1 / 65

Microsoft ® Office Word 2007-opleiding

Microsoft ® Office Word 2007-opleiding. Kom op dreef. Kursusinhoud. Oorsig: Het jy die boodskap gekry? Les 1: Raak bekend met die Strook Les 2: Vind daaglikse opdragte Les 3: Eenvoudige lyste. Die eerste twee lesse sluit ’n lys van voorgestelde take in en almal sluit ’n stel toetsvrae in.

kirk
Download Presentation

Microsoft ® Office Word 2007-opleiding

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Microsoft® Office Word 2007-opleiding Kom op dreef

  2. Kursusinhoud • Oorsig: Het jy die boodskap gekry? • Les 1: Raak bekend met die Strook • Les 2: Vind daaglikse opdragte • Les 3: Eenvoudige lyste Die eerste twee lesse sluit ’n lys van voorgestelde take in en almal sluit ’n stel toetsvrae in.

  3. Oorsig: Het jy die boodskap gekry? Word 2007 is op die mark. Hierdie kursus sal jou help om op dreef te kom. Jy sal leer hoe om goeie dokumente wat professioneel voorkom en wat jou vriende en kollegas beïndruk, te skep.

  4. Kursusdoelwitte • Werk met die Strook — die nuwe eienskap wat Word die maklikste ooit maak om te gebruik. • Vind die daaglikse, algemene opdragte wat nodig is om jou werk te doen.

  5. Les 1 Raak bekend met die Strook

  6. Raak bekend met die Strook Wanneer jy Word 2007 oopmaak, is die eerste wat jy sien die Strook, dit wil sê dié area wat die bokant van Word dek. Tuis Font Paragraaf Die Strook bring die gewildste opdragte na die voorgrond, sodat jy nie op verskeie plekke hoef te soek na dit wat jy die hele tyd doen nie. Dit sal jou werk makliker en vinniger maak.

  7. Gebruik die Strook vir algemene aksies Die Strook bied maklike gebruik en gerief, met alle gewone aksies wat op een plek getoon word. Tuis Plak Font Paragraaf Byvoorbeeld, jy kan teks sny en plak deur die opdragte op die Tuis-oortjie te gebruik; teksformatering verander deur ’n Styl te gebruik en die bladsy-agtergrondkleur op die Bladsy-uitleg-oortjie te verander.

  8. Waaruit bestaan die Strook? Wanneer jy bekend is met die drie dele van die Strook, sal jy beter verstaan hoe om dit te gebruik. Dit bestaan uit oortjies, groepe en opdragte. Tuis Font Paragraaf Oortjies: Die Strook het sewe basiese oortjies dwarsoor die bokant. Elk verteenwoordig ’n aktiewe area. Groepe: Elke oortjie het verskeie groepe wat verwante items saam toon. Opdragte: ’n Opdrag is ’n knoppie, ’n kieslys of ’n blok waar jy inligting kan invoer.

  9. Dialoogblok-beginners in groepe Tuis Font Paragraaf Font Karakterspasiëring Font Sommige groepe het ’n klein diagonale pyltjie in die onderste regterhoek wat die Dialoogblok-beginner genoem word. Klik daarop om meer opsies verwant aan die groep, te sien. Hulle verskyn in ’n dialoogblok wat bekend lyk, of ’n taakruit wat jy van ’n vorige weergawe van Word herken.

  10. Bykomende oortjies verskyn Sekere oortjies verskyn slegs wanneer jy hulle nodig het. Prentnutsmiddels Formaat Prentvorm Prentrand Prent-effek Prentstyle Veronderstel jy voeg ’n prent in en wil meer daarmee doen, soos om dit klein te knip of die vou van teks daaromheen te verander. Waar is daardie opdragte te vinde?

  11. Bykomende oortjies verskyn Sekere oortjies verskyn slegs wanneer jy hulle nodig het. Prentnutsmiddels Tuis Formaat Prentvorm Prentrand Prent-effek Prentstyle Jy het nie nodig om daarna te soek nie. In plaas daarvan: Kies die prent: Die Prentnutsmiddelsverskyn. Klik die Formaat-oortjie. Bykomende groepe en opdragte om met prente te werk, soos die Prentstyle-groep, verskyn.

