1 / 19

HOKKIE 5 Mei 2011

HOKKIE 5 Mei 2011. Hockey is great, Hockey is fun, Hockey is yum-yum !. Huidige struktuur. Hokkie beplanning en organisasie. Strek oor grootste deel van die jaar en behels min of meer: Verkry van borge Werwing van afrigters Inligtingsessie met Koördineerders en Afrigters

chelsa
Download Presentation

HOKKIE 5 Mei 2011

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. HOKKIE5 Mei 2011 Hockey is great, Hockey is fun, Hockey is yum-yum !

  2. Huidige struktuur

  3. Hokkie beplanning en organisasie • Strek oor grootste deel van die jaar en behels min of meer: • Verkry van borge • Werwing van afrigters • Inligtingsessie met Koördineerders en Afrigters • Bywoon van kursusse en aflê van eksamens • Buitemuurse program opstel • Bestuursvergaderings • Addisionele kleredrag • Bywoon van VS Hokkievergaderings • Bywoon van Suid-Vrystaat Proewe • Reël skool se proewe • Liga reëlings • Reël van Tjokkie Festival

  4. Visie / Doelwitte • Spel bekend te stel. • Vaardighede, tegnieke en reëls aanleer. • Liefde vir spel by spelers te kweek. • Aanleer van “life skills” soos: • Spanspeler (Respek vir mekaar) • Wen met beskeidenheid • Verloor met waardigheid • Speel vir genot van spel – ons slagspreuk

  5. Visie / Doelwitte (vervolg) • Deelname vir almal. • Gereedmaak vir Sekondêre skool. • Geen oordrewe wenmotiewe “wen ten alle koste”. • Mini-hokkie as middel tot doel.

  6. Hoe sou ons hierin slaag? • Bekwame afrigters aanstel. • Klinieke en kursusse vir spelers. • Kursusse vir afrigters. • Wedstrydblootstelling dmv liga & festivals. • Suid-Vrystaat Proewe vir 0/12 en 0/13.

  7. Hokkiebeleid Duidelike reëls daargestel tov: * Spankeuses * Toer * Kommunikasiekanale * Toerusting en klere * Afrigting * Proewe ens, ens. Die beleid sal op binnekort op Tjokkies se webtuiste beskikbaar wees. Hou die Nuusbrief dop !

  8. Mini-hokkie • Gr 1- 4: (0/7 – 0/10) • 6 spelers aan ‘n kant -- kwartveld • Gr 5: (0/11) • 8 spelers aan ‘n kant -- halfveld • Gr 6 & 7 (0/12 & 0/13)* • 11 spelers – volveld * Gebruik van doelwagter en beskermende klere

  9. Spelers: Getalle vir 2010 • Gr 1 - 46 Seuns & 36 Dogters • Gr 2 – 31 Seuns & 27 Dogters • 0/9 - 26 Seuns & 42 Dogters • 0/10 – 30 Seuns & 36 Dogters • 0/11 – 23 Seuns & 37 Dogters • 0/12 – 23 Seuns & 23 Dogters • 0/13 – 22 Seuns & 21 Dogters • Totaal 423 spelers geregistreer in 2010

  10. Koördineerders

  11. Afrigters TJOKKIES SE VERWAGTINGE VAN ONS AFRIGTERS • Stiptelikheid by oefeninge / wedstryde en festivals.  • Entoesiasme oor die spel en die spelers. • Deeglike beplanning en voorbereiding voor elke oefening. • Deeglike kommunikasie met koördineerders en spelers. • Professionaliteit (bv. geen afbrekende of vuil taal nie). • Dissipline: Dis baie belangrik dat die kinders streng, dog met liefde hanteer sal word. Onthou wedersydse respek word verdien !!

  12. Spankeuses @$% !? Eish.. • Kies van spanne is geen maklike taak nie. Alles verloop nog “hunky dory”, tot die spanne bekend gemaak word … • Bv. 6 per span uit 42 spelers. • Posisies – net ses posisies per span in Mini-hokkie. • In 2010 keurders gekry om te help om objektiewe opinie te gee – gaan weer so maak in 2011. • Deurlopend proewe - maak dit duidelik aan die spelers dat hulle nie verseker is van sy/ haar plek in ‘n span nie – dit kan deur die seisoen verander. Waak egter teen te veel skuiwe. • NB: Die Afrigter het in alle gevalle die laaste sê t.o.v. spankeuses.

  13. Kommunikasie Kommunikasie is uiters belangrik vir die sukses van enige struktuur. • Bulk SMSe • Afkondigings tydens skoolure • Wedstrydbriefies vir spelers wat gekies is om ligawedstryde te speel • Tjokkie-brokkies nuusbrief – elke Donderdag • Tjokkies se webblad Alle hokkie inligting sal eersdaags op die webblad onder die hoofie “Sport”, “Hokkie”, beskikbaar wees – hou die nuusbrief dop.

  14. Probleme met kommunikasie • Tussen skole – kry info laat vir weg-wedstryde en festivals. • Ouers wat nie nuusbriewe en kennisgewings lees nie !! • Kinders gee nie inligting vir hul ouers nie !! • Kinders luister nie na afkondigings nie of kom nie uit as hulle uitgeroep word nie.

  15. Kommunikasie kanale Die kanale wat gevolg moet word indien u inligting benodig en of ‘n probleem het: 1. Skakel eerstens met die betrokke Koördineerder. 2. Indien jy nie regkom nie, skakel met die Hokkie- bestuur. • Respekteer privaatheid asb. • Skakel asb. slegs tussen 14:00 en 19:00. • Onderwysers moet asseblief nie gedurende skoolure gekontak word nie – kosbare onderrigtyd gaan verlore. • Geen sms’e, bel liewer asb. Ons maak van ons eie selfone gebruik.

  16. Vervoer • Onthou dat studente nie oor permitte beskik om leerders te vervoer nie. • Vervoer na en van Muddplein word hanteer • Leerders moet van hul eie vervoer gebruik maak om by wedstryde en festivals uit te kom. (Skakel u koördineerder indien u ‘n probleem het met vervoer.)

  17. Tjokkie Hokkie Festival • Hierdie is Hokkie se spoggeleentheid van die jaar en ‘n groot bemarkingsaksie vir Tjokkies. Van ‘n klein begin 10 jaar gelede het dit gegroei tot: • ±1400 spelers van regoor die Vrystaat. • Meer as 500 wedstryde in 5 ure. • UV velde word gebruik– ons het nie genoeg velde nie. • Logostieke nagmerrie. • Ouerbetrokkenheid is noodsaaklik. • Ouerkomitee reël verversings. • Borge: Hoofborg – ABSA Dairy Bell

  18. Ten slotte • Baie dankie vir elkeen wat op een of ander wyse deel is van Tjokkies se Hokkie. Ons waardeer almal se insette, bloed, sweet en grys hare…. • Baie dankie aan mnr. Michael Coomans, ons Hoof, wat ons ondersteun, sy stem namens ons dik maak wanneer dit nodig is en vir sy positiewe gesindheid teenoor Hokkie by Tjokkies. • Dankie aan mnr. Hennie Botha en elke Komiteelid wat so hard werk om die ratte van die “hokkiemasjien” te laat draai. • Mag 2011 ‘n fantastiese Hokkiejaar vir Tjokkies wees !

  19. Baie dankie vir julle teenwoordigheid

More Related