1 / 128

Die wêreld waarin ons lewe

Die wêreld waarin ons lewe. ….en hoe ons handel en wandel in die ander wêreld eggo…. Relevante vorige boodskappe. Verlore eiendom gevind…. As u dit kan identifiseer, moet u dit asb kom haal. Reëls van interaksie. “….tussen wêrelde….”. In die hemelse geweste. .... is daar base en klase .

brita
Download Presentation

Die wêreld waarin ons lewe

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die wêreld waarin ons lewe ….en hoe ons handel en wandel in die ander wêreld eggo…..

  2. Relevante vorige boodskappe

  3. Verlore eiendom gevind… As u dit kan identifiseer, moet u dit asb kom haal.

  4. Reëls van interaksie “….tussen wêrelde….”

  5. In die hemelse geweste .... is daar base en klase ....

  6. Oor Burgerskap en Emigrasie. …dis op almal se lippe…. ‘n praktiese gids

  7. Die slagordes vir stryd... ....waar is die merker?

  8. Bekende “laaste” woorde Bekende mense se finale woorde voor afsterwe word hoog geag, baie aangehaal, en selfs bestudeer…

  9. As ons een beginsel begryp, sal baie van wat ons in ons lewe en geloof doen, veel meer sin maak.

  10. Dis nie nodig dat geloof sin maak, om te glo nie – dit is genoeg om ‘n keuse en vaste besluit te maak. …soos dit nie nodig is om tandheelkunde te verstaan om elke dag jou tande te borsel nie….

  11. Maar iets wat mens begin verstaan word gedoen met nuwe ywer – en selfs nuwe inisiatief ....toe jy begin agterkom wat die redes is vir tandeborsel, en die risiko'sis, het jy begin borsel uit eie inisiatief – na jy baie soetgoed geëet het, voor jy vriende ontvang, met groter sorg....

  12. Wie regeer die wêrelde Hoe word die wêrelde regeer?

  13. JHWH is die wetgewende gesag in ‘n REGSTAAT – as jy begrip het vir hierdie stelling, word dinge duidelik wat jy nooit verstaan het nie...

  14. ‘n Regstaat is: • ‘n staat waar almal, insluitend die regering self, onder die wet staan • waar niemand uitgesonder word as dit by die regverdige toepassing van die wet kom nie • waar beginsels van regspraak op gesonde praktyk rus • waar die swakste en armste toegang tot die selfde regspraak het as die rykste en magtigste • waar ‘n eenvoudige persoon die magtigste moondheid of firma kan sleep voor ‘n regter om onreg teen hom in regspraak te bring • waar die reg veg teen die oortreder daarvan, en ‘n persoon aan die regte kant van die reg sonder vrees ‘n vrye lewe kan lei.

  15. Regsterme is die mees algemene begrip in die Woord - • Jy mag, of mag nie – die boom van die lewe (voorskrifte) • 10 gebooie (riglyne) • Huwelik (kontrak) • Verbond (bindende ooreenkoms / kontrak) • Exodus, Levitikus ens (regulasies en klousules) • Nuwe Testament (erfgenaam aanwysing) • Straf (skuld betaling) • Tug (opvoeding in die wet) • Sonde offer (boete) • Oordeel (regspraak) • Vergifnis (vryspraak) • Geregtigheid (bepaling volgens die reg) • Altaar (verbeurd verklaar) • Hel (lewenslank) • Gebed (vertoë rig) • Liefde (intensie van die wet) • Onvergewensgesindheid (verswarend) • Genade (versagting) • Lewe (wetsgehoorsaam) • Dood (skuldig)

  16. Wat is onverwagte gevolge van hierdie beginsel? • Die duiwel kon nooit gestraf word vir sy rebellie teen JHWH nie – hy was in huisarres geplaas, maar is nog nie voor die regsbank gewees nie – hoekom (regter en verontregte) ? • JHWH kon niks doen om Sy geslag te red van die dood sonder om Sy eie troon te laat wankel nie – hoekom (fondasie van Sy troon is geregtigheid) ? • Jahshua onskuldig bevind moes word volgens twee regssisteme, voor Hy as Lam geskik was as betaling vir sonde – hoekom (bywoner & burgerskap) ? • Die beskerming van die geslag van JHWH teen magte wat sterker as hul is, het ook tot gevolg gehad dat Hy self beperkte toegang tot hul gehad het – hoekom (wet tussen wêrelde) ? • Die reg het ‘n wapen geword teen JHWH, en Sy geslag die gyselaars om Hom te dwing tot optrede wat Sy almag en heerskappy kon kelder (reg as moordwapen gebruik) • Daar geen ander manier tot lewe kan wees as deur Jahshua nie – hoekom (al regverdiging) ? • Ons besluit meer krag het as selfs die volle mag van die duiwel, en ons selfs teen JHWH se wil kan optree – hoekom (magte toegestaan volgens wette tussen wêrelde) ? • Die priesters en musikante altyd voor moet uitrek in ‘n stryd teen ‘n vyand – hoekom (gaan vir die keel van die vyand – bevelstruktuur) ?

