1 / 24

KABOUTERLIEFDE

KABOUTERLIEFDE. Ingrid Jonker Bl 91. KABOUTERLIEFDE (VIR SIMONE) Die kabouter met die rooi-rooi pet Die kabouter met die geel hemp aan Het sy hart gisteraand vir my gegee En sy hemp is vir die maan. Die hoepelronde blou-blou lug Het kadoemps op die grond geval

cloris
Download Presentation

KABOUTERLIEFDE

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. KABOUTERLIEFDE Ingrid Jonker Bl 91

  2. KABOUTERLIEFDE • (VIR SIMONE) • Die kabouter met die rooi-rooi pet • Die kabouter met die geel hemp aan • Het sy hart gisteraand vir my gegee • En sy hemp is vir die maan. • Die hoepelronde blou-blou lug • Het kadoemps op die grond geval • hy’t dit blink-blou in sy hand gerol • Toe speel ons daarmee bal • Die sterre met hul wit ligte • Het geknipoog toe ons lag • hul’ t rondom ons in ‘n kring getrek • 12. Soos ‘n laer in die nag

  3. 13. Die aandblom het sy trom-trompet • Geblaas in die warrelwindkring • Die kalkoentjies met hul rooi mondjies • Het die sprinkaan-wals gesing • Die maan met sy geel lyfie • Het gaan plat lê op sy rug • 19. hy’t gaan slaap by die gousblomme • Met sy boepens in die lug • Die kabouter met die rooi-rooi hart • Het dit self vir my gesê • hy’t die aardbol oor sy kop gegooi • 24. O dis hier waar die liefde lê

  4. WOORDESKAT

  5. 1.Die kabouter met die rooi-rooi pet 2.Die kabouter met die geel hemp aan 3.Het sy hart gistraand vir my gegee 4.En sy hemp is vir die maan.

  6. Vir Simone – Hierdiegedig is geskryfvir die digteres se dogtertjie. • 1ste strofe – beskrywing van kabouter • Herhaling van kleur – is sooskleintjiespraat • Kleure is primêrekleure – kleurewatkinders ken. • Hy het vir die sprekersy hart gegee. • Sygeel hemp vir die maan. Die geel pas by die maandaarom het hyditvir die maangegee.

  7. 5.Die hoepelronde blou-blou lug 6.Het kadoemps op die grond geval 7.hy’t dit blink-blou in sy hand gerol 8.Toe speel ons daarmee bal

  8. Kadoemps – klanknabootsing Hoepelrond – intensiewe vorm. Herhaling van die kleur blou – soos kinders praat Weer gebruik van primêre kleur – blou Hiperbool – oordrywing – Hoepeltronde blou-blou Hy het die bal gerol totdat dit blink was – daarom blink-blou. – die lug was soos ‘n bal. Speel daarmee. – die lug.

  9. 9. Die sterre met hul wit ligte 10.Het geknipoog toe ons lag 11.hul’ t rondom ons in ‘n kring getrek 12.Soos ‘n laer in die nag

  10. Die sterre – dui aandatditaand is. • Geknipoog is hoe die sterreflikker. (personifikasie) dui op speelsheid van verhouding • Ditsinspeelook op die verhoudingtussen die spreker en die kabouter. • Hulle(die spreker en die kabouter) het gelag, want hulle was gelukkig. • Die sterre het hulleookbeskermsoos die laervroeër die trekkers in die aandbeskerm het teen wildediere ens. • Soos ‘n laer - Vergelyking

  11. 13. Die aandblom het sy trom-trompet 14.Geblaas in die warrelwindkring 15.Die kalkoentjies met hul rooi mondjies 16.Het die sprinkaan-wals gesing

  12. Die aandblom het sy trom-trompeter geblaas – personifikasie ; metafoor – kelk = trompet Trom – trompeter – klanknabootsing Hy het ‘n trompet geblaas Warrelwindkring – (whirlwind) dit is ‘n wind wat sirkels waai. Dui ook op vinnige romanse. Inversie – geblaas in die warrelwind.. Aandblom sluit aan by die maan – gaan laat in die middag oop. Kalkoentjies is ‘n soort blommetjie wat wild in die natuur groei. Dit is fyn en klein blommetjies – Hulle het rooi mondjies Hulle sing (figuurlik) - personifikasie – die wals

  13. 17.Die maan met sy geel lyfie 18.Het gaan plat lê op sy rug 19.hy’t gaan slaap by die gousblomme 20.Met sy boepens in die lug

  14. Die maan met sy geel lyfie – dui op die ronde magie van die maan – moontlik volmaan. Die maan is besig om op die horison te verdwyn dit is nou besig om dag te word. Die lang klanke in maan, gaan en slaap dui die moegheid aan. Gousblomme - maak oop as die son skyn. Boepens – dui op die volmaan Die maan het gaan plat lê - personifikasie

  15. 21 .Die kabouter met die rooi-rooi hart 22 Het dit self vir my gesê 23. hy’t die aardbol oor sy kop gegooi 24. O dis hier waar die liefde lê.

  16. Die oo – klanke berei ons voor op die o uitroep – ‘n uitroep van blydskap en verwondering. Rooi rooi hart – dui op die liefde wat die kabouter vir die spreker gee. Het dit self vir my gesê – dui op die egtheid. Sy vertel in die vorm van ‘n sprokie hoe wonderlik die liefde kan wees.

  17. Gistraand Hy’s kinders praat so Hy’t Weglating van letters word Elisie genoem Strofe wat uit 4 versreëls bestaan word ‘n KWATRYN genoem. Geen vaste rymskema – gebroke rym. Trom-trompet - neologisme.

  18. Elke strofe begin met ‘n hoofletter en handel net oor een gedagte(sterre, blomme maan) – wat dit makliker maak vir ‘n kind om te volg. • Enjambement: Een reël loop in die volgende reël oor sonder punktuasie. Die spreker is opgewonde en vertel sonder ruspouses wat gebeur het. • Die gedig bevat ook die magiese (magic) en fantasie van ‘n sprokie – speel bal met die lug, gooi die aardbol oor sy kop.

  19. E. CronjéHoërskool Kampsbaai Bronne: Vlymskerp Guidelines Trippel-H Hulpbronne Versjoernaal

More Related