html5
1 / 59

EENHEID 3.2 VERVOLG 2 19 AUGUSTUS 2009

EENHEID 3.2 VERVOLG 2 19 AUGUSTUS 2009. MET ANDER WOORDE DIT BEHELS DIE VRAAG OF EN WANNEER DIE HOWE `N ADMINISTRATIEWE HANDELING KAN HERSIEN. ARTIKEL 6 (2) (a). (2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if- (a)the administrator who took it-

lyre
Download Presentation

EENHEID 3.2 VERVOLG 2 19 AUGUSTUS 2009

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. EENHEID 3.2 VERVOLG 2 19 AUGUSTUS 2009

  2. MET ANDER WOORDE DIT BEHELS DIE VRAAG OF EN WANNEER DIE HOWE `N ADMINISTRATIEWE HANDELING KAN HERSIEN

  3. ARTIKEL 6 (2) (a)

  4. (2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if- (a)the administrator who took it- (i)was not authorised to do so by the empowering provision; (ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision; or (iii)was biased or reasonably suspected of bias; Fokus op administrateur – geregtelike hersiening as 1.Ongemagtige handeling 2.Ongemagtige delegasie van magte 3.Partydig

  5. ONGEMAGTIGDE DELEGASIE VAN MAGTE 2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if- (a)the administrator who took it- (ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision;

  6. ONGEMAGTIGDE DELEGASIE VAN MAGTE Begin van die besluitnemingsproses. Dit vra die vraag: “Het die besluitnemer die outoriteit gehad om met die proses te begin?” Algemene reël: Die administrateur aan wie die magte gegee was in terme van die bemagtigende bepaling, is die enigste persoon wat die outoriteit het om hierdie magte uit te voer. Die effek van `n delegasie van magte wat nie bemagtig is deur die bemagtigende bepaling nie is dat een administrateur sy magte abdikeer aan `n ander wat dit aanneem.

  7. ONGEMAGTIGDE DELEGASIE VAN MAGTE Betekenis van “om te delegeer” = Om `n taak, verantwoordelikheid of mag aan iemand anders toe te vertrou. Doel = om die vinnige en effektiewe verdeling van werk binne die administrasie te fasiliteer, aangesien administrateurs en administratiewe liggame gewoonlik nie al hulle funksies kan hanteer nie. Wetlike / regmatige delegasie = Voorsorg word getref vir regmatige delegasie van magte (uitsonderings op die algemene reël). Die bemagtiging van delegasie mag uitdruklik of geimpliseerd in die bemagtigende bepaling weergegee word.

  8. ONGEMAGTIGDE DELEGASIE VAN MAGTE Reël teen delegasie v reël teen sub-delegasie: Wanneer die oorspronklike wetgewer, naamlik die Parlement, die nege provinsiale wetgewers en plaaslike owerhede outoriteit gee aan staatsorgane en administrateurs, word daar gesê dat hulle magte aan hierdie administrateur gedelegeer het. Sub-delegasie gebeur wanneer die oorspronklike wetgewer `n administrateur bemagtig, of uitdruklik of by nodige implikasie om verder die mag ter sprake te delegeer.

  9. PARLEMENT DELEGEER STAATSORGAAN SUBDELEGEER ADMINSITRATEUR

  10. ONGEMAGTIGDE DELEGASIE VAN MAGTE Gemeneregreël teen delegasie: Delegatus delegare non potest = As `n administrateur gemagtig is om `n spesifieke handeling te verrig, en dit behels die uitvoer van `n diskresionêre mag, mag die taak ter sprake nie gedelegeer word nie, tensy die delegasie uitdruklik deur die wet bemagtig is. Tipes delegasie wat toegelaat word: 1.Mandaat of instruksie. 2.Administratiewe dekonsentrasie. 3.Administratiewe desentralisasie.

