1 / 12

Die HERE is my herder.

Die HERE is my herder. ♫ Turn on your speakers. CLICK TO ADVANCE SLIDES. niks sal my ontbreek nie.Hy laat my neerlê in groen wei- velde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid,. om sy Naam ontwil.Al gaan ek

menefer
Download Presentation

Die HERE is my herder.

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die HERE is my herder. ♫ Turn on your speakers CLICK TO ADVANCE SLIDES

  2. niks sal my ontbreek nie.Hy laat my neerlê in groen wei- velde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my.

  3. Psalm 139 HERE u deurgrond my en ken my.U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê,en U is met al my weë goed bekend.Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, HERE,U ken dit geheel en al. U sluit my in van agter en van voor,en U lê u hand op my.

  4. Om dit te begryp,is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie. Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig ? Klim ek op na die hemel,U is daar; en maak ek die doderyk my bed,kyk, U is daar !

  5. Neem ek die vleuels van die dageraad,gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, Dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag,die duisternis is soos die lig.Want U het my niere gevorm,my in my moeder se skoot geweef. Ek loof U,omdat ek so vreeslik wonderbaar is;wonderbaar is u werke ! En my siel weet dit alte goed.

  6. Jesaja 40:27 Waarom sê jy dan, o Jakob,en spreek jy ,o Israel: My weg is vir die HERE verborge,en my reg gaan by my God verby ? Weet jy dit nie ? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde: hy word nie moeg of mat nie,daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel; maar die wat op die HERE wag,kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

  7. Jesaja 55:3 Neig julle oor en kom na My toe,luister,en julle siel sal lewe; EK wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.

  8. Mattheus 16:26 Want wat baat dit ‘n mens as hy die wêreld win,maar aan sy siel skade ly ? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel ? Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom,en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade. Rom.8:22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens.

  9. Rom.12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelyk -vormig nie, maar word verander deur die vernuwing Van julle gemoed,sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Psalm 118: 8 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.

  10. psalm 118 :14 Die HERE is my sterkte en psalm,en Hy het my tot heil geword. Psalm 119:15,16 Ek wil u bevele oordink en op u paaie let. Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie ver- geet nie.

  11. Psalm 100 Juig voor die HERE ,o ganse aarde! Dien die HERE met blydskap: kom voor sy aangesig met gejubel. Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en sy skape van sy weide.Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang, loof Hom, prys sy Naam.Want die HERE is goed; sy goedetierenheid is tot in ewigheid,en sy trou van geslag tot geslag.

  12. Psalm 24:1 Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan,die wêreld en die wat daarin woon. Psalm 32:7 U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid,U omring my met vrolike gesange van bevryding. Psalm 39: 13 Hoor,HERE,my gebed, en luister na my hulpgeroep,swyg nie by my trane nie,want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders. Alta Strydom

More Related