  17. As jy dit begin begryp, sal jy anders begin dink oor: • Wat en hoe jy bid tot Vader (lê jy ‘n regsklag of smeek jy versagting en genade) • Jou lofprysing voor Sy troon (maak jy die poorte oop vir engele om te handel) • Die komende oordeel, sonde en genade (straf volg na oordeel, tug voor veroordeling, beproewing voor verhoging – wat ervaar jy as lyding?) • Medelye met jou volksgenote se roekelose bestaan (omdat hul verward en teleurgesteld geraak het in oppervlakkige prediking en geloof) • Wat jy sê met jou mond (omdat die onsienlike luister, en die reg waarneem) • Keuses wat jy maak en die risikos daaraan (waar plaas dit jou tov die reg) • Die volharding in geloof tot die einde (begrip vir gevolge en gebeure) • Versoekinge en beproewinge (oorsprong uit die onsienlike vs eie begeerlikheid) • Die heerlikheid van ons ewigheid (die tydelikheid van ons proefperiode)

  18. En kwelvrae sal sinvolle antwoorde begin vind. Vrae soos: • Hoekom het Vader toegelaat dat die duiwel Adam versoek in Eden? (die reg: struikelblokke noodsaaklik, weë hom deur wie dit kom) • Waarom word onheil op die aarde toegelaat? (die reg: die mens se keuses bly outonoom tot die tyd vir die aardse verby is) • Waarom is die duiwel nie net vernietig toe hy gerebelleer het nie, dan was al die probleme verhoed? (die reg: regspraak voorbehou – bewyse gevind) • Wat verhoed dat die Bose ons sommer hier aanval en bedreig? (die reg: tussen wêrelde) • Waarom word onreg nie dadelik gestraf uit die hemel nie, en aanskou ons oë nie altyd die regverdige uitkoms op aarde nie? (die reg: sodat die kriminele hul skuld bewys, en die regverdige hul geregtigheid) • As Paulus so magtig in die Gees was, hoe is dit dat hy nie kon keer dat hul hom onthoof nie? (die reg: sy vleeslike liggaam lewe onder die gesag van die wêreldse moontheid – sy moord vul die bewyslas teen die Bose aan) • Waarom vind wonderwerke so “onder die radar” plaas, en “verskyn” Vader nie net in heerlikheid voor die oë van die ongelowiges nie – dan sal almal immers kan sien en tot bekering kom – probleem met sending opgelos? (die reg: keuse op geloof, nie op wat jy sien nie)

  19. Lesse uit vorige boodskappe: Hoe Jahshua die sleutel was vir ons redding uit die doodstraf – binne die reg

  20. Bekende “laaste” woorde Bekende mense se finale woorde voor afsterwe word hoog geag, baie aangehaal, en selfs bestudeer…

  21. Joh 19:28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was—sodat die Skrif vervul sou word—het Jahshua gesê: Ek het dors! Joh 19:29 En daar het ʼn kan vol asyn gestaan; en hulle het ʼn spons met asyn gevul en op ʼn hisopstingel gesit en aan sy mond gebring. Joh 19:30 En toe Jahshuadie asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee. Die bekendste laaste woorde, van die belangrikste mens ooit – net drie woorde, totaal geminag deur die wêreld.

  22. Duidelik was dit van die uiterste belang dat Jahshua se opdrag voltooi word – en Hy het dit verstaan. Luk 12:49 Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was! Luk 12:50 Maar Ek het ʼn doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!Luk 12:51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid. Luk 12:52 Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.

  23. In wie se opdrag het Jahshua gekom. Joh 5:36 Maar Ek het ʼn groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het. Joh 4:34 Jahshua sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.

  24. “Dit is volbring!” Finished - G5055 tel-eh'-o From G5056; to end, that is, complete, execute, conclude, discharge (a debt): - accomplish, make an end, expire, fill up, finish, go over, pay, perform. Dit is reggekry Dit is tot einde gebring Dit is gelyk gestel Dit is uitgevoer Dit is betaal

  25. Wat is dit wat gedoen moes word? Mat 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind (tot niet te maak) nie, maar(het gekom) om(die eise van die wet) te vervul (gelyk te stel). Mat 5:18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Vervul - G4137 play-ro'-o From G4134; to makereplete, that is, (literally) to cram (a net), level up (a hollow), or (figuratively) to furnish (or imbue, diffuse, influence), satisfy, execute (an office), finish (a period or task), verify (or coincide with a prediction), etc.: - accomplish, X after, (be) complete, end, expire, fill (up), fulfil, (be, make) full (come), fully preach, perfect, supply. Ontbind - G2647 kat-al-oo'-o From G2596 and G3089; to loosendown (disintegrate), that is, (by implication) to demolish (literally or figuratively); specifically (compare G2646) to halt for the night: - destroy, dissolve, be guest, lodge, come to nought, overthrow, throw down.

  26. Adam se probleme met die reg… ….sonder om die reg te buig – die pilare waarop die Koninkryk van die Hemele staan om te gooi. Want Jahweh se genade sal nooit die reg (wet) breek nie.......