  11. DELEGERING VAN ADMINISTRATIEWE MAGTE DEKONSENTRASIE DESENTRALISASIE Delegering binne dieselfde hiërargiese struktuur `n Administratiewe liggaam het die mag om ander se aksies goed te keur of af te keur. Maar, mag nie die besluite verander. Voorbeeld Delegering van `n mag deur die minister aan die direkteur-generaal wie dan die mag aan die amptenare in die departement delegeer Voorbeeld University of Pretoria v Minister of Education Minister het nie die bevoegdheid gehad om die rektor van `n universiteit aan te stel nie. Minister moes die anstelling goedkeur maar kon nie sy keuse in die plek van die raad stel Die Minister gee magte aan die direkteur-generaal. Direkteur-generaal bepaal of aangekla moet word nadat hy die dokumente voor hom bestudeer het. Maar, kan hierdie funksie nie alleen uitvoer nie. Daarom word dit na aanklaers delegeer om te besluit wie aangekla moet word.

  12. DELEGERING VAN ADMINISTRATIEWE MAGTE DEKONSENTRASIE DESENTRALISASIE KENMERKE In hierdie verhouding delegeer die delegans sekere bevoegdhede en funksies aan `n onafhanklike liggaam, byvoorbeeld waar `n minister `n raad aanstel om lisensies uit te reik. Die delegans oefen kontrole uit oor die gedelegeerde by wyse van aanstelling van die lede van die raad of by wyse van appèl of hersiening 1. Delegans (hoër orgaan) kan die delegasie te eniger tyd terugtrek Sodra die aangeleentheid gefinaliseer is, kan hy nie die uitoefening van daardie besondere funksie ongedaan maak nie. In Administrator Cape v Associated Buildings het die hof bevind dat die delegasie die administrateur nie sy bevoegdheid ontneem het nie en day hy nog steeds tussenbeide kon tree aangesien die aangeleentheid nog nie gefinaliseer was nie.

  13. DELEGERING VAN ADMINISTRATIEWE MAGTE DEKONSENTRASIE DESENTRALISASIE 2. Delegans kan op verskeie wyses kontrole oor die gedelegeerde uitoefen, byvoorbeeld deur voor te skryf hoe die bevoegdheid uitgeoefen moet word of deur `n verslag te vereis. 3. Die ondergeskikte tree namens die delegans op en die bevoegheid word geag deur die delegans uitgeoefen te wees. 4. Gesagsliggame binne dieselfde magsfeer met die gevolg dat dit aanvaar word dat die hoër orgaan weet wat die beste is en ander feite in heroorweging kan neem as die wat deur die laer orgaan oorweeg is

  14. DELEGERING VAN ADMINISTRATIEWE MAGTE DEKONSENTRASIE DESENTRALISASIE 5. Daar heers solidariteit binne dieselfde magsfeer met die gevolg dat dit aanvaar word dat die hoër orgaan weet wat die beste is en ander feite in heroorweging kan neem as die wat deur die laer orgaan oorweeg is.

  15. ONGEMAGTIGDE DELEGASIE VAN MAGTE OUTORITEIT OM TE DELEGEER UITDRUKLIK Wet maak uitdruklik voorsiening vir die delegasie van magte. • GEIMPLISEERD • Die vraag is of delegasie by nodigeimplikasietoegelaatsal word? Bestaandaar `n geïmpliseerdemag van delegasie? Daarmoetna die volgendefaktoregekyk word: • Die graad van devolusie van mag, • Importance of the original delegee, • Kompleksiteit van diskresie, • Impak van die mag • Praktiesenodigheid.

  16. VRAAG 69 IN WERKBOEK VOORBEELDE VAN GEMAGTIGDE EN ONGEMAGTIGDE DELEGASIE (a) By `n sekere universiteit is die bevoegdheid om aan die einde van die semester te besluit of studente aan die voorgeskrewe toelatingsvereistes tot die eksamen voldoen het, aan die departementshoof gedelegeer. Die departementshoof delegeer hierdie bevoegdheid aan die dosente wat die onderskeie vakhoofde is. DEPARTEMENTSHOOF Dosent Dosent Dosent Dosent Dosent

  17. Die doel met delegasie van bevoegdhede is om vinnige en doelreffende werksverdeling binne die administrasie te bewerkstellig. Die algemene reël = mag nie delegeer. Dit is ook waar dat die persoon of orgaan byvoorbeeld nie in `n posisie is om al die bevoegdhede of funksies wat aan hom verleen is self te verrig nie. Delegasie deur HOD is voorbeeld van delegasie binne administratiewe verhouding van dekonsentrasie. Gewoonlike binne selfde sfeer van outoriteit of dieselfde hierargiese struktuur en is bemagtig.

