1 / 35

Binnekamer…

Binnekamer…. Waar jou privaatheid, privaat bly. Toe ek ‘n jong seun was…. “gemeenskap te hê met”. Baie parallelle. Praat nie daaroor. As daar fout is – simptoom of oorsaak. Het niks met ander te doen nie. Mens aanvaar dat ander dit ook soos jy ervaar.

Download Presentation

Binnekamer…

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Binnekamer… Waar jou privaatheid, privaat bly.

  2. Toe ek ‘n jong seun was…. “gemeenskap te hê met”

  3. Baie parallelle.. Praat nie daaroor As daar fout is – simptoom of oorsaak Het niks met ander te doen nie Mens aanvaar dat ander dit ook soos jy ervaar Die intimiteit groei namate vertroue en vrymoedigheid vermeerder Behoefte bestaan natuurlik Word beskou as die daad van liefde

  4. Ook verskille…. Geen boeke Geen natuurlike kundigheid Geen bemarking

  5. Hier is dan die probleem Hoe mense daar aankom Onvolledige mense Letsels Namaaksels & groepsdruk

  6. Volle oorgawe = Liefde Mat 22:37 En Jahshua antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

  7. Volle oorgawe nie so natuurlik, mense hanteer dit verskillend

  8. Oorgawe eis vertroue, privaatheid Jy stel die grense

  9. Is ek reg en jy verkeerd? Wat in die binnekamer gebeur, oriënteer later jou grense in die samelewing

  10. Waarom? Sou daar voordeel wees in groter vrymoedigheid? Dit versterk die band van vertroue en versekering van ‘n liefdevolle verhouding vir beide partye

  11. En dit is nodig....... Wanneer die grense van my verstand te nou is om die wye vlakte van my probleem te omlyn

  12. As my verstand se beste pogings... ...verstrengel raak in ontoereikendheid. My goeie woordeskat... ...slegs broksinne bymekaar kan roep. Dan eers verstaan ek... ..die betekenis van onuitspreeklike versugtinge.

  13. Rom 8:25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. Rom 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. Rom 8:27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. “but the Spirit itself maketh intercession for us with groanings which cannot be uttered”.

  14. Soms het ek nie antwoorde nie... ... dan antwoord ek nie, ek swyg. Soms weet ek nie eers wat die vraag is nie... ... dan vra ek nie, ek swyg. Soms is ek bly sonder rede... ... dan moet ek nie redes soek nie, juig.

  15. Bevrydende besef..... dat my verstand onverstandig raak wanneer dit dieper probeer kyk as wat die mens se oë kan sien, en verder probeer luister as wat die oor kan hoor. Dat daar woorde is wat nie vertaalbaar is van die gees na die vlees nie, net soos daar beelde is wat nie genoeg kleure vind in hierdie wêreld, om uitdrukking daaraan te gee nie.

  16. 2Ko 12:3 En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit— 2Ko 12:4 dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie. 2Ko 12:5 Oor so ‘n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede. Joh 3:11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. Joh 3:12As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? 1Pe 1:6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 1Pe 1:7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jahshua Christus; 1Pe 1:8 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, .....

  17. Dit was deel van die waarheid wat my vry gemaak het – vry van die verpligting om elke saak, elke daad, elke beeld en elke spraak te verklaar – met die verstand. Ek moes die verstand ook onderwerp, en glo dat die onsienlike bestaan, die onbeskryflike is, en die onverstaanbare verklaar word – deur geloof, en nie aanskoue, nie oorredende woorde, en ook nie verklarende denke nie. Ek moes ‘n dwaas word, voor ek hierdie wysheid kon ontdek.

  18. 1Ko 1:20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie? 1Ko 1:21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red; 1Ko 1:22 want die Judeërs vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid, 1Ko 1:23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; 1Ko 1:24 maar vir die wat geroep is, Judeërs sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God. 1Ko 1:25 Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense. 1Ko 1:26 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; 1Ko 1:27maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; 1Ko 1:28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, 1Ko 1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. 1Ko 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jahshua, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. 1Ko 1:31 Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

  19. Job 42:1 Toe het Job JAHWEH geantwoord en gesê: Job 42:2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Job 42:3Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. Job 42:4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! Job 42:5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Job 42:6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

  20. So die verstand moet opsy gesit word? Nee, sy beperkings moet besef word – maar sonder hom kan jy JHWH nie ten volle liefhê nie! En as jy slegs deur die verstand Hom lief het, kan jy hom net 1/3de liefhê. • Mat 22:37 En Jahshua antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele (100% van)hart(1/3de van jou) en met jou hele (100% van)siel(1/3de van jou) en met jou hele (100% van) verstand(1/3de van jou) Mat 22:37 Jahshua said unto him, Thou shalt love the Lord thy God with all thy heart,G2588 and with all thy soul,G5590 and with all thy mind.G1271 G2588 – kardia - the thoughts or feelings (mind); also (by analogy) the middle G5590 - psuchē - breath, that is, spirit, the rational and immortal soul (ookgebruikvir “gees” in Grieks) G1271 – dianoia - deepthought, understanding (en al joukrag – Markus).

