1 / 26

‘n Damp van ‘n damp

‘n Damp van ‘n damp. .....alles is. ‘n Vraag. Wat is die doel van ‘n fiets.......?. Hoe vêr kan jy toer met ‘n fiets?. Hoe vinnig kan jy beweeg met ‘n fiets?. Watter fiets is die beste vir die doel?. Is daar sin in die gebruik van ‘n fiets?. ‘n Antwoord op ‘n vraag.

quinta
Download Presentation

‘n Damp van ‘n damp

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. ‘n Damp van ‘n damp .....alles is.....

  2. ‘n Vraag Wat is die doel van ‘n fiets.......? Hoe vêr kan jy toer met ‘n fiets? Hoe vinnig kan jy beweeg met ‘n fiets? Watter fiets is die beste vir die doel? Is daar sin in die gebruik van ‘n fiets?

  3. ‘n Antwoord op ‘n vraag Doel - Om van punt A na B te beweeg met menskrag Hoe vêr - Onbeperk, so lank jou stamina en die pad aanhou – 120,805 km/per jaar (Tommy Godwin, 1939) Hoe vinnig - Die wêreldrekord is tans 133 km/h sonder sleurstroom (SamWhittingham, 2009) Watter een - Die duurste fiets, sterkste of ligste? Watter sin - Hernubare energie, stilte, gesondheid?

  4. Eenvoudige vraag – direkte antwoord Antwoord = Verwagting

  5. Damp = “Vapour” Damp van ‘n damp = “vapour of vapour” VanityH1892of vanities, H1892 H1892 hebelhăbêl From H1891; emptiness or vanity; figuratively something transitory and unsatisfactory; often used as an adverb: - X altogether, vain, vanity. brief, deciduous, ephemeral, evanescent, flash, fleeting, fugacious, fugitive, impermanent, passing, short-lived, temporary, transient, momentary, vapour As damp nie konkreet is nie, nie “substans” het nie, dan is “damp van damp” uiters “dun”

  6. Die tema van ‘n redenaarsgesprek in die Bybel Die mees kontroversiële boek in die Ou Testament Twee vertellers in die boodskap – ‘n “framing” of raam verteller, en ‘n 1ste persoon verteller. Die gesprek begin deur dat die redenaar aan die gehoor se dat hy niks te sê het nie, want alles is damp. Die sleutel frase wat die vraag ontsluit, word 29 keer herhaal in die 12 hoofstukke. Die frase kom net in die boek voor, nêrens anders in die Bybel nie. Die man wat die boek geskryf het, het die tweede meeste boeke in die Ou Testament geskryf (3) – net Moses het meer. Die skrywer was geen dwaas nie – hy kon uit ervaring praat oor alles wat hy skryf

  7. Prediker Raam verteller 1de persoon verteller Raam verteller Prd 1:1-12 tot 12:8 Prd 1:1-11 Prd 12:9-14 Tema van die “redenasie” is die antwoord op ‘n vraag • Prd 1:2 Alles tevergeefs (damp) , sê die Prediker, alles tevergeefs (damp) , dit is alles tevergeefs (damp) ! Prd 1:2 Vanity (damp) of vanities (damp) , saith the Preacher, vanity (damp) of vanities (damp) ; all is vanity (damp) .

  8. Die opening raam: Prd 1:3Watter voordeel het die mens (vraag - wat is die doel van ‘n fiets) van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son? (retoriese vraag – antwoord reeds in 1.2 gegee)Prd 1:4 Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan. (die mens se tydelikheid teenoor die skepping se permanensie)Prd 1:5 En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan. (eentonige siklus – hyg van oos na wes) Prd 1:6 Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug. (versterking van sinnelose herhaling – noord na suid)Prd 1:7 Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie (niks kom klaar, eindig altyd half); na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer. Prd 1:8 Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie. Prd 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie. Prd 1:10 Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het. Prd 1:11 Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie. Eentonige repetisie, niks word bereik nie, alles onafgehandel, paradokse

