1 / 36

Die dienskneg is nie groter as sy Heer nie…..

Die dienskneg is nie groter as sy Heer nie…. …soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle…. Joh 20 vers 21. Joh 13:16 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie , en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.

hue
Download Presentation

Die dienskneg is nie groter as sy Heer nie…..

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die dienskneg is nie groter as sy Heer nie….. …soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle…. Joh 20 vers 21

  2. Joh 13:16Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. Joh 13:17 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen. Joh 13:18Ek spreek nie van julle almal nie--Ek weet wie Ek uitverkies het--maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.

  3. Vorige Sondag se boodskap: • Ou waarheid van Israel weer afgestof • Aktueel aangebied spesifiek vir ons Boere hier in SA • Dag tot dag verdrukking en vernietiging gekoppel aan Deut 28 – vloek. • Hulle / ons – die vyand, ‘n ontelbare leermag in YHWH se hand • Sifting van die koring • So duidelik om te sien en verstaan… ...wie sal dan nou nie so ‘n eenvoudige waarheid kan verstaan nie?

  4. Almal moet dit hoor… Mens voel weer opnuut oortuig dat daar geen twyfel is dat, as die volk dit net kan hoor, hul dit dadelik sal insien nie. Die verspreiding van die woord, soos saad wat in ‘n koringland gesaai word, moet met nuwe drif aangepak word! Maar kom ons staan net een tree terug, en gaan leer by die Meester – kom ons laat al die stereotiepes van sending en evangeliesasie agter ons, wat deur eeue in ons verwysingsraamwerk ingeprent is deur die humanisme (kerke), en ons doen soos die Meester gedoen het.

  5. Landbou – vee en gewasse as gelykenis Ons Meester het altyd gebruik gemaak van bekende beelde om Sy Woord aan die massas wat luister, bekend te maak. Die beelde was maklik genoeg om te verstaan – maar die openbaring van die betekenis, was nie so algemeen nie. By verre die grootste deel van die beelde wat Hy gebruik het, was verwant aan die landbou – vee en gewasse.

  6. Koring ……dan word die koring geoes en in gerwe gebind ……

  7. Koring die gerwe word op die dorsvloer gelê en esels trap die gerwe sodat die koring korrels los kom van die strooi, en die harde doppies om die vet koringkorrels bars en afspring – dis die kaf

  8. Koring …maak seker daar is geen vals koring onkruid wat saam met die koring are op die dorsvloer land nie, want as dit eers saam met die koringare ingetrap word, word die hele spul onmoontlik om te sky…

  9. Koring …dit is die maklikste om die vals koring te skei wanneer dit are vorm, want dan eers lyk dit anders as die koring – tot dan, is dit net so groen en mooi as koring self…

  10. Koring die strooi word op hope gestoot om verbrand te word …

  11. Koring …… die koring korrels en kaf word gesky…. terwyl die landbouer die getrapte koring op die dorsvloer met skopgraaf hoog die lug inskiet…… ...dit werk beste op winderige dae, wanneer die ligte kaf doppies vinnig deur die wind geskep, en in die velde in gewaai word…….

  12. Koring …….die swaarder koring korrels val soos lente reën, swaar en ploffend terug na die dorsvloer, net om weer opgeraap te word en saam met die volgende graaf vol koring en kaf, die lug in te vlieg……minder en minder word die kaf met elke graafswaai, en meer en meer gereeld vlieg die korrels die lug in, om weer terug te val…

  13. Koring …wanneer die volle inhoud van die graaf soos een nat sandvrag terugval op die dorsvloer, en geen kaf meer wegflits in die wind, kom die landbouer tevrede regop, en rus sy moeë rug.