  12. Die Mini-nutsbalk Sommige formateringsopdragte is so nuttig dat jy hulle beskikbaar wil hê, ongeag wat jy doen. Bladsy-uitleg A23B Veronderstel jy wil sommige teks vinnig formateer, maar jy werk op die Bladsy-uitleg-oortjie. Jykan die Tuis-oortjie klik om meer formatering-opsies te sien, maar daar is ’n korter pad.

  13. Die Mini-nutsbalk Sommige formatering-opdragte is so nuttig dat jy hulle beskikbaar wil hê, ongeag wat jy doen. Bladsy-uitleg A23B Kies jou teks deur die muis te sleep en dan na die keuse te wys. Die Mini-nutsbalk sal op ’n vervaagde manier verskyn. Indien jy na die Mini-nutsbalk wys, sal dit solied word en jy kan ’n formateer-opsie daarop klik.

  14. Die Kitstoegang-nutsbalk Die Kitstoegang-nutsbalk is die klein area aan die boonste linkerkant van die Strook. Tuis Voeg by Kitstoegang-nutsbalk Pasmaak Kitstoegang-nutsbalk... Dit bevat die dinge wat jy elke dag oor en oor gebruik: Stoor, Ongedaan maak en Herhaal. Toon Kitstoegang-nutsbalk onderkant die Strook Minimeer die Strook Die prent toon hoe jy jou ander gunsteling-opdragte by die Kitstoegang-nutsbalk kan voeg, sodat hulle beskikbaar is, ongeag van die oortjie waarop jy is. Jy kan ook knoppies uit die Kitstoegang-nutsbalk verwyder.

  15. Oefenvoorstelle • Gebruik die Strook. • Laat bykomende oortjies verskyn en voeg dan ’n prent in en werk met die Prentnutsmiddels. • Werk met die Mini-nutsbalk. • Gebruik die Kitstoegang-nutsbalk. • Verberg groepe en opdragte.

  16. Toets 1, vraag 1 Wat gebeur as jy hierdie knoppie in Word 2007 klik? (Kies een antwoord.) Jy verberg tydelik die Strook, sodat jy meer plek vir jou dokument het. Jy pas ’n groter fontgrootte op jou teks toe. Jy sien bykomende opsies. Jy voeg ’n opdrag by die Kitstoegang-nutsbalk.

  17. Toets 1, vraag 1: Antwoord Jy sien bykomende opsies. Dikwels sal ’n dialoogblok verskyn en dalk bekend lyk ten opsigte van vorige weergawes van Word.

  18. Toets 1, vraag 2 Waar is die Kitstoegang-nutsbalk en wanneer moet jy dit gebruik? (Kies een antwoord.) Dit is in die linkerkantse boonste hoek van die skerm en jy behoort dit te gebruik vir jou gunsteling-opdragte. Dit sweef bokant jou teks en jy behoort dit te gebruik wanneer jy formaatveranderings wil aanbring. Dit is in die linkerkantse boonste hoek van die skerm en jy behoort dit te gebruik om vinnig toegang tot ’n dokument te verkry. Dit is op die Tuis-oortjie en jy behoort dit te gebruik om ’n nuwe dokument vinnig te laat loop of te begin.

  19. Toets 1, vraag 2: Antwoord Dit is in die linkerkantse boonste hoek van die skerm en jy behoort dit te gebruik vir jou gunsteling-opdragte. Dit is die klein nutsbalk met die Stoor-, Ongedaan maak- en Herhaal-knoppie. Jy kan jou gunsteling-opdragte byvoeg deur regs op ’n opdrag te klik en Voeg by Kitstoegang-nutsbalk te kies.

  20. Toets 1, vraag 3 Die Mini-nutsbalk sal verskyn indien jy watter van die volgende doen? (Kies een antwoord.) Dubbelklik die aktiewe oortjie op die Strook. Kies teks. Kies teks en wys dan daarna. Enige van die bogenoemde.

