1 / 107

Die Pad van Waarheid tot die Lewe BybelVertalingsProjek

Die Pad van Waarheid tot die Lewe BybelVertalingsProjek. Finansies Hoe om finansieël in Sy wil te leef?. Money Talks But Mine Only Says Goodbye.

jaser
Download Presentation

Die Pad van Waarheid tot die Lewe BybelVertalingsProjek

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die Pad van Waarheid tot die LeweBybelVertalingsProjek

  2. FinansiesHoe om finansieël in Sy wil te leef?

  3. Money Talks But Mine Only Says Goodbye.

  4. 2 Kor 8:1-31 Ons maak aan julle bekend, broers, die onverdiende guns van God wat aan die gemeentes van Makedonia gegee is, 2 dat, onder baie toetse van stryd, hulle oorvloedig was in blydskap en dat, die diepte van hulle armoede, oorvloedig gemaak is in die rykdom van hulle vrygewigheid,3 want hulle was na vermoë, ek getuig dit, bo vermoë, uit hulleself gewillig.

  5. Die verstaan van Onverdiende GunsMaak ons harte en hande oop vir ander. As ek verstaan hoe vrygewig Vader teenoor my was. So hoe kan ons daaraan dink om vir ander te gee as ons self sukkel om deur te kom? Die sleutel is ons ervaring van Vader se Onverdiende Guns. Om te gee is ‘n seën, nie ‘n las.

  6. - Onverdiende Guns bring oorweldigende blydskap tydens groot beproewinge. - Onverdiende Guns stel jou in staat tot groot vrygewigheid, selfs in diepe armoede. - Onverdiende Guns verander my fokus van wat ek kan kry na wat ek kan gee. - Onverdiende Guns verander my natuurlike geaardheid van “wil hê” na “wil help.” - Onverdiende Guns is verpersoonlik in Yeshua, wat “alhoewel Hy ryk was, vir ons onthalwe arm geword het, sodat ons deur Sy armoede ryk kon word.” Om te gee is nie ‘n las, maar ‘n onverdiende guns waarin ons geroep word om in uit te blink.

  7. Deut 28:12hwhysal Sy goeie stoorkamer, die hemele, vir jou oopmaak om reën te gee vir jou land in sy seisoen en om al die werk van jou hand te seën en jy sal aan baie nasies uitleen, maar jy sal nie leen nie.

  8. Hoe is dit moontlik?

  9. * Eksalaanhwhy-God top prioriteit gee in my lewe. Mat 6:33.* Eksalsoek om tegroei in die kennis van hwhy-God en Systandaarde. Spr 2:3-5* Eksal al my finansiëleregteaanhwhy- God oorgee. Fil 2:5-6.* Eksal my finansiële sake op so manierbedryf as om hwhy-God se Naamgroottemaak. 1 Kor 10:31.

  10. * Ek sal hwhy-God nederig vra vir die voorsiening van my behoeftes. Fil 4:6* Ek sal hwhy-God as my bron aanvaar en vertrou dat Hy in al my behoeftes sal voorsien. Fil 4:18-19.* Ek sal dankbaar wees teenoor hwhy-God vir wat Hy voorsien. 1 Thes 5:18.* Ek sal in gedagte hou dat hwhy-God belowe om te voorsien in my basiese behoeftes en nie in my begeertes nie. 1 Tim 6:8.

  11. * Eksalonthoudathwhy-God meerbelangsteldaarin om my karakterteontwikkel as om my ryktemaak. 3 Yog 2,Ya'akov 1:3+4.* Eksal ‘n Bybelselewensstylleef en streef om beleggings met ewigewaardestemaak.1 Yog 2:15. Mat 6:20. 1 Tim 6:18-19.* Eksalnie geld aan ‘n medegelowigeleen teen rentenie. Eks 22:25

  12. My finansies en Gee

  13. * Ek sal my Tiendes & Offerandes gee vir die werk van hwhy. Mal 3:10, 2 Kor 9:7* Ek sal gee wat ek kan vir die armes en behoeftiges.( Almoese ) Spr 19:17, Ps 41:1-3* Ek sal vrylik gee aan my vrou. 1 Kefa 3:7* Ek sal eienaarskap van alles wat ek is en het oordra aan hwhy. Mark 10:29-30.