  18. (b) Sal dit `n verskil aan u antwoord maak indien hy hierdie bevoegdheid self uitoefen en net aan sy persoonlike assistant opdrag gee om lyste van kandidate op te stel? Handeling deur hoof van departement = delegasie deur `n mandaat. Hy het `n besluit gemaak en slegs die persoonlike assistant aangesê om dit te implementeer. Nie `n gemagtigde delegasie.

  19. Vir hierdie deel van die werk sien: Handboek: 296-302 Werkboek: Vrae 67-70.

  20. (2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if- (a)the administrator who took it- (i)was not authorised to do so by the empowering provision; (ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision; or (iii)was biased or reasonably suspected of bias; Fokus op administrateur – geregtelike hersiening as 1.Ongemagtige handeling 2.Ongemagtige delegasie van magte 3.Partydig

  21. PARTYDIGHEID OF `N REDELIKE VERMOEDE VAN PARTYDIGHEID • Nemoiudex in suacausa(“geeneenmag `n regterwees in syeiesaaknie”) vormdeel van hierdiestatutêrebeginsel. Hierdiereël en ook die audialterampartemis beidebeginsels van natuurlikegeregtigheid. Hulle is beidegebasseer op die beginseldatgeregtigheidniegedoenmoet word nie, maarookgesienmoet word. • Daar is twee gronde van hersieninggebasseer op partydigheid, die een in terme van artikel 6(2)(a) (iii), en partydigheid wat deelvorm van prosedurelebillikheid (section 6(2)(c)). • Verskillendevorms van partydigheid: • Werklike (Ditmoetgesien word datgeregtigheidgedoen word. Objektiewetoets) • Waargeneemdepartydigheid (Of redelike man van gemeenskapsou dink dat die administrateurpartydig was).

  22. ARTIKEL 6 (2) (b)

  23. Nie-nakoming van formele vereistes van toepassing op administratiewe handelinge – artikel 6(2)(b)

  24. Judicial review of administrative action • Any person may institute proceedings in a court or a tribunal for the judicial review of an administrative action. • (2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if- • (a)the administrator who took it- • (i)was not authorised to do so by the empowering provision; • (ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision; or • (iii)was biased or reasonably suspected of bias; Handelinge deur die administrateur

  25. Ongehoorsaamheid aan formele vereistes van toepassing op administratiewe handelinge (b)a mandatory and material procedure or condition prescribed by an empowering provision was not complied with; (c)the action was procedurally unfair; (d)the action was materially influenced by an error of law; Prosedurele onbillike administratiewe handeling Handeling materieël deur “regsfout” beinvloed

  26. Geregtelikehersiening van administratiewehandelinge • (2)A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if- (b)a mandatory and material procedure or condition prescribed by an empowering provision was not complied with;

  27. Inisiele fase van besluitnemingsproses Onderskeid tussen bevelende / gebiendende en aanwysende bepaling.

  28. Die subartikel bemagtig die hof om administratiewe handelinge te hersien in omstandighede waar die administrateur nie aan die bevelende / aanwysende prosedures, soos voorgeskryf deur `n bemagtigende bepaling, voldoen nie. Bemagtigende statutêre bepaling Om te bepaal of bevelend of aanwysend, moet die taal van die bemagtigende bepaling ondersoek word. Bevelend “Administrateur mag / sal” `n spesifieke funksie uitvoer Aanwysend “Administrateur mag/kan” `n spesifieke funksie uitvoer. Dus, gee die administrateur `n keuse.

  29. Die effek van die onderskeid tussen bevelende en aanwysende bepaling Bevelend = verwag presiese nakoming or absolute nakoming. Aanwysend = verwag substansiële nakoming maar nie-nakoming is nie noodwendig nietig.