  21. Toets 1, vraag 3: Antwoord Kies teks en wys dan daarna. Dit sal verskyn as jy jou gekose teks regsklik.

  22. Les 2 Vind daaglikse opdragte

  23. Vind daaglikse opdragte Word 2007 is nuut en dít is opwindend. Maar jy het dinge om te doen. Dit is dus nou die tyd om uit te vind waar die presiese plekke van die mees algemeen gebruikte opdragte is. Byvoorbeeld, waar skep jy ’n dokument? Waar is die kolpunte, die style en die speltoetser? Wat van drukwerk? Hierdie les sal toon dat die nuwe programontwerp daardie opdragte presies plaas waar jy hulle nodig het.

  24. Begin met die Microsoft Office-knoppie Tuis Onlangse Dokumente Nuwe Maak oop Publiseer Maak toe Word-opsies Gaan uit Word Die Microsoft Office-knoppie is die plek waar jy nou in Word begin. Wanneer jy dit druk, verskyn ’n kieslys wat jy kan gebruik om ’n dokument te skep, oop te maak of te stoor.

  25. Wat van style? Stel jy belang in ’n kragtiger en doeltreffender benadering tot formatering as slegs die vetdruk- en kursief-opdrag? Jy sal graag meer wil weet aangaande style in die nuwe Word. ¶ Geen Sp… Opskrif2 ¶ Normaal Opskrif1 Style Jy kan óf ’n pasklaar Kitsstyl, óf ’n styl wat jy voorheen geskep het, kies.

  26. Wat van style? Jy werk met style op die Tuis-oortjie in die Style-groep. ¶ Geen Sp… Opskrif 2 ¶ Normaal Opskrif 1 Die prent toon hoe om die verlangde style te kry. Style Kitsstyle is pasklaar style met ’n professionele voorkoms, wat vinnig en maklik toegepas kan word. En in hierdie Word-weergawe het hulle ’n heel nuwe voorkoms. Klik hierdie knoppie om etlike meer gereed-om-te-gebruik-Kitsstyle te sien. Klik die Dialoogblok-beginner om die Style-ruit oop te maak.

  27. Die Formaat-verwer ’n Ander hoëspoed-formatering-opdrag is Formaat-verwer. Dit is heel links van die Tuis -oortjie in die Knipbord-groep geleë. Tuis Knipbord Font Paragraaf In geval jy nie bekend is met die Formaat-verwer nie, dit is ’n vinnige manier om formatering vanaf een teksgedeelte na ’n ander te dupliseer. Om die Formaat-verwer te gebruik, plaas die merker in die teks waarvan jy die formatering wil kopieer en klik dan die Formaat-verwer-knoppie.

  28. Zoem Nadat jy iets ingevoeg het, moet jy dalk die besonderhede van nader beskou. Dus sal jy definitief wil weet waar om die zoem-kontrole te vind. Kyk in die onderkantse regterhoek. Sleep die glyer na regs om in te zoem en sleep dit na links om uit te zoem.

  29. Gereed om te druk? Jy is gereed om te druk—regtig? Eerstens is dit slim om na te gaan hoe jou bladsye vir die drukker uitgelê is. Bladsy-uitleg Inkeping Alles wat jy nodig het, is op die Bladsy-uitleg-oortjie. Die Bladsy-opstelling-groep bevat Grootte (8.5 x 11, A4, ensovoorts), Oriëntasie (landskap en portret) en Kantlyne.

  30. Ja, reg om te druk Wanneer jy werklik reg is om te druk, gaan terug na die Microsoft Office-knoppie. Tuis Voorbeskou en druk die dokument Nuwe Druk Kies ’n drukker, aantal kopieë en ander drukkeropsies voor drukproses. Maak oop Kitsdruk Stoor Stuur die dokument direk na die verstekdrukker sonder om veranderings aan te bring. Stoor As... Drukvoorskou Voorafbeskou en bring veranderings aan op bladsye voordat daar gedruk word. Druk... Hou in gedagte dat jy nou opsies het: Indien jy die Druk-opdrag klik, kry jy die Druk-dialoogblok. Maar as jy in plaas daarvan na die pyltjie aan die regterkant van die Druk-opdrag wys, sal jy drie bykomende opdragte sien.

