1 / 27

Wat 'n vraag om te oordink ! Het God so 'n sluwe,moorddadige wese,

Is die Duiwel die Baas van die Hel ?. Wat 'n vraag om te oordink ! Het God so 'n sluwe,moorddadige wese, die wortel van al ons ellende, aan- gestel om VIR EWIG die Hoof Suprintendent van die Hel te wees ?. Is die reputasie van God nie op die spel vir die antwoord op

hedwig
Download Presentation

Wat 'n vraag om te oordink ! Het God so 'n sluwe,moorddadige wese,

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Is die Duiwel die Baas van die Hel ? Wat 'n vraag om te oordink ! Het God so 'n sluwe,moorddadige wese, die wortel van al ons ellende, aan- gestel om VIR EWIG die Hoof Suprintendent van die Hel te wees ? Is die reputasie van God nie op die spel vir die antwoord op hierdie vraag nie? Presies wat sê die Bybel omtrent hierdie kwessie?

  2. 1. Hoeveel mense brand op hierdie oomblik in die hel ? Antw: Nie een nie ! Die Bybel sê God bewaar die goddeloses om op die oordeelsdag gestraf te word - nie VOOR die oordeels- dag nie. 2 Pet.2:9 "Die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word"

  3. 2. Wanneer sal sondaars in die helse vuur gegooi word ? Antw. Sondaars sal eers in die vure gegooi word wanneer hulle geoordeel is aan die einde van die wêreld. Nie voor dit nie. Hoe kan 'n mens gestraf word voordat hy in die hof skuldig bevind is ? Is die oordeel nie eers aan die einde van die wêreld nie ? Ja. En sou dit regverdig van God wees om 'n moordenaar, wat 5000 jaar gelede gesterf het, 5000 jaar langer te laat brand as iemand wat sterf en gestraf word vir die- selfde sonde vandag ?

  4. "Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur ver- brand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy Mat. 13: 40-42 koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat onge- regtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi" Joh.12:48 "Die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag"

  5. Waar is die reeds gestorwe sondaars nou? 3. Antw. Die Bybel is duidelik. Almal wat dood is, slaap in die graf tot die oordeelsdag. Joh.5:28,29 "Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstan- ding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die op- standing van die veroordeling"

  6. 4. Wat is die straf vir sonde ? Antw: Die loon, of straf, vir die sonde is die DOOD, nie die ewige lewe in helse vure nie, maar die dood. As jy vir ewig brand, LEEF jy vir ewig. God sê die regverdiges en nie die goddeloses nie, leef vir ewig. Rom. 6:23 "Want die loon van die sonde is die dood, maar die ge- nadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here"

  7. Brand die goddeloses dan dood in die hel ? 5. Antw. Die goddeloses gaan die tweede dood in die hel sterf.Hulle sterf en die hel brand uit. As die goddeloses vir ewig sou brand, sou hulle onsterflik wees. Maar dis onmoontlik, want dit is net God alleen wat onsterflikheid besit. (1 Tim. 6:16) Die leerstelling dat die sondaars onsterflik in die hel brand, is deur die Satan uitgedink, en dit is geheel en al onwaar en onbybels. Die gereddes word onsterflik opgewek "want hierdie verganklike moet met onvergank- likheid beklee word en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word " - 1 Kor.15:53

  8. maar die sondaar, wanneer hy opstaan, bly sterflik en verganklik en sal dus in die helse vure sterf en vergaan. Die Bybel sê die loon van die sonde is die dood (Rom. 6:23), die goddeloses word verdelg. (Ps. 145:20); hulle kom om, hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn (Ps.37:20); hulle brand soos 'n stoppel (Mal.4:1); hulle word almal tesame verdelg (Ps. 37:38); hulle sal uitgeroei word (Ps.37:9,34); vuur sal hulle verteer (Ps.21:10). 'n stoppel (Mal.4:1); hulle word tesame verdelg (Ps.37:38), hulle sal uitgeroei word (Ps. 37:9,34); vuur sal hulle verteer, (Ps.21:10) Let asseblief op dat die Bybel sê dat die goddeloses in die vure sal sterf en verdwyn. Hulle sal nie vir ewig in pyn leef nie.