  14. Wat leer ons uit die kort landbou les mbt koring se dorsprosses? • Die doel van koringverbouing is om brood te bak vir voedsel • Brood word met koringkorrels gebak – die strooi en kaf is nutteloos en word verbrand • Dis maklik om die strooi te verwyder, want dit is stokkerig en verskil grootliks van die korrel – dit kan maklik weggestoot en afgesif word. • Dit is moeliker om die kaf (doppies) wat om die koring is te verwyder, want dit kan nie afgesif word nie – dit val ook deur as dit gesif word. • Al wat die kaf wegvoer, is wind en die opskiet van die koring. Windlose dae is van geen nut wanneer dit by kaf skeiding kom nie. • Namate die kaf minder word, word die koring meer gereeld die lug ingeskiet. • As valskoring nie voor die dorsprosses verwyder word nie, maak dit die hele oes nutteloos – mens kan nie brood bak van koring wat met valskoring besmet is nie – ook kan mens dit nie weer as saad gebruik nie.

  15. Vier plekke waar saad val Mat 13:3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: 'n Saaier het uitgegaan om te saai; Mat 13:4 en terwyl hy saai, val 'n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. Mat 13:5 En 'n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie; Mat 13:6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. Mat 13:7 En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik. Mat 13:8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd--, die ander sestig--, die ander dertigvoudig. Mat 13:9Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! Mat 13:10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? Mat 13:11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Mat 13:12Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. Mat 13:13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. Mat 13:14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

  16. Let op – inhoud van gelykenis • Die Woord van die Koningkryk val op vier tipe mense – daar is vier tipe mense wat daar staan en luister na hom • Tipe 1 – geen potensiaal tot bekering • Tipe 2 – geen potensiaal tot redding • Tipe 3 – potensiaal tot bekering en redding, maar maak verkeerde keuses • Tipe 4 – potensiaal tot bekering, redding en maak die regte keuses – is uitverkies • Tipe 1 lyk soos ‘n pad, en kan onderskei word – lyk nie soos vrugbare grond • Tipe 2 – Lyk na grond, maar lê langs (naby aan) die pad. Kan maklik verkeerdelik aangesien word as Tipe 3 & 4, maar sy nabyheid aan Tipe 1, maak sy ware aard duidelik. • Tipe 3 & 4 – Is identies, met dieselfde potensiaal, maar keuses maak die verskil.

  17. Let op – manier van prediking • Hy spreek met al vier tipes in een skare voor Hom. • Hy spreek deur gelykenisse, beteken dat die verhaal twee betekenisse het – dit wat die vleeslike oor kan hoor, en dit wat deur geestelik openbaring duidelik word. • Hy deel hierdie wysheid met sy vertrouelinge – dat baie van die wat hier staan, nie tot bekering kan of wil kom nie. • Hy maak geen poging om sy gelykenis te verduidelik aan die skare, sodat hul wat nie die geestelike boodskap sien, dit wel kan insien nie. • Hy sê aan die skare dat die wat ore het, moet luister – die wat nie het nie, sal niks hoor nie – Hy praat nie van vleeslike ore nie. • Mar 4:34 en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.

  18. Oor die Koningkryk – slegte en goeie saad : Soos Hy dit aan die skare vertel Mat 13:24 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het; Mat 13:25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. Mat 13:26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook. Mat 13:27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? Mat 13:28 En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak? Mat 13:29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. Mat 13:30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.

  19. Oor die Koningkryk – slegte en goeie saad : Sy dissipels wil verstaan Mat 13:36 Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jahshua huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand. Mat 13:37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, Mat 13:38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad--dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, Mat 13:39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Mat 13:40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: Mat 13:41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, Mat 13:42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Mat 13:43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

  20. Oor die Koningkryk – slegte en goeie saad : Wat lees ons in die OT Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. Deu 22:9 Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom: die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd. Jer 2:21 Nogtans het Ek jou geplant as 'n edele wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van 'n vreemde wingerdstok! Jer 31:27 Kyk, daar kom dae, spreek Jahweh, dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere. Jer 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek die Jahweh, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond sal sluit; Jer 31:33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek Jahweh: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. Jer 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken Jahweh; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek Jahweh; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