  31. Ja, reg om te druk Wanneer jy werklik reg is om te druk, gaan terug na die Microsoft Office-knoppie. Tuis Voorbeskou en druk die dokument Nuwe Druk Kies ’n drukker, aantal kopieë en ander drukkeropsies voor drukproses. Maak oop Kitsdruk Stoor Stuur die dokument direk na die verstekdrukker sonder om veranderings aan te bring. Stoor As... Drukvoorskou Voorafbeskou en bring veranderings aan op bladsye voordat daar gedruk word Druk... Hou in gedagte dat jy nou opsies het: Druk Kitsdruk Drukvoorskou

  32. Agter die skerms Al die eienskappe wat jy elke dag in Word gebruik, is op die Strook en maklik om te vind. Tuis Onlangse Dokumente Nuwe Maak oop Publiseer Maak toe Word-opsies Gaan uit Word Waar dan is die agter-die-skerms-instellings wat nie handel oor die produseer van dokumente nie, maar wat die wyse waarop Word werk, beheer?

  33. Agter die skerms Hoe beheer jy hoe Word Werk? Tuis Onlangse Dokumente Nuwe Maak oop Publiseer Maak toe Word-opsies Gaan uit Word Al hierdie instellings vorm deel van Word-opsies, wat jy sien wanneer jy die Word-opsies-knoppie druk. Dit is op die kieslys wat oopmaak wanneer jy die Microsoft Office-knoppie druk.

  34. Oefenvoorstelle • Voeg ’n kolpuntlys by. • Pas Kitsstyle toe en zoem uit om al die veranderinge te sien. • Verander die Kitsstyl-stel. • Gebruik die Formaat-verwer. • Bring algehele veranderinge met die Bladsy-uitleg-oortjie aan. Probeer dan meer oortjies. • Druk op allerhande wyses.

  35. Toets 2, vraag 1 Jy kan kolpuntlyste met gebruik van opdragte toepas – in watter groep en op watter oortjie? (Kies een antwoord.) In die Paragraaf-groep op die Bladsy-uitleg-oortjie. In die Paragraaf-groep op die Tuis-oortjie. In die Paragraaf-groep op die Voeg in-oortjie. In die Teks-groep op die Voeg in-oortjie.

  36. Toets 2, vraag 1: Antwoord In die Paragraaf-groep op die Tuis-oortjie. Dit is waar jy kolpuntlyste kan toepas. Wenk: Jy kan ook kolpuntlyste toepas deur die Mini-nutsbalk te gebruik. Kom op spoed

  37. Toets 2, vraag 2 Hoe kies jy drukopsies in die nuwe weergawe van Word? (Kies een antwoord.) Klik die Druk-knoppie op die Strook. Klik die Druk-knoppie op die Kitstoegang-nutsbalk. Gebruik die Microsoft Office-knoppie. Óf die eerste, óf die tweede opsie hierbo.

  38. Toets 2, vraag 2: Antwoord Gebruik die Microsoft Office-knoppie. Dit is hier waar jy ook Drukvoorskou oopmaak.

  39. Toets 2, vraag 3 In watter hoek is die zoemkontrole? (Kies een antwoord.) Bo regs. Bo links. Onder links. Onder regs. Kom op spoed

  40. Toets 2, vraag 3: Antwoord Onder regs. In die onder-regterkantse hoek is die kontrole wat jy gebruik om in en uit te zoem. Jy kan ook die Beskou-kieslys gebruik om die zoem-kontroles te sien.

  41. Les 3 Eenvoudige lyste

  42. Eenvoudige lyste Lyste is nuttige komponente van enige dokument, hetsy jy inligting opsom of dit makliker maak om te verwerk. Mercurius Venus Aarde Mars • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Mercurius • Venus • Aarde • Maan • Mars • Phobos • Deimos Genommerde lyste is noodsaaklik om ’n volgorde van inligting te toon. Indien jy nie bekommerd oor volgorde is nie, is ’n kolpuntlys dalk beter. Lyste kan enkelvlak wees waar al die items dieselfde hiërargie en inkeping het, of multivlak wat beteken daar is ’n lys binne ’n lys.

