1 / 16

5 Maart 2014

5 Maart 2014. Raak stil saam met NG Bergsig. Lectio. Luister na God se Woord. Openbaring 1.

ledell
Download Presentation

5 Maart 2014

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 5 Maart 2014 Raakstilsaam met NG Bergsig

  2. Lectio Luister na God se Woord Openbaring 1 1Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien. 2Johannes is die getuie van wat God gesê en wat Jesus Christus bevestig het; hy getuig van alles wat hy gesien het. 3Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby. 4Van Johannes. Aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos

  3. 6en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. 7Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker! 8“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. 9Ek, Johannes, is julle medegelowige, en deur ons verbondenheid met Jesus het ek saam met julle deel aan die verdrukking en aan die koninkryk en aan die volharding. Ek was op die eiland Patmos, waarheen ek verban was omdat ek die woord van God en die getuienis van Jesus verkondig het. 10Op die dag van die Here is ek deur die Gees meegevoer en ek het agter my, so hard soos die geluid van 'n trompet, 'n stem hoor 11sê: “Skrywewatjysien in 'n boek op en stuurditvir die sewegemeentes: Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.” 12Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe ek omgedraai het, het ek sewe goue staanlampe gesien 13en tussen die lampe Iemand soos die Seun van die mens. Hy het 'n lang kleed aangehad en 'n goue band om sy bors gedra.

  4. 14Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur gevlam. 15Sy voete was soos geelkoper wat in 'n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van 'n groot watermassa. 16In sy regterhand het Hy sewe sterre gehad, en 'n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond uit gekom. Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn. 17Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, 18 die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk. 19Skrywe nou op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur.

  5. Meditatio Laat God se Woord insink Dink naoorjoulewe in Rustenburg en in Suid-Afrika. Ons is bekommerdoor die uitwerking van die stakings op die myne op almal van ons. Daarom God se Woorduit die laasteBoek van die Bybel – Openbaring. Boonop veg ons `n vergeefsestryd teen korrupsie, geweld en swakdienslewering. Maar ek het die laastebladsy van die wêreldgeskiedenisgelees… …en allesgaangoedeindig!

  6. Oratio Sê vir God wat jy hoor Want ons Here het die laastesê in alles. En onssaam met Hom! Daarom mag jynouvir die Here sê datjyalles in SuidAfrika en in Rustenburg in syhandelaat. Onsgaanvolledig op Homvertrou. Sêdit in joueiewoorde en taalvir die Here.

  7. Intersessie Bid spesifiek vir… Wysheid en insig vir onsgemeenskapsleiers. Stakings en onderhandelinge op die myne. Vir die mensewatdeur die stakingsgeraak word. Beskerming vir ons land se mense. Die opstande en oorloë in die wêreld. Die verkiesingwat op hande is. Die mensewatfinansieelsukkela.g.v die stakings.

  8. Gebedsversoeke Bid vir die persone op ons gemeente se gebedslys, watvolg. Indienjyhulle ken maak asb. met hullekontak. Bid ookvirandermense waarvanjyweet

  9. Gebedslys TannieGustaJoubert Christa Lourens se kleindogter, Ilané Chris Horn Oom Willie Pretorius Corrie & Johannes BokkieHaasbroek TannieMiemieStrydom HannetjieRaubenheimer Tannie Lien Brittz Ds. Jan van Breda OomDoeksHuman Jerry de Villiers

  10. Tannie Susie du Preez SakkieSchoombee JanesBeukes Jan Scheepers SkalkLouw Susan Vermaak Simon Vets Suzie du Preez MatthyNel EsméKock

  11. Hospitaal Pretoria Johannesburg Belinda Blom Christo Viljoen Edu Steyn Ferncrest LohanNel Oorlede ‘T Peggy Pretorius – Johann Prinsloo se Ma. Word vandagbegrawe.

  12. Sêdankievir… Seëninge Genesings Dat God vir ons sorg

  13. Doxa Eer God vir Wie Hy is! Openbaring 22:8 Dit is ek, Johannes, wat dit alles gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel wat dit alles vir my gewys het, op my knieë neergeval om hom te aanbid. Openbaring 22:9 “Pas op, moenie!” sê hy toe vir my. “Ek is 'n mededienaar van jou en van jou medegelowiges, die profete en dié wat die woorde van hierdie boek ter harte neem. Aanbid God!” Openbaring 22:10 Verder sê hy vir my: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby.

  14. Openbaring 22:11 Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen, en wie vuil is, moet vuil bly; maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly.” Openbaring 22:12 Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Openbaring 22:13 Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. Openbaring 22:14 Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.

  15. Openbaring 22:15 Buitekant is die dwaalleraars, die bedrieërs en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodsdienaars en almal wat valsheid liefhet en doen. Openbaring 22:16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.” Openbaring 22:17 Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet! Openbaring 22:20 Hywatditallesgetuig, sê: “Ja, Ekkomgou!” Amen! Kom, Here Jesus! Openbaring 22:21 Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.

  16. Ekhet die laastebladsy van die wêreldgeskiedenisgelees – en allesgaangoedeindig! Amen!

More Related