  21. Oor die Koningkryk – slegte en goeie saad : Wat lees ons in die OT Sag 8:12 Want die saad van vrede, die wingerdstok, sal sy vrug gee, en die aarde sy opbrings lewer, en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie dinge laat beërwe. Sag 8:13 En soos julle 'n vloek gewees het onder die nasies, o huis van Juda en huis van Israel, so sal Ek julle verlos, dat julle 'n seën kan wees. Wees nie bevrees nie, laat julle hande sterk wees. Sag 8:14 Want so sê Jahweh van die leërskare: Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sê die Jahweh van die leërskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie-- Sag 8:15 so het Ek My weer voorgeneem om in hierdie dae goed te doen aan Jerusalem en die huis van Juda. Wees nie bevrees nie. Sag 8:16 Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en 'n regspraak van vrede in julle poorte! 1Pe 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

  22. Oor die Koningkryk – slegte en goeie saad : Wat lees ons in die OT 1Jo 3:8 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. 1Jo 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore. 1Jo 3:10Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. 1Jo 3:11 Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê; 1Jo 3:12 nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.

  23. Oor die Koningkryk – slegte en goeie saad : Wat lees ons in die OT Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. Joh 6:64Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jahshua het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai. Joh 6:65 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. Joh 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.

  24. Oor die Koningkryk – slegte en goeie saad : Wat lees ons in die OT Joh 8:39 Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jahshua sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen; Joh 8:40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie. Joh 8:41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God. Joh 8:42En Jahshua sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. Joh 8:43Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. Joh 8:44Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan. Joh 8:45Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie. Joh 8:46 Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie? Joh 8:47Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

  25. U moet sien dat: • Alles en almal nie bekeerbaar is nie – daar is ten minste twee duidelike sade. • Hierdie twee saadlyne saam bestaan op aarde, en dat “gemeng” voorkom. Hul voorkoms (uiterlik) is identies, maar hul harte is nie – hul het twee vaders, maar dieselfde moeder – hul is halfbroers, maar staan in vyandskap (Esau/Jakom, Kain/Abel, Isak/Ismael ens) • Slegs die vrugte maak dit moontlik, selfs vir die engele, om tussen hul te onderskei. • Ter wille van die goeie saad, word die Woord oor die totale versameling van mense verkondig – tot redding van die kinders van YHWH wat dit hoor en Sy stem herken, en tot veroordeling van die Bose se geslag, wat dit hoor, en nie kan verstaan en glo, en bekeer nie.

  26. Oor die Koningkryk – slegte en goeie saad : Soos dit kon klink in lig van bg. Ek het suiwer saad op die wêreld gesaai, ‘n geslag wat rein is; maar terwyl Adam nie gewaak het nie, het my vyand, die Satan gekom en sy onrein saad onder my geslag gesaai en weggegaan. En toe die nageslag van Adam begin vermeerder, en hul optredes en dade aan die lig begin kom, het die engele opgemerk dat al die adamiete se dade nie rein is nie, maar dat sekere van hul die dade van die Satan doen. En My engele het gekom en vir my gesê: Meester, is dit dan nie U goeie geslag wat op die aarde is nie? Waar kom dan nou hierdie geslag van die bose vandaan? En ek antwoord hulle: Die Satan het sy geslag in My geslag gaan vermeng. Toe sê die engele vir my: Wil u dan hê dat ons moet gaan en die mensdom verdelg? Maar Ek antwoord: Nee, dat julle nie ook my geslag uitwis en tot niet maak, terwyl jul die bose geslag uitwis nie. Laat die mensdom eers saam ontwikkel en vermeerder, tot die tyd wat ek bepaal. Dan sal ek kom en ‘n saak doen in hul midde, wat elke een se dade sal voortbring – vir die slegte, slegte dade (vrugte), en vir die goeie saad, goeie dade. Dan sal Ek jul opdrag gee om die bose geslag bymekaar te roep, en ek sal hul uitdelg met die vuur. My geslag, wat die dade wat pas by my aard doen, sal ek neem en suiwer deur dit wat nutteloos is van hul te verwyder, en my Gees deur hul te blaas sodat alles wat onrein is van hul sal afblaas – dan sal Ek hul versamel in my Paradys, en saam bring na die feesmaal om fees te hou.