  30. BEVOEGDHEID VAN DISPENSASIE Van nature sal artikel 6(2)(b) voldoening van bevelende en aanwysende beginsels in die bemagtigende wet vereis. Alhoewel, Die administrateur kan die mag hê tot dispensasie (wegdoening) van die vereiste dat hy moet voldoen aan die aanwysende beginsels. Dit is `n regskapasiteit wat beteken dat die reg sekere voorvereistes neerlê vir die beoefening van hierdie mag.

  31. BEVOEGDHEID VAN DISPENSASIE Dus, hierdie mag tot dispensasie (wegdoen) is nie `n wye of vry diskresionêre mag nie, maar `n beperkte / omskryfde een, wat onderhewig is aan geregtelike hersiening. Sou `n outoritêre liggaam foutiewelik dispensasie gee, wat die gevolg van nadeel vir die inidividi inhou, mag hierdie defektiewe beoefening van mag deur die howe hersien word.

  32. BEVOEGDHEID VAN DISPENSASIE Maar, hierdie is omstandighede waar die howe nie die mag van dispensasie gegee het. Omstandighede waarin die howe die mag tot dispensasie gegee het. (1) Waar dispensasie van voldoening aan statutêre bepaling sal lei tot die nie-nakoming van ander vereistes wat nodig is vir geldige administratiewe handelinge. Met ander woorde, byvoorbeeld, daar is geen mag van dispensasie as dit kom by die vereiste van ratione personae, (dit is relevant tot die kwalifikasies van die outeur van die handeling). Met ander woorde, as die nie-nakoming van die bepaling sal veroorsaak dat die administrateur nie die korrekte kwalifikasies het nie. Bepalinge waar die mag om dispensasie te gee, uitgesluit word, is in alle omstandighede van toepassing, alhoewel nie-nakoming toegelaat mag word waar: -daar substansiële nakoming was; -geen nadelige resultate en -om daarop aan te dring dat daar letterlike nakoming moet wees sal lei tot werklike of potensiele nadeel.

  33. BEVOEGDHEID VAN DISPENSASIE Circumstance in which the courts have recognised the power to grant dispensation Omstandighede waarin die howe die mag tot dispensasie gegee het. However, there are circumstances in which the courts have not recognised the power of dispensation Maar, hierdie is omstandighede waar die howe nie die mag van dispensasie gegee het. Waar die prosedurele of formele vereistes slegs die administrasie in hul eie interne prosedures assisteer (eerder as om die belange van die individu te beskerm), het die howe al die mag van dispensasie gegee. Die administrasie het die mag om dispensasie te gee waar `n pure formele reël nie streng nagevolg word nie oor `n blatante fout. Ook die vereiste van ratione temporis = `n vereiste verwant aan die periode van tyd waarin sekere regte en voorregte uitgeoefen moet word = geen dispensasie / wegdoening (2) Waar die nie-nakoming van prosedurele of formele vereistes die belange van die individi materieël sal benadeel, is daar geen mag van dispensasie nie.

  34. Vereistes vir geldige administratiewe handelinge wat betref die vorm daarvan • Formelevereistes vir geldigeadministratiewehandelinge. • Hierdievereistes het betrekking op die fisiesevormwaarin die handelinghomselfmanifesteer. • Die handelingsaldangestaltemoetvind in `n sertifikaat of anderstatutêrvoorgeskrewedokument ten einde `n geldigeadministratiewehandelingdaartestel. • Die vereiste het ookbetrekking op die nakoming van taal-, termyn- en anderstatutêrvoorgeskrewevormvereistes. • Daarbestaanonsekerheid in ons reg oor die vraagna die geldigheid van `n administratiewehandeling in die gevalwaardaarniestrengvoldoen word aan die formelevereistesnie. • Normaalwegsaldaaringegaanmoet word op die vraag of die orgaan die bevoegdheid het omdispensasieteverleen vir die nie-nakoming van die formelevereistes. • Afgesien van die statutêrvoorgeskrewevormvereistes, bestaandaarooknog die gemeenegtelikevereistedat die handelingduidelik en verstaanbaarmoet wee. • Tweedens, het die vereiste ten opsigte van die vormookbetrekking op die uiterlikeverloop of prosedure ten opsigte van die handeling. Daarbestaantallegemeenregtelikereëls wat te make het met die prosedure en die reëls word gewoonliksaamgevatonder die benamingreëls van natuurlikegeregtigheid. (audialterampartem etc)