  21. Die volle mens wat deelneem…. 1Ko 14:12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. 1Ko 14:13 Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. 1Ko 14:14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 1Ko 14:15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. 1Ko 14:16 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 1Ko 14:17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie. 1Ko 14:18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal; 1Ko 14:19maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal.

  22. Toe ek besef dat die buitegrense van my verstand is steeds te smal om die binnegrense van JHWH se heerlikheid en raad te bedink, het ek rus gevind vir hierdie moeë kop van my, en het ek oor tyd vrymoedigheid gevind in die deel van my menswees wat my verstand nie kon omvat nie – my gees.

  23. Die jy bestaan, en die jy beweeg. 1Ts 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees G4151(sterk lugstroom - vektor) en siel G5590(lug – skalaar) en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jahshua Christus! 1Ko 15:45 And so it is written, The first man Adam was made a livingG2198(stadigsoosverdamping) soul (lug) ;G5590 thelast Adam was made a quickeningG2227(stromende /waaiende) spirit (wind).G4151 G5594 - psoo'-kho - A primary verb; to breathe (voluntarily but gently; thus differing from G4154, which denotes properly a forcible respiration)that is, (by implication of reduction of temperature by evaporation) to chill (figuratively): - wax cold.

  24. En emosies? Hoort dit in geloof? Hoort dit in jou binnekamer (van geloof).

  25. Gebed met emosie (passie)? Jak 5:13 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing. Jak 5:14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. Jak 5:15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Jak 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige G1754 gebed van ‘n regverdige het groot krag. Jak 5:17Elía was ‘n mens net soos ons (subjecttolikepassions) , en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie; Jak 5:18 en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit. G1754 – vurige - energeō - to beactive, - do, (be) effectual (having or displaying a passionate intensity), be mighty in, shew forth self, work (effectually in). Waarom? Word Elohim daardeur beweeg? Of beweeg dit toehoorders om ook in hart toe te tree in die gebed? Is die eensgesinde toetrede dit wat Elohim oorreed? Beide?

  26. Maar alles begin in die binnekamer van jou geloof, waar privaatheid, tyd en tederheid jou uitnooi om as volledige mens in ‘n verhouding met Elohim te tree.

  27. Selfs Jahshua het ‘n binnekamer gehad: Luk 21:37 En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word. Luk 22:39 En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. Luk 22:40 En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. Luk 22:41En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi, en neergekniel en gebidLuk 22:42 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!

  28. Ook Paulus het een gehad: 2Ko 12:7 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. 2Ko 12:8Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. 2Ko 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. 2Ko 12:10 Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

  29. Hoe ervaar ek die binnekamer van my geloof?Wanneer jaag ek om in my binnekamer te kom?Wat gebeur daar?Is dit met jou ook so?

  30. Wanneer jou hart smag na ware liefde, en vervulling jou aanhou ontvlug. Wanneer oorwinning nodig is oor sonde. Wanneer die onreg van ‘n vyand ongestraf gaan oor die regverdige. Wanneer die vervalsings beter lyk as die oorspronklike. Ander kan saam waak, maar jy moet verder gaan na waar dit stil is – om versterking te vind.

  31. Waarom is jou geestelike binnekamer van belang?

  32. Dit is die: Bron van jou krag en volharding Begin van herstel, en voortsetting van bewaring van jou gesin Oorsprong van groei in die gemeente Die begin en voleinding van die volk se terugkeer Hoekom?

  33. Want meer belangrik as alles: Deu 4:24 Want JAHWEH jou God is ‘n verterende vuur, ‘n jaloerse God.

  34. Amen

  35. 1Ko 14:1 Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. 1Ko 14:2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. 1Ko 14:3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. 1Ko 14:4 Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente. 1Ko 14:5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang. 1Ko 14:6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur ‘n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie? 1Ko 14:7 Net soos met lewelose dinge wat ‘n klank gee, ‘n fluit of ‘n siter, as hulle nie ‘n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word? 1Ko 14:8 Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog? 1Ko 14:9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. 1Ko 14:10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie. 1Ko 14:11 As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker ‘n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my ‘n vreemdeling wees.

More Related