  9. Die 1de persoon vertel dat: • Harde arbeid niks baat nie (is luiheid dan geregverdig?) • Baie geleerdheid, kennis en wysheid niks blywende waarde het nie (moet ek ophou skoolgaan, studeer?) • Vreugde en plesier niks bevrediging bring nie (moet ek dikmond bly?) • Drank en dwelms geen verbetering in die toestand bring nie • Oprigting van groot werke niks tot stand bring nie (moet ek alle kreatiewiteit opsy skuif?) • Daar geen geregtigheid is nie (kan ek dan saam begin steel?) • Geen sigbare bewys van beter dinge te vinde is nie (is mismoedigheid geregverdig?) • Edel optrede nie beloon word nie (sal ek my goeie dade laat vaar?) • Die verdrukte nie bevry word nie (sal ek dit net so laat sonder om te help?) • Die skuldige nie aan die pen ry nie (sal ek opgee om reg te doen?) • Daar geen verskil is tussen die goeie en slegte wat onheil of voorspoed betref nie (is daar dan geen ingryp van God in ons lewens nie?)

  10. ...en dan gebeur dit met hom: • Hy raak ontnugterd • Verloor hoop • Begin homself te haat, sy bestaan, sy omstandighede en die sinnelose wêreld • Smag na ‘n einde van sy lewe • Verval in wanhoop, depressie In kort, toe hy agterkom sy nuwe, duur, fiets kom nêrens, al trap hy hoe hard – dat nog geen enkel wedren voltooi het, al meld hy by elkeen aan – dat die wêreld om hom nog presies net so lyk as toe hy destyds begin trap het - ...toe hou hy op met trap, en wil van sy fiets afklim om nooit weer te ry nie. Hy sien geen doel meer in trap nie

  11. Maar die rede vir sy teleurstelling is nie die fiets, of sy eie onvermoë, of selfs sy afrigter nie - Die wortel van sy neerlaag lê in sy (foutiewe) verwagting. Die onvervulde verwagting het hom van sy blydskap geroof, teleurstelling gebring, verdoem tot die gesindheid van ‘n verslane mens – hom verslaan vir ewig. Wat is die doel van ‘n fiets? Wat is die sin in die lewe, jou verwagting? As die vraag net anders gestel was, sou hy ‘n ander antwoord (verwagting) gehad het...

  12. Wat is die doel van ‘n fiets hier binne?

  13. “onder die son”

  14. Wat is die doel van ‘n mens se lewe onder die son? Prd 1:13 En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is ‘n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel. Prd 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie. Prd 1:14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind. Prd 2:3 Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te verkwik—terwyl my hart my met wysheid sou lei—en om aan die dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die mensekinders, wat hulle moet doen onder diehemel gedurende die getal van hulle lewensdae. Prd 2:11 Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het—en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind, en daar was geen voordeel onder die son nie. Prd 2:17 Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, het my mishaag, omdat alles tevergeefs is en ‘n gejaag na wind. Prd 2:18 En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan ‘n mens wat ná my sal kom. Prd 2:19 En wie weet of hy ‘n wyse sal wees of ‘n dwaas? Tog sal hy heers oor al my arbeid wat ek met moeite verrig en met wysheid verwerf het onder die son. Ook dit is dan tevergeefs. Prd 2:20 Daarom het ek my begewe om my hart aan wanhoop oor te gee vanweë al die arbeid wat ek met moeite verrig het onder die son. Prd 2:22 Want wat het die mens vir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son?Prd 3:1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd: Prd 3:2 ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te roei wat geplant is, Prd 3:3 ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou, Prd 3:4 ‘n tyd om te ween en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te weeklaag en ‘n tyd om van vreugde rond te spring, Prd 3:5 ‘n tyd om klippe weg te gooi en ‘n tyd om klippe bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels en ‘n tyd om ver te wees van omhelsing, Prd 3:6 ‘n tyd om te soek en ‘n tyd om verlore te laat gaan, ‘n tyd om te bewaar en ‘n tyd om weg te gooi, Prd 3:7 ‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om aanmekaar te werk, ‘n tyd om te swyg en ‘n tyd om te spreek, Prd 3:8 ‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede.

