1 / 31

Sakeberekeninge Kontaksessie 1

Sakeberekeninge Kontaksessie 1. Juran van den Heever. Inleiding tot sakeberekinge. Belangrike Definisies(bl . 12-13). Deflasie Ekwiteit Finansiële state Fiskale beleid Gelykbreekpunt Inflasie Koste van verkope Kwantitatiewe metodes Likiditeit Monotêre beleid Oorhoofse kostes

Download Presentation

Sakeberekeninge Kontaksessie 1

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. SakeberekeningeKontaksessie 1 Juran van den Heever

  2. Inleiding tot sakeberekinge

  3. Belangrike Definisies(bl. 12-13) Deflasie Ekwiteit Finansiële state Fiskale beleid Gelykbreekpunt Inflasie Koste van verkope Kwantitatiewe metodes Likiditeit Monotêre beleid Oorhoofse kostes Prysoorlog repokoers

  4. Ekonomie word in twee verdeel: (bl.15) Mikro Ekonomie: Ekonomiese gedrag van individuele eenheid binne die groter ekonomie. Bv. Huishoudings, ondernemings. Makro Ekonomie: Die gedrag van die groter ekonomie bv. Nasionale inkomstes, uitgawes, werkloosheid ens. Makro-ekonomie Mikro-ekonomie Mikro-ekonomie Mikro-ekonomie

  5. Mikro ekonomie Mikro ekonomie is belangrik vir die volgende redes: Dit wys hoe pryse van produkte en dienste bepaal word en watter faktore `n rol speel in die produksieproses. Dit verduidelik die effektiwiteit van die verspreiding en verbruik van goedere en dienste. Dit wys hoe `n individuele sakeonderneming presteer binne `n mark.

  6. Makro ekonomie Makro ekonomie is belangrik vir die volgende redes: Die bepaling van totale inkomste en werkloosheid. Die bepaling van die algemene vlak van pryse. Die formulering van ekonomiese beleid om ekonomiese groei en stabiliteit te verseker. Die formulering van beleid om die sakesiklus te beheer. Bv. Inflasie en deflasie. Die analisering van internasionale handel. Bv. Die effek van die wisselkoers.

  7. Sakesiklus- land se ekonomie (bl. 16) Herstel Vooruitgang Piek Ekonomie Laagtepunt Inkrimping Uitbreiding Tyd

  8. Die sakesiklus is nie voorspelbaar nie en kan wissel in terme van tyd, gereeldheid en grootte. Aanwysers word gepubliseer om ondernemings geleentheid te gee om te bepaal in watter stadium van die sakesiklus die ekonomie verkeer.

  9. Ekonomiese aanwysers Kwantitatiewe metodes behels wiskundige en statistiese berekeninge wat die huidige ekonomiese stand met vorige periodes vergelyk. (bl. 17-20) Aandele indeks. (JSE) Werkloosheidssyfer. Bruto binnelandse produk. (BBP = V+R+BK+(TU-TI) Verbruikersprysindeks en inflasie.

  10. Die belangrikheid van ekonomiese inligting en berekeninge vir die sakeonderneming (bl. 20) Die onderneming fokus op die langtermynvisie en om kompeterend te bly in die mark. Wins vir die onderneming gemaksimaliseer word. Prysaanpassings betyds gemaak word. (Dit wil sê: As jou onderneming weet wat in ekonomie aangaan kan jy jou pryse vroegtydig aanpas om maksimum wins te maak en kompeterend in die mark te wees.)

  11. Die finansiële bestuurder moet state gereeld hersien en evalueer en dit moet vergelyk word met: (bl. 22) • Die huidige jaar • Die vorige jaar • Kompeteerders • Die norm van die industrie • Begrotingsyfers • Dit is waarom sakeberekeninge belangrik is in die onderneming. • Nou kan bestuur besluite neem om risiko’s uit te skakel.

  12. Areas wat gemonitor moet word om sukses van onderneming te bepaal: (bl. 22-23) Winsgewendheid van die sakeonderneming gebaseer op bruto wins en uitgawes. Genereer die sakeonderneming genoeg inkomste om uitgawes te dek – gelykbreekpunt. Hoe solvent is die sakeonderneming en waar word fondse aangewend? Hoe doeltreffend word geld belê? Hoe doeltreffend word voorraad bestuur? Hoe doeltreffend word debiteure en krediteure bestuur? Is daar genoeg kontant beskikbaar?

  13. Waarom is sakeondernemings onsuksesvol? (bl. 23-27) Tekort aan kontant Onvoldoende wins Swak bestuur

  14. Wat dra by tot tekort aan kontant? Berekeninge om te kort te identifiseer: Bedryfskapitaalverhouding Vuurproefverhouding Debiteure handelsiklus en betalingsperiode Krediteure handelsiklus en betalingsperiode Voorraadomsetsnelheid Eienaars neem fondse Vinnige uitbreiding Stadige omskakeling van bates Swak kontantvloeibeplanning Debiteure betaal nie Onverwagte uitgawes Swak verkope Te veel voorraad Diefstal en bedrog

  15. Faktore wat die wins van onderneming beïnvloed. Berekeninge om winsgrense te bepaal: Persentasiekoste van verkope. Bruto winsgrens Uitgaweverhoudings Personeelproduktiwiteitsverhouding Omsetsnelheid van voorraad Personeelkostes Kompetisie Verskaffers Produklewensiklus Hoë oorhoofse kostes Toerusting Navorsing en ontwikkeling Bemarking Kliënte

