1 / 7

1a.

1a. Aristoteles was ‘n Griekse wysgeer wat 2 300 jaar gelede geleef het. Hy was Alexander die Grote se leermeester. Aristoteles het die natuur bestudeer en het idees oor die natuurlike prosesse ontwikkel. Een van die natuurlike prosesse wat hy bestudeer het, was vuur.

garnet
Download Presentation

1a.

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 1a. Aristoteles was ‘n Griekse wysgeer wat 2 300 jaar gelede geleef het. Hy was Alexander die Grote se leermeester. Aristoteles het die natuur bestudeer en het idees oor die natuurlike prosesse ontwikkel. Een van die natuurlike prosesse wat hy bestudeer het, was vuur. Volgens Aristoteles se teorie het alle materie uit ‘n mengsel van drie elemente bestaan. Die elemente was Aarde, Water en Lug. Verskillende materie het uit verskillende proporsies van die drie elemente Aarde, Water en Lug bevat, en het aan die materie verskillende eienskappe gegee. Vuur, ‘n vierde element, kon gebruik word om die Aarde, Lug en Water te skei of te laat verbind Aristoteles het gereken dat wanneer iets brand Lug as rook opwaarts vrygestel word en die Aarde na onder geval het as as. TEKEN ‘n prent om Aristoteles se teorie van verbranding te illustreer.

  2. 1b. Alchemiste was vroeëre wetenskaplikes wat eienskappe van materie bestudeer het. Hulle het geglo dat Aristoteles se teorie reg was. Hulle het geglo dat verskillende materie verskillende eienskappe vertoon omdat hulle verskillende hoeveelhede van Aarde, Lug, Water en Vuur bevat het. Volgens Aristoteles se teorie, het alchemiste geglo dat hulle lood na goud kon verander. Om dit te kan doen moes hulle net die lood verhit sodat genoeg Vuur, in die lood kon gaan. Dit sou dan veroorsaak dat die dowwe grys lood , wat te veel Aarde bevat het, ‘n ligte blink kleur van goud sou kry . Dit was die teorie. Hulle het gedink dat dit kan werk as hulle die regte tegnieke sou gebruik. Vir alchemiste, het tegniek beteken dat die regte woorde op die regte tyd gesê moet word en dat die byvoeging van tower bestanddele die transformasie sou bevorder. TEKEN ‘n alchemis besig met sy werk.

  3. 1c. Georg Stahl was ‘n Duitse dokter wat verstandelik versteurde pasiente gehelp het. Hy het ook belanggestel in wat gebeur as iets sou brand. Stahl het sy teorie van verbranding laat in die sewentiende eeu ontwikkel. Hy het gemeen dat as ‘n stof sou brand dit ‘n stof phlogistoon sou afgee. Dinge wat vinnig en met skerp vlam brand baie phlogistoon bevat. Dinge wat stadig of glad nie brand nie, min of geen phlogistoon bevat nie. Om sy teorie te steun, het Stahl daarop gewys dat dit wat brand heelwat verskil van dit wat na die brand oorbly. In die algemeen het dinge minder geweeg na die brand as voor die brand. TEKEN ‘n prentjie om Stahl se teorie van verbranding te illustreer.

  4. 1d. Antoine Lavoisier was ‘n Franse belastinggaarder wat tussen 1743 en 1794 geleef het. Sy studies het gegaan oor wat met metale gebeur as dit brand. Van sy versigtige eksperimente kon hy bevestig dat die massa van metale toeneem as dit brand. Lavoisier se teorie was dat materie uit baie verskillende elemente bestaan en nie uit Aarde, Water, Lug en Vuur nie. Een van hierdie elemente sou suurstof wees. Lavoisier het voorgestel dat elemente op verskillende maniere verbind om nuwe stowwe te vorm As iets brand, verbind suustof met die ander elemente in die stof om oksiede te vorm. Soms is die oksiede vastestowwe - soos metale. Soms is die oksiede gasse - soos met koolstofdioksied en swaweldioksied. Lavoisier was tydens die Franse Rewolusie met die guillotien in 1794, tereggestel. TEKEN ‘nsketsie om Lavoisier se teorie van verbranding te illustreer.

  5. 1e. John Dalton het tussen 1766 en 1844 geleef. Hy het as privaat onderwyser in Engeland gewerk. Dit het hom tyd gegee om die natuurlike vrerskynsels te bestudeer. Hy was geinteresseerd in die weer en hoe reënval fonteine veroorsaak. Hy het studies oor kleurblindheid gepubliseer. Dalton het ook verbranding bestudeer. Dalton het gedink dat elemente uit klein partiekels, genoem atome bestaan. Die atome in een element was almal dieselfde maar verskillend van ander atome in enige ander element. Dalton se teorie was dat wanneer ‘n stof brand, die atome van suurstof in die lug saamsmelt die verskillende atome in die stof om nuwe kombinasies van atome te vorm. Die stof het verskillende eienskappe voor en na verbranding omdat dit verskillende kombinasies van atome sou bevat. Maak ‘n SKETS om Dalton se terorie van verbranding te illustreer.

  6. 1f. In tradisionele Africa gemeenskappe word verbranding die onderwerp van bespreking as as uitsonderlike gebeurtenisse plaasvind. Sulke gebeure kan wees ,n huis wat afbrand, of iemand se oeste wat deur vuur vernietig was. Die verduideliking vir hierdie gebeure word dan in sosiale gedrag gesoek. Die brand van die huis of die oeste word dan toegeskyf aan: - ‘n buitestander wat ‘n wrok teen die familie/gesin het; - iemand in die familie wat ‘n misdaad sou gepleeg het maar nog nieblootgestel is nie. Die vuur word as ‘n waarskuwingsteken vir die gesin om aandag te gee aan die hul sosiale verhoudinge met die gemeenskap. SKETS ‘n prent om die tradisionele sienswyses oor vuur te illustreer.

  7. 2. Hier is ‘n vuur driehoek. Die vuur driehoek sê vir ons wat nodig is vir ‘n vuur om te brand. Brandstof Hitte Suurstof Uit die vuur driehoek BESKRYF drie maniere om ‘n vuur te blus Eerste manier: Tweede manier: Derde manier:

More Related