1 / 9

Die Loofhuttefees

Die Loofhuttefees. 19 Junie 2011. In die oorspronklike tale. Hebreeus Hut = Soekka (hut, dier se skuilplek), vroulik van: Souk (hut van gevlegte takke, dier se skuilplek) afgelei van: Sakkak (om te vleg (bv. ’n skerm), omhein, bedek, beskerm ). Tent = Ohel (tent) ( Hos 12:10 )

rob
Download Presentation

Die Loofhuttefees

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die Loofhuttefees 19 Junie 2011

  2. In die oorspronklike tale Hebreeus • Hut = • Soekka (hut, dier se skuilplek), vroulik van: • Souk (hut van gevlegte takke, dier se skuilplek) afgelei van: • Sakkak(om te vleg (bv. ’n skerm), omhein, bedek, beskerm). • Tent = • Ohel (tent) (Hos 12:10) Grieks • Hut of Tent = • Skenos (hut, tydelike skuiling, tentwoning) • Huttefees = • Skenopegia (penne (peg) inslaan, opslaan van Skenos)

  3. Op die kalender 9. 6. 5 2 3 1 4 8 7 10 11 12 • 1 van 3 groot feeste: Alle mans in Israel na JerusalemDeut 16:16 • Op 15e dag van 7e maand, vir 7 dae lank. 8e dag: offer, rusdagLev 23:34-36, 39-43 • Insameling van opbrings (dorsvloer, wynpers) – vrolikheidLev 23:39-40Deut 16:13-14 Pasga Pinkster Loofhutte

  4. Doelwitte • Gedenk dat Israel in hutte (tydelike skuilings) gewoon het tydens uittog Lev 23:43 • Insameling van oeste (wynpars, dorsvloer). Vrolikheid.Lev 23:39-40, Deut 16:13-14 • Voorlesing van en onderrig in wet(elke 7e jaar – jaar van kwytskelding) Deut 31:10-13 • Eerste fees gevier deur terugkerende ballinge (met voorlesing uit wet) Esra 3, Nehemia 8 • Opinie: God se beskerming? Samevlegting van Israel?

  5. In profesie • Hos 12:9-10: Maar Efraim sê: Tog het ek ryk geword, ek het vir my ’n vermoë verwerf. Alles wat ek verwerf het, is nie genoeg om op my enige sondeskuld te lê nie. Maar Ek is Jahweh jou God van Egipteland af, Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die huttefees.(Genesing van trots en materialisme, woon weer in tydelike skuilings onder God se beskerming) • Sag 14:16-19: En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, Jahweh van die leërskare, en om die huttefees te vier. En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, Jahweh van die leërskare, te aanbid nie – hulle sal geen reënkry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee Jahweh die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie. (Om Jahweh se wet te leer? Lei tot Reën.)

  6. Jahsua: woon by, leer op God se gesag Johannes 7 [2] En die fees van die Jode, die huttefees, was naby. [10] Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim. [14] En toe dit al in die middel van die fees was, het Jahsua opgegaan na die tempel en geleer. [16] Jahsua antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. [17] As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek. [18] Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.

  7. Jahsua: (1) wat die wet werklik beteken Johannes 7 [19] Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. [23] As 'n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek ’n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het? [24] Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ’n regverdige oordeel. [47] En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie? [48] Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs? [49] Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek! • Die wet: tot totalegenesing(Mannekamp-boodskap)

  8. Jahsua: (2) belofte aan hutbewoners Johannes 7 [37] En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jahsua gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! [38] Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. [39] En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jahsua nog nie verheerlik was nie.

  9. Geestelike toepassing 2 Kor 5:1-9[1] Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ’n gebou het van God, ’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. [4] Want ons wat nog in die tent [skenos: hut]is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word. [5] Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Geesas onderpand [deposito, waarborg van goeder trou] gegee het. [9] Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. • Ons woon nou in hutte/tente. Ons sal eendag in ’n permanente gebou woon. Die Heilige Gees (wat nou saam met ons in die tentwoning woon) is die waarborg daarvan.

More Related