  27. Strikvraag – Maak dissipels van al die nasies…? Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Mar 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Mar 16:16Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Mar 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, Mar 16:18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Mar 16:19 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. G1484 εeth'-nos Probably from G1486; a race (as of the same habit), that is, a tribe; specifically a foreign (non-Jewish) one (usually by implication pagan): - Gentile, heathen, nation, people.

  28. 15 He said to them, "Go into all the world, and preach the gospel to the whole creation. 16He who believes and is baptized will be saved; but he who disbelieves will be condemned. Strikvraag – Maak dissipels van al die nasies…? G2889 kos'-mos Probably from the base of G2865; orderly arrangement, that is, decoration; by implication the world (in a wide or narrow sense, including its inhabitants, literally or figuratively [morally]): - adorning, world.

  29. Antwoord – Maak dissipels van al die nasies…? Hand 16:10 En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig. Hand 16:14 En 'n vrou met die naam van Lídia, 'n purperverkoopster van die stad Thiatíre, 'n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is. Hand 2:5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. Hand 2:6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; Hand 2:7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? Hand 2:8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? Hand 2:9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië, Hand 2:10 Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote,

  30. Antwoord – Maak dissipels van al die nasies…? Deu 28:64 En die Jahweh sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie. Deu 30:3 dan sal die Jahweh jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die Jahweh jou God jou verstrooi het. Deu 30:4Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die Jahweh jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal. Deu 30:5 En die Jahweh jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders. Deu 30:6 En die Jahweh jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Jahweh jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe. Deu 30:7 En die Jahweh jou God sal al hierdie vloeke op jou vyande en op jou haters lê wat jou vervolg het. Deu 30:8 Maar jy sal weer na die stem van die Jahweh luister en al sy gebooie doen wat ek jou vandag beveel. Isa 11:12 en Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.

  31. Antwoord – Maak dissipels van al die nasies…? Mat 10:5Jahshua het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie; Mat 10:6maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. Mat 10:7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. Mat 10:14 En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af. Mat 10:23 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie. Mat 10:24'n Leerling is nie bo die meester nie en 'n dienskneg ook nie bo sy heer nie. Mat 10:25 Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote! Mat 10:34Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Mat 10:35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en 'n skoondogter en haar skoonmoeder.

  32. Antwoord – Maak dissipels van al die nasies…? • Ons het reeds gesien dat daar twee sade in die wêreld is, en dat hul vermeng geraak het. Satan sorg dat hul gemeng bly, want so hou hy die oes waardeloos, en beskerm hy sy geslag van die toorn van Jahweh. • Jahshua stel dit duidelik dat Sy prioriteit daarby lê dat elkeen van sy geslag gered word – daarom is die engele nie toegelaat om die vals koring te verwyder nie – ter wille van die koring. Vir die lewendmakende (opwekkende) Woord van Jahweh om by elke kind van Vader in verstrooing uit te kom, moet die saad (Woord) wyd gesaai word – oor pad, langs pad, tussen onkruid. • Die bevel om die hele wêreld in te gaan, is duidelik in lyn, en heeltemal logies in lig van die gelykenisse van die twee sade, verstrooing van Israel, en die voltydse poging van die Satan om Vader se geslag geintegreerd met sy eie te hou. • Hierdie twee sade het niks met wit en swart/geel nasies te doen nie – ons praat van Europese nasies. Wat betref die swart en geel nasies het ek maar gaan kers opsteek by die nuwe skool handboeke en word hul afkoms beste beskryf in die moderne skool leerplanne oor evolusie, en ek sal maar hul opinie hieroor respekteer. Hul is immers die beste bevoeg om oor hul eie herkoms uitspraak te gee.