  9. Open.21:8 "Maar wat die vrees- agtiges aangaan en die onge- lowiges en gruwelikes en moorde- naars en hoereerders en towe- naars en afgodedienaars en al die leuenaars - hulle deel is die poel wat brand met vuur en swawel: Dit is die tweede dood" 6. Wanneer en hoe sal die helse vure aangesteek word ? Antw: Daar is nie nou iewers 'n hel nie! Die Here self steek die vure aan, aan die einde van die wêreld. Die heilige stad (die Nuwe Jerusalem) kom van God uit die hemel (Op.21:2) en dan wil die goddeloses dit inneem; op daar- die oomblik laat God vuur uit die hemel op die aarde reën en dit sal die goddeloses verslind. (Op. 20:9). Dit sal die hel wees.

  10. "So sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van die mens...sal hulle in die vuuroond gooi. Mat. 13: 40-42 Op.20:9 "en hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind" Spr. 11:31 "As die regverdige op aarde vergel- ding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar !"

  11. Hoe groot en hoe warm sal die vure wees ? 7. Antw: Die helse vure sal net so groot soos hierdie aarde wees, want die hele aarde sal aan die brand wees. Die vure sal alles op die aarde versmelt en .. al die werke wat daarop is, sal verbrand." Die atmosferiese hemel sal ontplof en met 'n groot gedruis verbygaan. watter ontsettende skouspel ! 2 Pet. 3:10 Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en ver- gaan, en die aarde en die werke wat daarop is sal verbrand.

  12. 8. Hoe lank sal die sondaar in die vure ly ? Antw: Die Bybel sê nie hoe lank die sondaar in die vuur gestraf sal word voordat hy dood is nie. Elkeen sal egter gestraf word volgens sy dade, dus sal party langer gestraf word as ander, Party kry baie slae , ander min. Op.22:12 "En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees" Matt.16:27 "Dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade" "En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het.....sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie ......sal met min slae geslaan word." Lukas 12:47, 48

  13. Sal die vuur van die hel later doodgaan ? 9. Antw: ja, inderdaad sal die vure doodgaan sodra die "onkruid" verbrand is. Al die mens se werke op aarde moet verbrand; elke teken van sonde en verderf. Al die "vorige dinge" moet verbygaan, sê die Bybel. Die "hel" sal een van die vorige dinge wees - dit sal die vure wees wat die aarde gereinig het voordat die Here die nuwe aarde skep. Die satan, sonde en sondaars sal verbrand. Indien God Sy vyande dwarsdeur die ewigheid in 'n helse vuur ge- martel het, sou Hy harteloser as enige tiran ooit gewees het. 'n ewige hel van pyn vir Gods skep- sele sou vir God self 'n hel gewees het - want hy het selfs die sondaar lief.

  14. Kyk, hulle het geword soos stop- pels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie - dit is geen kool om by warm te word nie; geen vuur om daarvoor te sit nie. Jes.47:14 "En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien." En God sal al die trane van hulle oë af vee, en daar sal geen dood meer wees nie, ook droefheid en geween en moeite sal daar Op. 21:1,4 nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan."

  15. 10. Wat sal oorbly wanneer die vure klaar gebrand het ? Antw: Let asseblief op: die vers sê nie die goddeloses sal soos asbes brand,soos baie glo nie, maar soos "stoppels" wat in 'n vuur gou verteer word. Geen wortel of tak sal oorbly nie - die onkruid verbrand volkome. Wat bly oor na die brand? Niks as net as nie. Die godde- loses word verbrand tot as. Lees ook Ps. 37:10,20

  16. "Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees: en die dag wat kom,sal hulle aan die brand steek, sê die Here van die leërskare, sodat dit vir hulle geen tak of wortel sal oorlaat nie". "En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die Here van die leërskare". Mal.4:1,3

  17. 11. Sal die goddeloses liggaamlik in die hel beland en sal liggaam en siel verbrand ? Antw: Ja, Werklike, lewende mense beland liggaamlik in die hel. Siel en liggaam word vernietig. Die vuur uit die hemel val op die opgestane godde- loses, en delg hulle uit. ......want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie." Matt.5:30 Maar vrees hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel." Matt. 10:28 "Die siel wat sondig moet sterwe." Eseg.18:20

  18. 12. Sal die duiwel dan nie die baas in die helse vure wees nie ? Antw: Nee,nee,nee ! Die helse vure word spesiaal aangesteek vir die duiwel en dit sal hom tot as verbrand. "En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp." Open.20:10 "Dan sal Hy ook vir die aan sy linker- hand sê: Gaan weg van My, julle ver- vloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele." Matt.25:41 "Ek het jou tot as gemaak op die aarde... en (jy) sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie." Eseg. 28:18,19