  15. Prd 3:9 Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei? Prd 3:10 Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel. Prd 3:11 Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind. Prd 3:12 So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. Prd 3:16 Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg—daar was onreg, en die plek van geregtigheid—daar was onreg. Prd 4:1 Daarna weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag, maar daar was vir hulle geen trooster nie. Prd 4:2 Daarom het ek die dooies wat lankal gesterf het, gelukkig geprys bo die lewendes wat nog lewe, Prd 4:3 en gelukkig bo hulle altwee hom wat nog nie gewees het en die verkeerde werk wat onder die son plaasvind, nie gesien het nie. Prd 4:7 En weer het ek ‘n vergeefse moeite gesien onder die son: Prd 4:8 Daar is een allenig sonder ‘n tweede, ook het hy geen seun of broer nie; tog is daar geen einde aan al sy moeitevolle arbeid nie, sy oë kry ook nie genoeg van rykdom nie. Vir wie tog vermoei ek my en laat my siel gebrek ly aan die goeie? Ook dit is tevergeefs en ‘n verkeerde saak. Prd 4:15 Ek het gesien hoe al die lewendes wat onder die son wandel, aan die kant van die jongman was, van die tweede, wat sy opvolger sou word; Prd 4:16 daar was geen einde aan al die mense, aan almal aan wie se hoof hy gestaan het nie. Tog sal die nageslag hulle nie oor hom verbly nie; so is dit ook tevergeefs en ‘n gejaag na wind. Prd 5:2 Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde (onder die son). Daarom moet jou woorde min wees. Prd 5:13 Daar is ‘n smartlike onheil wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie ongeluk. Prd 5:18 (5:17) Kyk, wat ek as ‘n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel. Prd 6:1 Daar is ‘n onheil wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die mensdom:

  16. Prd 6:2 ‘n Man aan wie God rykdom en skatte en eer gee, sodat hom niks ontbreek van alles wat hy kan begeer nie, maar God stel hom nie in staat om daarvan te geniet nie, want ‘n vreemde geniet dit; dit is vergeefse moeite en ‘n bitter lyding. Prd 6:12 Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy nietige lewe wat hy soos ‘n skaduwee deurbring? Want wie kan aan die mens bekend maak wat ná hom sal wees onder die son?Prd 8:9 Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in ‘n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.Prd 8:15Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son. Prd 8:16 Toe ek my hart daarop gerig het om wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat op die aarde gedoen word—ja, selfs bedags en snags niemand met sy oë die slaap sien nie— Prd 8:17 het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan—hy sal dit nie kan uitvind nie!Prd 9:3 Dit is ‘n verkeerde ding by alles wat plaasvind onder die son, dat een en dieselfde lot almal tref, en ook die hart van die mensekinders vol boosheid is, en dat dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe; en daarna gaan dit na die dooies toe!Prd 9:4 Want solank as iemand by al die lewendes behoort (onder die son – op aarde), is daar hoop; want ‘n lewendige hond is beter as ‘n dooie leeu. Prd 9:5 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Prd 9:6 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.Prd 9:9Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son—al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.Prd 9:11 Weer het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal.

  17. Prd 9:13 Ook het ek dit as wysheid gesien onder die son, en dit was groot in my oog: Prd 9:14 daar was ‘n klein stadjie en min manne daarin, en ‘n groot koning het daarteen gekom en dit omsingel en groot beleëringswerke daarteen gebou. Prd 9:15 En daarin is ‘n arm wyse man gevind; dié het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie. Prd 10:5 Daar is ‘n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, ‘n dwaling wat van die maghebber uitgaan: Prd 10:6 die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit. Prd 10:7 Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop. Prd 11:7Verder, soet is die lig, en goed is dit vir die oë om die son te aanskou. Prd 11:8 Want as die mens baie jare lewe, moet hy hom in dié almal verheug en dink aan die dae van duisternis, dat dit baie sal wees; alles wat kom, is nietigheid. Prd 11:9Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge (wat onder die son gebeur het)in die gerig sal bring. Prd 11:10 En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam (lewe gesond) , want die jeug en die jonkheid is nietigheid (damp) .Prd 12:1 En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie— Prd 12:2 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën, Prd 12:3 dié dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word, Prd 12:4 en die deure na die straat gesluit word, terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin sing en al die tone van die lied dof sal word – (die dag wanneer die son daar nie meer sal wees nie) .

  18. Onverwagse insluitings (paradoks) • Geniet die lewe • Pas jou gesondheid op • Wees bly oor wat jy kry en vermag • Moenie alleen deur die lewe gaan – kry ‘n maat en geniet mekaar • Die lig is soet, en dis mooi om na die son te kyk – sien die natuur • Hardloop al is jy nie vinnig nie, veg al is jy nie ‘n held nie • Geniet wat jy eet, wat jy drink • Geniet die geselskap van jou maats • Geniet jou jonkheid • Vind dinge om te geniet te midde van jou moeitevolle lewe • Moet nie ‘n kans om goed te doen, laat verbygaan nie Hoe maak hy sulke afleidings as sy “antwoord” is dat alles damp van damp is?