  33. Homo’s New fossils reveal different theory on human ancestors The fossils, discovered in east Africa's Rift Valley, regarded as the "cradle of humankind", challenge the idea that human prototypes evolved one after the other in a linear fashion from Homo habilis to Homo erectus, ending with modern humans. This means they must have co-existed in different habitats at the same time, the scientists added. "They were kind of sisters, if you like," said Frederick Manthi, the scientist who discovered the fossils. "Homo habilis never gave rise to Homo erectus. These discoveries have completely changed the story." The scientists think both Homo erectus and Homo habilis must have evolved from a common ancestor 2-3 million years ago. The basic evolutionary story -- that all humans came "out of Africa" after evolving from apes in the Rift Valley around 5 million years ago -- remains unchanged and may even be strengthened, the scientists said. "The more fossils we find in Kenya, the more we justify the story that east Africa is the cradle of mankind," Manthi said. "These hominids tell us there was a large diversity within this species, which strengthens that convention." The researchers said Homo habilis was largely a herbivore, likely to have foraged for fruits in greener, more heavily forested areas than Homo erectus, who is thought to have been a hunter who thrived in east Africa's open savannah. Manthi said the team would have to find more fossils to confirm the findings. "The story of human evolution has not yet been [told]," said Kenya Museum director Farah Idle. "There are many missing links. The more discoveries you make, the more questions you raise." August 9, 2007 -- Updated 1641 GMT (0041 HKT)

  34. Die onveilbare sif Amo 9:9 Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in 'n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie. Amo 9:9 "For, behold, I will command, and I will sift the house of Israel among all the nations, as grain is sifted in a sieve, yet not the least kernel will fall on the earth. Amo 9:11In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd; Vader se duidelik dat Hy sy geslag sal uitsif onder die nasies, en geen van hul sal verlore raak nie (op die grond val). Sy woorde “kyk ek gee bevel”, is in lyn met Jahshua se uitspraak dat Hy net gedoen en beveel het wat die Vader Hom beveel het. Die oop maak van ore, en oë, om te sien en te hoor, was fisies gedoen deur Jahshua as ‘n rigtingwyser na die werk wat die Heilige Gees met sy uitstorting sou kom doen – om die geslag van Vader, hulle wat ore het, te laat hoor, en wat oë het, te laat sien – wet op hul hart.

  35. Hulle wat meer doen as wat die Meester beveel het…..doen nie die wil van Jahweh nie! Vader gee bevel – sif my geslag uit onder die nasies. Spreek my Woorde en my Gees sal die sif werk doen. Vir die wie uitverkies word deur die Gees, versamel ek. Die wat nie ore het nie, moet verby gaan, en julle kan maar die stof van jul voete afskud en voortgaan na die volgende stad. Die breë weg Christendom sê: bekeer al die nasies, verduidelik, vertolk, oortuig, lok, doen alles wat nodig ag te wees, maar bring almal in na die Koningkryk. Die Gees kan later kom, vir nou, swel die getalle. Vader gee bevel dat hulle wat uitgaan moet fokus op die stede van Israel, aangesien hul getalle soos die sand van die see is, en daar nouliks klaargekry sal word met die spreek van Sy Woord in elke plek waar hul nageslag is. Die breë weg Christendom fokus op die verste – verste plekke, verste verwantskap of geen, nog beter, enige plek behalwe die stede van Israel. Hoe meer eksoties en primitief jou “bekeerlinge”, hoe “groter” jou prestasie. Vader verduidelik van naasteliefde – die breë stroom Christendom kry dit reg om versteliefde te bemark

  36. Verstaan dat: • Die twee saadlyne sny deur volk, familie en geslagte – maar nie engele, en nog minder ons, kan onderskei nie. Ons oordeel nie, maar bring die Woord van Vader, onvervals. Die Heilige Gees sal die ore open van hul wat uitverkies is (goeie saad). • As ons nie die vrugte van Vader dra nie, is die kanse goed dat ons ook nie Sy saad is nie. Die engele sal ons in elk geval nie uitken as Sy saad as ons volhard in die bose werke nie. • Vir hul wat hoor, en glo, en bekeer, moet daar liefde en ondersteuning wees tot behoud en bewaring – lede van die liggaam van Jahshua • Die saad (Woord) wat jy saai, sal val op pad, langs pad en by onkruid – maar ook in goeie grond. Dit was so vir ons Meester, en ons is nie meer as Hy nie.

More Related