  35. Krgtens wetgewing moet `n applikant wat aansoek om `n lisensie doen om handel te dryf, dertig dae kennis gee van sy voorneme om aansoek te doen. Op die dag wat die aansoek deur die lisensieraad oorweeg word, opper `n beswaarmaker die punt dat die aansoek gebrekkig is, aangesien die applikant slegs agt en twintig dae kennis gegee het. Die vraag is of die nie-nakoming van die formele vereistes van die magtigende wet die nietigheid van die administratiewe handeling tot gevolg sal hê? Dus, of bevelende of aanwysende bepalinge, soos in PAJA artikel 6(2)(b), nagekom is? Alhoewel daar geen vaste regsreëls in hierdie opsig is nie, het die hof sekere riglyne neergelê wat in hierdie omstandigheid van toepassing is.

  36. Wiecherssê die korrektebenadering is om vas testel of die owerheidsliggaam die bevoegdheid het omdispensasieteverleen vir die nie-nakoming van statutՙêrvoorgeskrewevormvereistes. Na symening het owerheidsligaam `n bevoegdheid tot dispensasieonder die volgendeomstandighede: • Waardaarsubstansiëlenakoming an die prosessuele en formelewetsvoorskifte was en daargeenbenadeling as gevolg van die nie-nakoming was nie; • Waarditonmoontlik is om die voorskrifstrengnatekom, byvoorbeeldomdatvoorskrifte in die vorm van ondergeskiktewetewingnognieafgekondig is nie; • Waarvoorskrifteeerder vir administratiewedoelmatigheid as vir die beskerming van die regte en belange van onderdanedaargestel is; • Waar die voorskrifteweenseen of anderopvallende of blatantefoutnienagekom is nie; • Waarallebelanghebbende party tot kondonasie van die nie-nakoming van die voorskriftoestem. Ditsalnie op die feitestelsel van toepassingweesnie. • Wiechers is van meningdatdispensasienieonder die volgendeomstandighedetoelaatbaar is nie: • Waar die kondonering van die nie-nakomingsalneerkom op die verbreking of negering van anderregsvereistes vir `n geldige AH, • Waar die nie-nakoming van die voorgeskrewevereistes tot wesenlikebenadeling van onderdanemag lei.

  37. In hierdie feitestel kan mens argumenteer dat daar sustansiële nakoming van die prosedurele en formele vereistes was: daar was ook sustansiële nakoming van die voorgeskrewe tydperk, en dispensasie sal nie tot die nadeel van enige persoon lei nie, aangesien die beswaarmaker teenwoordig was en hy die saak kon bestry. Alle relevante feite en omstandighede moet in ag geneem word.

  38. Hoe word die vereiste dat `n administratiewe handeling duidelik en verstaanbaar moet wees, in ons reg toegepas? Die gemene reg vereis dat `n administratiewe handeling duidelik en verstaanbaar moet wees, nie vaag of verwarrend nie. Alhoewel hierdie reël vir alle soorte administratiewe handelinge geld, is die meeste gevalle die waar die vraagstuk voor die howe kom wat te make het met administratiewe wetgewende handelinge, dit wil sê ondergeskikte wetgewing. Die toets om te bepaal of `n handeling duidelik en verstaanbaar is, is `n objektiewe een, dit wil sê de hof sal objektief na die handeling kyk en die maatstaf van die redelike man aanwend om in `n bepaalde geval vas te stel hoe `n administratiewe handling verstaan moet word.

  39. In R v Jopp het die hof bevind dat in die geval van ondergeskikte wetgewing die persoon wat daardeur geraak word met redelike sekerheid moet weet wat gebied of verbied word. In die sekerheid bestaan, is die handeling geldig; indien dit onseker is, is die handeling ongeldig. Sien vraag 73

  40. As `n bemagtigende bepaling `n aanwysende bepaling gee (die administrateur kan `n spesifieke handeling uitvoer), sal so bepaling outomaties lei na `n situasie waar die administrateur `n diskresionêre funksie moet uitvoer. Hy kan die een of die ander opsie kies.