  19. Die sluiting raam: Prd 12:9 En behalwe dat die Prediker ‘n wyse was, het hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke opgestel. Prd 12:10 Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is—woorde van waarheid. Prd 12:11Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee. Prd 12:12 En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees. Prd 12:13Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Prd 12:14Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg. Van onder die son gesienis alles sinneloos, word niks bereik nie, is alles onafgehandel - Van bo die son (hemele) word elke werk, elke optrede, elke gedagte geweeg (geoordeel) volgens die groter toets (reg) – die betekenis en waarde van die lewe hier onder die son, lê in die verborge dinge daar bo die hemele.

  20. As jy bewys van die verborge dinge soek hier “onder die son”, sal jy altyd teleurgesteld eindig, in: • Frustrasie met eentonige reëlmaat van alles • Frustrasie met ooglopende onreg wat ongestraf gaan • Frustrasie met dinge wat nie tot voleinding kom nie • Frustrasie met teenstrydighede wat plaasvind • Frustrasie met gebrek aan erkenning • Frustrasie met die nietigheid van alles wat jy jou tyd mee mors. Dit is onmoontlik om die werklikhede van ‘n lewe “onder die son” te verander, ignoreer of te bowe te kom deur “positiewe denke”, of enige ander menslike proses, logika, wysheid of sin – as dit moontlik was sou die wysste van alle mense, Salomo, daardie antwoord kon vind na al sy studies daaroor!

  21. Maar ek lag lekker hieroor! En ek lag saam met goeie geselskap. Psa 2:1 Waarom woel (trap) die nasies en bedink die volke nietige dinge? Psa 2:2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Psa 2:3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Psa 2:4Hy wat in die hemel woon, lag (vir die onder die son wat probeer verander aan Sy raadsplan) ; die Here spot met hulle. Jahweh lag vir die mense (wat probeer om hierdie sinnelose stelsel, uit eie wysheid, sinvol te maak, verstaan of vertolk). Wat probeer om met ‘n oefenfiets, iewers heen te ry!

  22. ‘n Vreemdsoortige bemoediging ...opgesluit in ‘n paradoks van bevindinge wat alle doel in die lewe as damp verklaar, maar daardeur alle doel in die lewe herstel....

  23. Die ontwerp doel van die produk: • Onder die son is ontwerp om nêrens heen te gaan nie – soos ‘n oefenfiets • Onder die son is ontwerp om met die verstand van ‘n mens nie sin te maak nie • Onder die son is ontwerp as ‘n “weggooibare” stelsel • Onder die son is die belangrikstetyd vir mens se ewigheid “bo die son” • Onder die son filter die koring van die kaf – dis ‘n filter, nie die koring self nie • Onder die son is ontwerp as ‘n eksamen wat jou antwoorde toets – tot die einde • Onder die son is ontwerp om sy waarde te verloor soos die mens oud word – want waar jou skat is sal jou hart wees – en ons is bedoel om by Vader te wees “bo die son” • Onder die son is die enigste plek waar ons “fiks” kan word in voorbereiding vir die ware wedloop “bo die son” • Onder die son se “PT” kursus is aflêbaar deur alle kandidate – Jahshua self het dit ook kom deurgaan – en dissipline (gehoorsaamheid) geleer wat hy saam met Hom terug geneem het na die wêreld “bo die son” • Onder die son is ‘n kursus wat binne ‘n gimnasium plaasvind – dit is nie die einde nie, maar die voorbereiding vir die begin. • Alles wat jy kies, dink

  24. Alles onder die son wat jy kies, dink, doen, versuim om te doen het (eendag) ‘n direkte gevolg “bo die son”. Om dit te glo, is ‘n saak van keuse – kies om dit nie te glo nie, en alles onder die son is damp van damp. Kies om te glo, en alles onder die son verkry ‘n nuwe vastigheid, waarde en sin.

  25. Geniet die oefening, verstaan waar jy jou bevind – maar bedink die heerlikheid van die wedloop waarvoor jy voorberei word, al drup die sweet tans op een groter wordende kol hier onder jou oefenfiets op die grond, onder die son.

  26. Amen

More Related