  16. Faktore wat bydra tot swak bestuur. Berekeninge: 1. personeelproduktiwiteitsverhouding 2. Personeelkostes as ʼn persentasie van verkope. Verkeerde of ongekwalifiseerde personeel word gewerf vir spesifieke doel. Die nodige personeelopleiding vind nie plaas nie daarom kan personeel nie sekere funksies verrig nie. ʼn Gebrek aan motivering en dissipline kan lei tot probleme soos lae produktiwiteit, diefstal, afwesigheid en swak tydsbestuur. Swak kommunikasie met personeel kan motivering beïnvloed en ʼn invloed op kliëntediens hê. Personeelverhoudinge en personeelomsetsnelheid kan tot gevolg hê dat bykomende fondse spandeer moet word. Die algemene reputasie van die sakeonderneming en openbare verhoudinge word deur swak bestuur beïnvloed.

  17. Voordele van die gebruik van sakeberekeninge.(bl.29-31) Die analisering van finansiële state. Om doeltreffendheid te monitor. Identifiseer swak punte. Beplanning Vergelyking

  18. Nadele van die gebruik van sakeberekeninge. Dui groot afwykings aan wat dui dat iets verkeerd is. Moet verdere analises uitvoer. Enkele berekening verskaf nie genoeg inligting om prestasie te meet nie. Moet kombinasie Van berekeninge gebruik. Moet finansiële state van dieselfde tydgleuf gebruik. Moet geouditeerde state gebruik. Inflasie kan state beinvloed.

  19. Formules Waarde wat in algemene tekens of letters uitgedruk is en dien as grondslag vir berekeninge. Die word gebruik om: Likiditeit van onderneming te bepaal Om aktiwiteite in onderneming te meet Om skuldverhoudings te bepaal Om winsgewendheid te bepaal Om tendense in die mark te bepaal

  20. Finansiële sakrekenaars Die finansiële sakrekenaar word gebruik om ingewikkelde finansiële berekeninge te doen deur formules te gebruik. Die voordeel is dat die formule vooraf op die sakrekenaar gelaai is. Dit is dus tydbesparend. Die voordele aan ʼn finansiële sakrekenaar is dat dit produktief aangewend word, dit kan statistiek hanteer, kan finansiële probleme oplos en tydwaarde vir geld probleme kan opgelos word.

  21. Rekenaarprogrammatuur Bv. Excel Sigblad is ʼn tabel wat in rye en kolomme georganiseer is, wat dit maklik maak om inligting te sorteer, organiseer en analiseer.

  22. Rentetabelle (bl. 37) Tabel wat verbruiker in staat stel om te bepaal hoeveel rente oor ʼn sekere tydperk betaal of verdien sal word. Rente is ʼn bedrag wat gevra of betaal word vir die gebruik van geld. Banke pas rentekoerse aan na aanleiding van veranderinge in die repokoers. ʼn Rentetabel lys die waarde van ʼn belegging of ʼn lening oor ʼn vasgestelde periode teen die meer algemene rentekoers

  23. Berekeninge in die analisering van ʼn sakeonderneming.(bl. 38-41) Finansiële rekeninge (moet voorgelê word aan SAID) Staat van omvattende inkomste (inkomstestaat) Staat van finansiële posisie (balansstaat) Staat van verandering in ekwiteit Staat van kontantvloei (kontantvloeistaat) Bestuursrekeninge (Hoef nie aan SAID voorgelê word nie.) Sluit in: Verkoopsproses, prysbepaling Aankoopproses Vaste bate register werknemerinligting

  24. Voorbeeld van ʼn inkomstestaat Inkomste-uitgawe = wins

  25. Voorbeeld van balansstaat Balanseer bates met die laste Bates = wat onderneming besit Totale bates = Totale laste Laste = wat onderneming skuld

  26. Staat van verandering in ekwiteit Dit dui die bedrag van eienaar se belang aan begin van finansiële jaar. Toenames of afnames van eienaarsbelang. Die bedrag van eienaar se belang aan die einde van die finansiële jaar.

  27. Staat van kontantvloei

  28. Finansiële beplanning(bl. 44) Hersien huidige prestasie teen vorige jaar of doelwit. Doen SWOT-analise. Analiseer suksesse en mislukkings van vorige jaar. Langtermynbeplanning Stel begroting op Definieer die finansiële jaar se inkomste en balansstaatmikpunte. Finaliseer die plan. Hersien die plan- moniteer prestasie, vordering en doelwitte.

  29. Begroting Verseker dat daar genoeg geld beskikbaar is vir toekomstige projekte. Om ingeligte finansiële besluite te neem. Om doelwitte te haal.

  30. Voordele van ʼn begroting Fondse doeltreffend bestuur. Hulpbronne doeltreffend aan projekte toegeken word. Prestasie kan gemeet word. Besluitneming kan verbeter word. Probleme kan identifiseer word. Kan vir toekoms beplan. Dit kan personeel motiveer.

  31. Kontantvloei Muntstukke en note Lopende rekeninge en korttermyndeposito’s Oortrokke bankrekeninge en korttermynlenings Oorsese geldeenhede en deposito’s wat vinnig in rand omgeskakel kan word.

More Related