  41. DISKRESIONêRE MAGTE Wat beteken dit as daar gesê word dat `n administratiewe liggaam `n diskresionêre mag uitvoer? Waar `n administratiewe liggaam `n diskresionêre mag uitvoer, is dit in die posisie om `n keuse te maak tussen verskeie moontlike handelinge. Alhoewel, die liggaam wordnie toegelaat om die diskresie arbitrêr en onverantwoordelik uit te voer nie. Met ander woorde, die keuse (uitvoer van die diskresionêre mag) moet regmatig beoefen word en volgens regsvereistes.

  42. Baxter skryf: “Discretion involves a degree of judgment and choice and to the extent to which discretionary power is conferred on a public authority the authority is free to decide how it should act”. • Beteken“free to decide” dat die administratieweorgaanmaarsy gang kangaan en enigebesluit wat hywil, kanneem? • Die besluitnemer is vryomtebesluit hoe hybehoort op te tree in die mate waarin die diskresionêrebevoegdheidaanhomverleen is. • Hoeweldiskresiedus `n mate van eieoordeelinhouwanneer `n keuseuitgeoefen word, kan “free to decide” nooitbetekendat die administratieweorgaanmaarsy gang kangaan en enigebesluit wat hywil, kanneemnie. • Die uitoefening van `n diskresiebehelsaltyddat die besluitnemersykeuseuitoefenooreenkomstigsekerestandaarde of ingevolgesekeremaatstawwe. • Byvoorbeeld, `n skeidsregter se diskresiegedurende `n wedstryd word beheerdeur die reëls van die spel. • Dus, selfs al behelsdiskresie `n keuse, word die keusealtyddeurreëls en voorskriftebeperk.

  43. Wat beteken dit om te sê die administratiewe orgaan het “wye” (“vrye”) diskresionêre bevoegdhede? • Wanneer gesê word dat die administratiewe orgaan “wye” (“vrye”) diskresionêre bevoegdhede het, word bedoel dat die reg aan die administratiewe orgaan `n groot vryheid van keuse laat om te besluit oor die wenslikheid of doelmatigheid van sy keuse. • `n Vrye diskresionêre bevoegdheid om met ander woorde `n onafhanklike beoordeling an bestaande feite en omstandighede in die lig van algemene begrippe soos die algemene belang en die openbare welsyn. • Hierdie wye diskresionêre bevoegdheid word hoofsaklik deur beleidsoorwegings beheers wat gewoonlik op ekonomiese, sosiale, politieke en kulturele faktore gebaseer word. • Geregtelike kontrole strek tradisioneel nie sover as regeringsbeleid nie, met die gevolg dat die hof nie hierdie beleidsoorwegins wat enige administratiewe besluit ten grondslag lê, sal ondersoek nie • Alhoewel die hof nie hierdie beleidsoorwegings sal ondersoek nie, moet dit wel toesien dat die administratiewe organ al die vereistes vir geldige administratiewe optrede nagekom het – dat die diskresie-uitoefening onderworpe aan die reg was – byvoorbeeld dat aan die statutêre en prosessuele vereistes voldoen is, dat relevante feite in ag geneem is, administratiewe magte nie oorskry is nie, ensovoorts.

  44. (c) Wat word verstaan onder `n eng / gebonde diskresie? By `n eng diskresie word die aantal keuses en die omstandighede waaronder die diskresie deur die besluitnemer uitgeoefen mag word deur die magtiging beperk. Die bestaan van hierdie feite en omstandighede is objektief vasstelbaar deur die hof. In Herstigte Nasionale Party van SA v Sekretaris van Binnelandse Sake en Immigrasie, is beslis dat die hoofverkiesingsbeampte `n gebonde diskresie uitoefen ingevolge die eertydse Electoral Consolidation Act. (Diebetrokke artikel het bepaaal dat die verkiesingsbeampte `n politieke party op die skriftelike aansoek darvan as `n politieke party moet registreer. Die verkiesingsbeampte het geweier om die HNP as politieke parte te registreer op grond daarvan dat die stigtingsakte wat ingedien was nie aan die voorskrifte van artikel 35B van die Wet voldoen het nie). Die hof beslis dat die verkiesingsbeampte gebonde was aan objektief bepaalbare feite en voorwaardes wat deur diehof ondersoek kon word. Die hof beslis verder dat as die verkiesingbeampte `n fout begaan het, die hof na die objektief bepaalbare feite en voorwaardes (jurisdiksionele feite) mag kyk en met sy beslissing inmeng.

