1 / 18

6de Sondag in Lydenstyd ( Palmsondag )

6de Sondag in Lydenstyd ( Palmsondag ). God nooi ons uit en ons kom tot rus.

judith-vega
Download Presentation

6de Sondag in Lydenstyd ( Palmsondag )

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 6de Sondag in Lydenstyd(Palmsondag)

  2. God nooi ons uit en ons kom tot rus

  3. Voorganger: Loof Hom wat in die naam van die Here kom!Gemeente: Hosanna vir die Seun van Dawid!Voorganger: Mag die Here met julle wees.Gemeente: En ook met jou.Voorganger: Here, God van ons verlossing, verleen in genade aan ons u bystand terwyl ons naderkom om u groot dade te oordink, die groot dade waarmee U vir ons die ewige lewe bewerk het; deur u Seun, Jesus Christus, ons Here.Gemeente: Amen.

  4. Herinnering aan Jesus se intog in Jerusalem Voorganger: Kom ons dank die Here ons God. Gemeente: Dit is gepas dat ons dank en lof aan die Here bring. Ons loof en dank U, o God, vir die groot liefdesdade waarmee u ons verlos het deur u Seun Jesus Christus, ons Here. Op hierdie dag het Hy die heilige stad Jerusalem triomfantelik binnegegaan en is Hy deur die skares as Seun van Dawid en Koning van die konings verwelkom. Help ons dat ons Hom altyd sal eer as ons Here en Koning En Hom sal volg met volkome vertroue.

  5. Ons vra dit in sy Naam, Hy wat saam met U En die Heilige Gees leef en regeer. Een God, nou en vir ewig. Amen. Voorganger: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Gemeente: Hosanna vir die Seun van Dawid.

  6. Godpraat met ons en ons luister

  7. Familie-oomblik

  8. Psalm 31 10 Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my. 11 My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam uit. 12 Ek is die spot van al my teëstanders, veral van my bure, 'n verskrikking vir al my bekendes. Dié wat my op straat sien, vlug vir my. 13 Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is, ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan. 14 Ek hoor dreigemente van baie; dit dreig van alle kante af. Baie span teen my saam en smee planne om my lewe te neem. 15 Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. 16 My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers! 17 Verskyn tog tot my redding, red my deur u onfeilbare liefde.

  9. Ons nood bepaal nie God se trou nie.

  10. "Wanneer ons luister na wat Paulus te sê het oor geloof, ... moet ons besef dat ons besig is om te luister na 'n gelowige wat net soos ons weet van die hoogtes en die dieptes, die blydskap en die droefheid, die vrede en die onrus van 'n lewe in geloof".

  11. "Ek het die goeie stryd gestry." 1983-vertaling: "Ek het die goeie wedloop afgelê." - 2 Tim 4:7

  12. Romeine 8: 37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here is nie.

  13. "Nie alleen het Hy sy kant gebring deur die fondament van ons geloof in Jesus Christus vas en seker te maak nie, maar Hy het ook vir ons ons kant gebring deur in ons 'n geloof te bewerk wat nie ophou nie, selfs wanneer dit vir ons voel die geloof nie meer daar is nie" (JJF Durand). Durand

  14. God stuur ons om te leef

  15. Volgende erediens:18 – 21 April: Groot Lydensweek22 April: Goeie Vrydag (Jes 52: 13-53:12).

More Related