  14. 2 Kor 8:3" want hulle was na vermoë, ek getuig dit, bo vermoë, uit hulleself gewillig,"‘n Studie van hierdie en die volgende verse openbaar ‘n gesindheid wat anders is.

  15. My finansies en persoonlike lewensbestuur

  16. * Ek sal finansiële vryheid verkry. Spr 22:7. Mat 6:24.* Ek sal nie skuld hê nie. Rom 13:8. Spr 3:27.* Ek sal spaar om dit wat ek nodig het kontant te koop. Spr 21:20.* Ek sal ‘n begroting opstel en my bes doen om daarbinne te leef. Spr 16:9. Spr 24:3. Fil 4:11.

  17. * Ek sal nie met ander kompeteer om my status te handhaaf of te wys nie. Fil 2:3.* Ek sal hard werk om my salaris, inkomste of voorsiening te verdien. Ef 6:7, 2 Thes 3:10* Ek sal eerlik wees in al my sake. Spr 11:1, Mat 7:12.* Ek sal nie borg staan nie. Spr 6:1-5.* Ek sal nie in vennootskap gaan met ‘n on- gelowige wat nie hierdie begisels aanvaar nie. 2 Kor 6:1-4.

  18. Hoe ontvang ek?

  19. 1. Absolute vertroue in die karakter van hwhy Vertrou Hom in wat Hy sê en doen.2. Absolute oorgawe aan die wil van hwhy. Vertrou Sy wil is die beste vir jou.3. Absolute gehoorsaamheid aan die Woord van hwhy.4. Absolute sekerheid in jou verhouding met Hom.5. ‘n Intense begeerte om hwhy te sien werk.6. ‘n Voortgaande bevestiging van ons vertroue in Sy beloftes vir ons.

  20. Toets jouself

  21. * hwhy se kinders moet depositos maak wat ewige dividende voortbring.* hwhy gee verskillende gawes en verwag vrug daarop.* Niks behoort aan ons, alles aan hwhy* Moenie gee wanneer jy dit nie meer nodig het nie. Gee wanneer iemand anders dit nodig het.

  22. * Daar is weinig mense wat baie geld het en ryk is terselftertyd.* Moenie gee met ander motiewe, selfverryking of vir ‘n prys nie.* hwhy vra altyd alles.* Glo jy die Bybel? Wys jou bankrekening dat jy glo?

  23. * Jy is verantwoordelik vir die huidige behoeftes en nie om te spaar vir moontlike toekomstige behoeftes nie.* Sit jou geld waar jou mond is. Wees versigtig vir leë woorde.* Meeste mense het nie ‘n visie van die ewigheid nie.* Beplan altyd om ander in ag te neem. Jy is nie die belangrikste nie.

  24. * hwhyhet nie ‘n bevredigings-punt nie* Jy kan nooit meer gee as hwhy-God* Wat doen jy en jou Kerk met hwhy se geld?* Gee jy om te ontvang, of om meer te gee, hwhy te laat oplig en groot te maak.

  25. Mark 6:31-44Die voeding van die 5000

  26. 1. Inspirasie2. Delegasie3. Organisasie4. Gebruik5. Vermenigvuldiging6. Bereiking7. Bewaring en oorvloei

  27. 1. Inspirasie:Die studentevolgelinge het gevoel hulle het genoeg gedoen "stuur hulle weg” - Yeshua inspireer hulle met ‘n visie om meer te doen.“gee vir hulle om te eet" – Ons moet van Vader hoor en nie ons eie mooi plannetjies uitwerk nie.

  28. 2. Delegasie:Die kos het nie wonderbaarlik in die hande van die mense verskyn nie. Hy het aan mense verantwoordelikhede gegee waardeur Hy die vorsiening gewerk het.

  29. 3. Organisasie:Hy het hulle almal beveelom in groepe te gaan sit. Ons moet wyse en stabile organisasie hê.

  30. 4. Gebruik:Ons moet begin om te gebruik wat ons het, selfs al is dit net 5 brode en 2 visse. Ons begin deur te gee wat ons is en het vir Hom en sal verbaas wees wat Hy in staat is om daarmee te doen. Jy kan nie gee wat jy nie het of besit nie.