  19. 13. Verwys die woord "hel" in die Afrikaanse Bybel altyd na 'n plek van straf en verbranding ? Antw: Ja, maar in die Afrikaans word die Hebreeuse "sjeol" en die Griekse woord "Hades" as "doderyk" vertaal en nie soos die Engelse King James- vertaling en die Nederlandse Bybel soms met "hel" nie. Bv. Psalm 9;18. Die King-James-vertaling (vers 7) lui: ......"The wicked shall be turned into hell." Die Nederlandse Bybel lui: "De goddelozen zullen terug- keren naar de hel toe." (L.W. Die Nieuwe Vertaling (1950) sê ook "doderyk toe"

  20. Die Bybel in afrikaans lui: "Die goddelose sal teruggaan na die doderyk toe." En Hand.2:31 lui soos volg. King James: ....his soul was not left in hell...." Nederlands: zyne siel is niet verlaten in de hel....." (Nieuwe Vertaling ....dat Hy niet aan het dodenryk is overgelaten....") Afrikaans....... sy siel nie in die doderyk verlaat is nie....." 14. Wat is God se werklike doel met die "helse vuur" ? Antw: die duiwel en sy engele moet verdelg word. Ook almal wat aan hom gehoorsaam was. Die aarde moet gereinig word van elke virus van sonde. Die "verderwers van die aarde" moet verderf word. God wil 'n skoon heelal hê

  21. Watter doel sal dit dien om daar in Gods volmaakte tuin 'n vreeslike vuur te hê waarin mense vir ewig God vloek en laster omdat hulle so in pyn ly ? So 'n afskuwelikheid sou 'n klad op die Naam van 'n God van liefde wees. Die duiwel kry lekker as ons aan God as 'n monster- agtige wese dink. Die ganse heelal sal bly wees wanneer die Here gaan intree en die aarde skoonmaak om die enigste onkruid in die heelal te verbrand. Dit moet vernietig word voordat God die aarde nuut sal maak. ( Bangmaakstories oor die ewige hel sal niemand in die hemel bring nie - ons word gered deur Jesus )

  22. "Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld; Die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi." Matt.13:39- "En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp." Ope. 20:15

  23. 15. Is die verbranding van sondaars nie vreemd aan God se natuur nie ? Ja, God het nog altyd behae daarin gehad om te red eerder as om te ver- nietig. Hierdie noodsaaklike daad van die Here om die aarde eendag van elke smet van sonde en sondaars deur vuur te reinig, word die "vreemde", die "ongehoorde" daad van God genoem. Watter vader het behae in die dood van sy kind ? O, hoe het God se hart nie verlang om te red nie !

  24. Maar kyk vandag oor die aarde en sien hoe roekeloos die sondaar geword het ! Kyk wat doen die mens ! Die aarde is deurtrek van die kanker van sonde, en as die mens nie na die Groot Geneesheer toe gaan om genees te word nie, wat dan ? Sal dit nie 'n daad van genade wees wanneer die Here die aarde deur en deur reinig van elke smet van sonde nie ? Die mens besluit self of hy gaan verbrand en of hy Jesus se genade sal aanneem.

  25. "So waar as Ek leef, spreek die Here, Here, gewis. Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë ! Waarom tog wil julle sterwe?" Eseg. 33:11. "Want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red." Luk.9:56. Jes.28:21 "Want die Here sal Hom gereed maak... Hy sal aanstorm... om sy werk te doen - vreemd is sy werk ! En om sy daad te verrig - ongehoord is sy daad !" Jes. 28:21

  26. 16. En na die hel - wat dan ? Antw: Het jy al 'n tuin gesien, verwaar- loos en oorgroei van bossies en gras? En dan 'n tuin volmaak versorg ? Alles op die aarde gaan verbrand. Al die lelike dinge wat deur sonde veroorsaak is, moet tot niet. En dan - dan maak God van hierdie aarde die pronkstuk van Sy ganse skepping. Want luister, God kom hier woon ! Watter vrede, watter geluk, watter blydskap.Trane en droefheid, siekte en pyn, sterfbeddens en kerkhowe - dis alles verby. Die laaste storms het verbygetrek. Die aarde rus; dit breek uit in gejubel. Die mens wat DIT mis, het ALLES gemis. DIE WERKLIKE TRAGEDIE VAN DIE HEL IS OM DIE LEWE OP DIE NUWE AARDE TE MIS.!

  27. Nahum 1:9 "Hy maak daar 'n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal op- kom nie." Ope.21:3,4 "Kyk die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë af vee en daar sal geen dood meer wees nie, ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie. (Geneem uit: Verbasende feite – SDA) Alta Strydom

More Related