  45. Jurisdiksionele feite en diskresionêre magte Wanneer `n administratiewe orgaan `n diskresie uitoefen, is hy bevoeg om tussen verskillende moontlikhede van optrede te kies Jurisdiksionele feite beskryf daardie omringende feite en omstandighede waaraan voldoen moet word voordat die diskresionêre mag in werking tree. Om die geldigheid van die uitvoer van `n diskresionêre mag te bepaal moet die howe bepaal of die administrateur hierdie voorvereistes wat neergelê is oorweeg het. Hierdie voorvereistes is vereistes vir die wettige uitvoering van diskresionêre mag – hulle word deur die wetgewer bepaal en die administrateur het geen keuse as om hulle toe te pas nie. Die feite kan ook objektief deur die howe bepaal word.

  46. Baxter verduidelik hierdie jurisdiksionele feite deur te sê dat daar altyd sekere objektiewe beperkinge tot `n mag gaan wees. Daar moet `n rasionele konneksie wees tussen die omstandighede en die besluit (die beoefening van die diskresie). In United Democratic Front v Theron (in hierdie geval het die magistraat die publieke byeenkoms onder die Internal Security Act verbied) het die hof gesê dat die gronde vir die magistraat se verbod was vrees dat die byeenkoms die openbare vrede sal bedreig. Die hof het die die omstandighede ondersoek waarop die magistraat se besluit gebaseer was. Die hof was dus in staat op hierdie manier om te bepaal of daar wel gronde was vir die afkeur. Dus, jurisdiksionele feite dat publieke byeenkoms die openbare vrede kan bedreig. Daarom het magistraat sy diskresie beoefen en dit verbied. Daar moet `n konneksie wees.

  47. Geen publike byeenkoms (beoefen diskresie) Omstandighede wys dat openbare vrede bedreig sal word (omstandighede) Hoekom? Daar moet `n konneksie wees.

  48. Dus, jurisdiksionele feit moet eerste bepaal word – of die publieke byeenkoms die opbenbare vrede sal bedreig of nie. Na die feite ondersoek is = administrateur moet `n diskresionêre besluit maak. Met ander woorde = ja of nee. Ja Nee As die antwoord ja is, moet die diskresie deur die jurisdiksionele feit vooraf gegaan word dat die publieke byeenkoms nie openbare vrede sal bedreig nie As antwoord nee, moet die diskresie deur die jurisdiksionele feit vooraf gegaan word dat die openbare byeenkoms wel die vrede sal bedreig.

  49. Jurisdictional fact and discretionary powers Voorbeeld: Artikel 147 van die Labour Relations Act sê: “If at any stage after a dispute has been referred to the Commission, it becomes apparent that the dispute is about the interpretation or application of a collective agreement, the Commission may, (i) refer the dispute for resolution, (ii) appoint a commissioner.” In this example the facts, jurisdictional facts, relate to a dispute concerning the interpretation or application of a collective agreement. Once it is established that the dispute does relate to the interpretation or application of the collective agreement, the Commissioner may exercise the discretionary power – order a certain course of action – may refer the dispute for resolution or may appoint a Commissioner. Thus, the Jurisdictional fact would be determining whether there is a dispute concerning a collective agreement or not. The discretionary power will then only become relevant when having to refer the dispute or appoint a Commissioner.

  50. Jurisdictional fact and discretionary powers Another example: Section 49(1) of Labour Relations Act: “When considering the representativeness of the parties to a council, or parties seeking registration of a council, the registrar, having regard to the nature of the sector and the situation of the area in respect of which registration is sought, may regard the parties to a council as representative in respect of the whole area…”. In this example, there are certain conditions which must objectively be present, namely the “nature of the sector and the situation of the area in respect of which registration is sought”, before the registrar may exercise his discretion. In this example, the administrator has a discretionary power, but must pay regard to certain factors in exercising that power.

More Related