  31. 5. Vermenigvuldiging:Al ons beplanning en beginsels sal nie werk as ons nie die God van die onmoontlike ontmoet het nie; die God van wonderwerke. Die studente-volgelinge het geweet hulle kan nie die taak doen met wat hulle het nie, maar moes vertrou en gehoorsaam en die wonderwerke sien. Ons kan net hierin beweeg as ons leef in samewerking met die God van wonderwerke.

  32. 6. Bereiking:Ons kan ons doel bereik. Die opdrag is uitgevoer en behaal.

  33. 7. Bewaring en oorvloei: Laastens het Yeshua gesê dat hulle nie moet mors nie en wat oor is optel. God voorsien oorvloedig, maar dit moet nooit gemors word nie. Spandeer met wysheid. Toe was daar 12 mandjies oor. Bedien ander en hwhy-God sal ook oorvloediglik in jou behoeftes voorsien.

  34. Gee in Vertroue is wanneer hwhy-GOD deur jou gee dit wat Hy andersins nie vir jou sou gee, as Hy jou nie vertrou het om dit aan te gee nie. Dit is nie om te gee wat jy nie het nie.

  35. - Vertrou God en hoor van Hom hoeveel Hy deur jou aan ‘n persoon in Sy diens wil gee!!- Nie volgens jou vermoë nie, maar volgens Syne. - Vertrou hwhy-God daarvoor en wag totdat jy dit op die regte tyd ontvang. - Weet dat jy altyd Sy voorsiening sal ontvang vir Sy wil en doel.- Soms gee Hy eers en verwag jy moet Sy wil en doel daarmee uitvind.

  36. hwhy-God se beloftes aan gewers

  37. Spr 3:9-109 Vereer hwhy met jou besittings en met die eerste vrugte van al jou inkomste 10 en jou skure sal vol gemaak word met oorvloed en jou parskuipe sal oop bars van nuwe wyn.

  38. Spr 22:99 Hy wat ’n goeie oog het (vrygewig is) sal geseënd wees, want hy gee van sy kos vir die armes.

  39. Pred 11:1Gooi jou brood uit op die waters, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind.

  40. Yes 58:6-116 Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: om die bande van boosheid los te maak, die stroppe van die juk af te haal, die onderdruktes te laat vrygaan en elke juk stukkend te breek? 7 Is dit nie om jou brood met hulle wat honger is te deel en die daklose arme in jou huis in te bring nie? Wanneer jy iemand sien wat kaal is, om hom te bedek en nie een van jou eie vlees weg te wys nie? 8 Dan sal jou lig uitbreek soos die sonsopkoms en jou genesing skielik uitspruit en jou onpartydigheid en opregtheid sal voor jou uit gaan; die eer, lof en aanbidding van hwhy sal jou agterhoede wees.

  41. 9 Dan sal jy roep en hwhy sal antwoord; jy sal uitroep en Hy sal sê: ‘Hier is Ek!’ As jy die juk, die vingerwys en die bose gepraat uit jou midde verwyder 10 en jou brood gee vir die wat honger is en die geteisterdes se begeertes vervul; dan sal jou lig skyn in duisternis en jou donkerheid sal wees soos die middag. 11 hwhy sal jou voortdurend lei en jou begeerte versadig in geskroeide plekke en krag gee aan jou gebeente en jy sal wees soos ’n natgeleide tuin en soos ’n fontein van water waarvan die water nooit ophou nie.

  42. Mal 3:8,108 “Mag ’n mens God beroof? Tog beroof julle My, maar julle sê: ‘Hoe het ons U beroof?’ In tiendes en offergawes. 9 Julle is met ’n vloek vervloek, want julle, die hele nasie, steel van My! 10 Bring die hele tiende na die stoorkamer sodat daar kos in My huis kan wees en toets My nou hierin,” sê hwhy-Tzva’ot, “of Ek nie vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak en vir julle ’n seën sal laat uitvloei totdat dit oorloop, nie,

  43. Mat 10:42 en elkeen wat vir een van hierdie kleintjies net ’n koppie koue water gee om te drink, volgens die karakter en outoriteit van ’n studentevolgeling, dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal nie sy beloning verloor nie.”