  43. Skep lyste terwyl jy tik Daar is meer as een wyse om ’n lys te begin, maar een van die gewildstes is om die lys outomaties te skep terwyl jy tik. Spasie Periode Periode A • Mercurius • Venus • Aarde • Mars Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Indien jy ’n kolpuntlys nodig het, tik slegs ’n asterisk (*), gevolg deur ’n spasie. Die asterisk verander in ’n kolpunt en jou lys het begin. Wanneer jy die eerste item in jou lys klaar getik het, druk ENTER en ’n nuwe kolpunt verskyn op die volgende reël.

  44. Skep lyste terwyl jy tik Daar is meer as een wyse om ’n lys te begin, maar een van die gewildstes is om die lys outomaties te skep terwyl jy tik. Spasie Periode Periode A • Mercurius • Venus • Aarde • Mars Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Om outomaties genommerde lyste te skep, tik die syfer 1 en ’n punt (1.), gevolg deur ’n spasie. Hierdie is nuut in Word 2007; in vorige weergawes moes jy ENTER gedruk het voordat die lys begin het.

  45. Skep lyste terwyl jy tik Daar is meer as een wyse om ’n lys te begin, maar een van die gewildstes is om die lys outomaties te skep terwyl jy tik. Spasie Periode Periode A • Mercurius • Venus • Aarde • Mars Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Omdat geletterde lyste slegs ’n ander vorm van genommerde lyste is, tik die letter a en ’n punt (a.), gevolg deur ’n spasie om die geletterde lys te begin.

  46. Stop van lyste Jy het die laaste item in jou lys ingevoer. Hoe voltooi jy die lys en stop die kolpunte of nommers om te verskyn? Die prent toon die beste metodes. • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus Voer in Terugspasie Die maklikste manier om te stop om ’n lys te skep, is om ENTER twee maal te druk soos aan die linkerkant getoon. Indien jy iets effens anders nodig het, byvoorbeeld teks wat op dieselfde vlak as die teks of kolpunt daarbokant ingekeep is, gebruik die BACKSPACE-sleutel.

  47. Werk met paragrawe in lyste; plak van lyste Veronderstel jy is besig om ’n genommerde of kolpuntlys te skep en dit is nodig dat sommige van die lys-items subparagrawe bevat, soos aangetoon in die prent. Ongelyste paragrawe Daar is verskeie metodes om hierdie scenario te hanteer; die een wat jy kies, is afkanklik van die toestand van jou dokument en jou persoonlike voorkeur.

  48. Werk met paragrawe in lyste; plak van lyste Veronderstel jy is besig om ’n genommerde of kolpuntlys te skep en dit is nodig dat sommige van die lys-items subparagrawe bevat, soos aangetoon in die prent. Ongelyste paragrawe • Jy kan subparagrawe in ’n lys skep deur SHIFT+ENTER, eerder as slegs ENTER, te druk om elke blok met teks te beëindig. • Om na die subparagrawe voort te gaan met die lys, tik die volgende nommer gevolg deur ’n punt; die lys sal outomaties voortgaan.

  49. Kolpunte of nommers? Het jy die verkeerde tipe lys? Jy het begin met kolpunte, maar dink nou dat nommers beter sou wees of omgekeerd? Moenie bekommerd wees nie, dit is maklik om van die een na die ander om te skakel. Tuis Paragraaf Font • Mercurius • Venus | Klik slegs iewers in jou lys en klik dan die Kolpunte- of Nommering -knoppie op die Strook.

  50. Kolpunte of nommers? Jy kan ook hierdie knoppies gebruik om nuwe lyste te begin. Tuis Paragraaf Font • Mercurius • Venus Klik die knoppie en begin tik om jou eerste lys-item te skep, of kies die teks wat jy reeds getik het en klik die Kolpunte of Nommering-knoppie om elke paragraaf in ’n lys-item te verander.

More Related