:29En Hy sê: Kom!Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jahshua te gaan.

  21. Om te vra of nie te vra nie….wat is die verskil….? Risiko ! Om nie te vra, is soos ‘n olifant wat nie eers opkyk as daar geraas gemaak word nie….. Om te vra, is die opkyk na die lawaaimaker….jy het nog nie besluit om te skuif nie, maar gee die aanjaer moed deur na hom te kyk wyl hy probeer aanjaag en lawaai maak….

  22. Dan is daar natuurlik die helde, die hardgebakte olifant wat opkyk, en rustig sy slurp om ‘n hardekool boom se stam draai – en knoop.Die boodskap? “Die lawaai, ek hoor dit. Die geroep, ek sien dit – maar nogtans bly ek. En as dit beteken jul skiet my, dan sleep jul die boom saam met my hier weg”.

  23. Wanneer die ergste reeds gesien word, en nogtans jou strydkreet is! Habakuk: Al sou ons hongerly, nogtans…. Hab 1:2 Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! --maar U help nie? Hab 2:1 Op my wagtoring wil ek gaan staan en op 'n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord. Hab 3:16 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons 'n aanval maak. Hab 3:17 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie-- Hab 3:18 nogtans sal ek jubel in JAHWEH, ek sal juig in die God van my heil. Hab 3:19 Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente. Sadrag, Mesag en Abednégo: Al sou Hy ons nie hier uit verlos nie, nogtans…. Dan 3:16 Shadrach, Meshach, and Abednego, answered and said to the king, O Nebuchadnezzar, we [are] not careful to answer thee in this matter. Dan 3:17 If it be [so], our God whom we serve is able to deliver us from the burning fiery furnace, and he will deliver [us] out of thine hand, O king. Dan 3:18 But if not, be it known unto thee, O king, that we will not serve thy gods, nor worship the golden image which thou hast set up.

  24. Dan roep jy saam met Paulus…. 1Kor 15:54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. 1Kor 15:55Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Fil 1:21 Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. Fil 1:22 Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie.

  25. Dawid het een woord baie gebruik - nogtans Psa 27:1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees? Psa 27:2 As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet-my teëstanders en my vyande, ja, myne-struikel hulle self en val. Psa 27:3 Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek. Psa 27:4 Een ding het ek van JAHWEH begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van JAHWEH, om die lieflikheid van JAHWEH te aanskou en te ondersoek in sy tempel. Psa 27:5 Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots. Psa 27:6 En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van JAHWEH. Psa 27:7 Hoor, o HERE, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my. Psa 27:8 Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE! Psa 27:9 Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil! Psa 27:10 Want my vader en my moeder het my verlaat, maar JAHWEH sal my aanneem. Psa 27:11 HERE, leer my u weg en lei my op 'n gelyk pad, vanweë my vyande. Psa 27:12 Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas. Psa 27:13o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van JAHWEH sal sien in die land van die lewendes nie....Psa 27:14Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op JAHWEH! Psa 73:21Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was, Psa 73:22toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was 'n dier by U. Psa 73:23Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.Psa 73:24 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem. Psa 73:25 Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie. Psa 73:26 Al beswyk my vlees en my hart-God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.

  26. As alles onseker is, en die tonnel donker sodat geen lig skyn nie, is daar die punt van die koord wat jy vashou as die enigste sekerheid…en die ander punt van die koord pluk liggies om jou gerus te stel dat daar nog iemand is wat dit hou…..

  27. Hou vas aan die punt in jou hand, want… Hos 11:3 En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie. Hos 11:4Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee. Aan die ander punt hou ons Vader vas…..hy kan nie beweeg word om ooit te los nie. Rom 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Rom 8:38Want ek is versekerddat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jahshua, onse Here, is nie. Net een manier om te verdwaal…..as jy die koord los, jy kies om dit te los……..

  28. Vir hulle wat in die donker tonnel stap, en vashou aan die punt van die koord bly daar een klein treetjie oor na uitkoms…. Nogtans! Wees bly in Jahweh! Nogtans! Jubel in Jahweh!

  29. Want… Neh 8:10 Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in JAHWEH--dit is julle beskutting. Han 13:52 En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees. Han 20:24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jahshua ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God. Rom 14:17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

  30. Laat die wat in verdrukking staan “nogtans” roep……en laat hul weer blydskap vind……dan sal oorwinning hul deel weer word!

  31. Wil jy weer hoop vir more hê? Rom 15:13 En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

  32. ‘n Laaste woord… Heb 12:11Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. Heb 12:12Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; Heb 12:13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Heb 12:14Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; Heb 12:15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

  33. Laat ons saam ‘n fees hou in Jahweh – in blydskap oorwinning kry – ons vasmaak aan die koorde van liefde vir mekaar, en vir Hom. Laat die vyand sidder, wanneer julle wat verdruk word roep – “Nogtans, sal ek in Jahweh jubel….” Laat die donker om ons lig word, en mag Vader ons salf met Sy Heilige Gees tot eer van Sy naam, om in blydskap te gaan, en ons weg in vrede te baan! Amen

More Related