  44. Mat 19:21-3021 Yeshua sê vir hom: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee dit aan die armes en jy sal ’n skat in die hemel hê en kom hier, volg My,” 22 maar toe die jongman dié boodskap hoor, het hy bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. 23 Yeshua sê vir Sy studentevolgelinge: “Dit is waar, Ek sê vir julle, dit is moeilik vir ’n ryk man om in die Koninkryk van die hemel in te gaan. 24 Ek sê weer vir julle, dit is makliker vir ’n kameelhaartou om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.” 25 Toe sy studentevolgelinge dit hoor, was hulle baie verbaas en sê: “Wie kan dan lewe?”

  45. 26 Yeshua het na hulle gekyk en vir hulle gesê: “Vir mense is dit nie moontlik nie, maar by God is alle dinge moontlik.” 27 Toe antwoord Kefa en sê vir Hom: “Let op, ons het alles verlaat en saam met U gekom, wat sal dan vir ons gedoen word?” 28 Yeshua sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, dat julle wat saam met My ingaan in die Nuwe Wêreld, wanneer die Seun van die mens op Sy troon van Gemanifesteerde Teenwoordigheid sit, ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Yisra’el sal oordeel 29 en elkeen wat ’n huis of ’n broer of ’n suster of ’n vader of ’n moeder of ’n vrou of kinders of dorpe ter wille van My Outoriteit en Karakter verlaat het, sal elkeen honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe erf, 30 maar baie wat eerste is, sal laaste wees en die wat laaste is, sal eerste wees,

  46. Mat 25:34-4034 Dan sal die Koning vir dié aan Sy regterhand sê: ‘Kom, julle geseëndes van My Vader, kom erf die Koninkryk wat vir julle voorberei is vanaf die ontstaan van die heelal af, 35 want Ek het honger gehad en julle het vir My kos gegee; Ek het dors gehad en julle het vir My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling en julle het My ontvang; 36 Ek was kaal en julle het My aangetrek; Ek was siek en julle het My versorg; Ek was in die tronk en julle het My besoek.’ 37 Dan sal die onskuldiges Hom antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors en te drinke gegee 38 en wanneer het ons gesien dat U ’n vreemdeling is en U ontvang; of kaal en U aangetrek 39 en wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40 Die Koning sal antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate waarin julle dit gedoen het vir een van die onbelangrikste van hierdie broers van My, het julle dit vir My gedoen.’

  47. Luka 6:38Gee en aan julle sal gegee word, ’n goeie maat wat ingestamp en oorlopend is, sal hulle in julle skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.”

  48. 2 Kor 9:6-12Meer nog, dit: wie spaarsamig saai, sal ook spaarsamig oes en wie volop saai, sal ook volop oes. 7 Elkeen gee soos hy besluit het in sy verstand, wil en emosie, nie treurig of uit verpligting nie, want God het ’n vreugdevolle gewer lief. 8 God is in staat om alle onverdiende guns in julle te vermeerder sodat julle altyd in alles genoeg kan hê en julle oorvloedig kan wees in elke goeie werk. 9 Soos geskrywe is: “Hy het uitgedeel en aan die armes gegee, Sy onpartydigheid en opregtheid bly tot in ewigheid.”

  49. 10 Meer nog, Hy wat saad gee aan die saaier, gee brood om te eet en Hy sal vir julle saad gee en dit vermeerder en die vrug van julle onpartydigheid en opregtheid vermeerder 11 sodat julle in alles verryk kan word met die volle regte van ’n erfgenaam, wat deur ons dankbaarheid tot God volmaak gemaak word, 12 omdat die bediening van hierdie dienswerk nie alleen voorsien in die behoeftes van die afgesonderdes nie, maar ook oorvloei tot baie dankbaarheid tot God.

  50. Hebr 6:10want God is nie boos, dat Hy julle dade en die liefde wat julle in Sy Karakter en Outoriteit gewys het, deurdat julle die afgesonderdes bedien het en nog bedien, sal ignoreer nie. 11 Ons begeer van elkeen van julle dit: ywer vir die volmaaktheid van julle versekerde verwagting, tot die einde toe 12 en dat julle nie sal verflou nie, maar dat julle navolgers sal wees van hulle wat deur vertroue en langdurige geduld erfgename van die belofte geword het,

More Related