  27. ʼn Saak van gyselaarskap en afpersing Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het Hos 13:9Dit is jou verderf, o Israel, dat jy teen My, jou helper, is. Hos 13:10 Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede, en jou regters van wie jy gesê het: Gee my ʼn koning en vorste? Hos 13:14 Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly vir my oë verborge. Rom 7:14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.

  28. ʼn Saak van isolasie Jes 59:1 Kyk, die hand van JAHWEH is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; Jes 59:2 maar julle ongeregtighede het ʼn skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

  29. Hoe het Jahweh se geslag in sulke diep moeilikheid gekom dat hul nie daaruit ontworstel kon word sonder dat Jahweh die pilare van geregtigheid waarop Sy Koninkryk staan, moet omgooi nie? Watter geslepe plan het so ʼn (amper) perfekte vangnet gemaak dat uitkoms onmoontlik blyk te wees omdat die prys die Koninkryk sou laat intuimel?

  30. ʼn Fyn strategie. Psa 10:4 Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie—dit is al sy gedagtes! Psa 10:5 Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders—hy blaas op hulle. Psa 10:6 Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie. Psa 10:7 Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg. Psa 10:8 Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige. Psa 10:9 Hy loer in die skuilhoek soos ʼn leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek; Psa 10:10 en verbryseld sink dié terneer, en die ongelukkiges val in sy mag. Psa 10:11 Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie. Psa 10:12Staan op, HERE! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!

  31. Dit wat goed was, het die dood geword. Rom 7:10 En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees.

  32. ʼn Tydelike toestand – die “onderneming om te betaal” - IOU Eks 12:21 Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en slag die pasga. Eks 12:22 En neem ʼn bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie. Eks 12:23 Want JAHWEH sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal JAHWEH by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie. Eks 12:24 Onderhou dan hierdie saak as ʼn insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid. Eks 12:25 En as julle in die land kom wat JAHWEH aan julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie diens onderhou. Eks 12:26 En as julle kinders julle vra: Wat beteken die diens daar? Eks 12:27 dan moet julle sê: Dit is ʼn paasoffer aan JAHWEH, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref maar ons huise gered het. Toe het die volk in aanbidding neergebuig. Lev 9:7 En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos JAHWEH beveel het.

  33. Die status quo in die jaar 0.... • Kommunikasie afgesny – die eis van die wet verhoed toegang tot aller heiligste • Geslag gevange in doderyk – die eis van die wet deur Adam se sonde • Geslag gyselaar van die reg – die reg se eis kan nie ter syde gestel word sonder om die reg te ontbind nie, en dan is die Duiwel ook geregtig op vryskelding • Geslag die eiendom van die Duiwel deur Adam verkoop – die wet eis dat slegs ʼn naasbestaande teen verkoop prys, kan terugkoop as losser • Huwelik met vrou verbrokkel – die wet eis dat die vrou nie weer mag trou voor die man se dood, en JHWH was die man. • Adam se geslag te swak in die vlees om teen Bose weerstand te bied en slawe van die Bose – die gevolg van hul val van heerlikheid – die reg vereis dat die laer van die verslane kampioen vegter (Adam), die oorwinnaar (Duiwel) se laer dien.

  34. Die eise van die reg bevredig

  35. ʼn Lam word geslag 1Pe 1:17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap; 1Pe 1:18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 1Pe 1:19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ʼn lam sonder gebrek en vlekkeloos, 1Pe 1:20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, 1Pe 1:21 julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees. En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, Kol 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, Eenmalige offer betaal die “IOU’s” regmatig

  36. Hoëpriester bring die offer Heb 9:9 Dit was ʼn beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie, Heb 9:10 omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling (volbring) . Heb 9:11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, Heb 9:12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ʼn ewige verlossing teweeggebring. Heb 9:13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ʼn vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, Heb 9:14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien. Heb 9:15 En daarom is Hy Middelaar van ʼn nuwe testament, sodat, terwyl daar ʼn dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. Heb 9:16 Want waar ʼn testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; Heb 9:17 want ʼn testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie. Die sonde is regmatig uitgedelg in die hemele

  37. Skeidsmuur afgebreek Efs 2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het Efs 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep Efs 2:16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. Heb 10:18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie. Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jahshua Heb 10:20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, Heb 10:21 en ons ʼn groot Priester oor die huis van God het, Heb 10:22laat ons toetree met ʼn waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ʼn slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. Tot binne die allerheiligste sonder om te sterf

  38. Die Lossingsreg word opgeëis Lev 25:47 En as ʼn vreemdeling of bywoner by jou vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan ʼn vreemdeling of bywoner by jou verkoop, of aan ʼn familielid uit die geslag van ʼn vreemdeling, Lev 25:48 dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg van lossing wees; een van sy broers kan hom los, Lev 25:49 of sy oom of sy oom se seun kan hom los, of een van sy naaste bloedverwante uit sy geslag kan hom los, of as hy dit kan bekostig, kan hy homself los. Jes 41:14 Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek JAHWEH, en jou Losser is die Heilige van Israel. Mat 1:20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ʼn engel van die Here in ʼn droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; Mat 1:21 en sy sal ʼn seun baar, en jy moet Hom Jahshua noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Opn 1:17 En toe ek Hom sien, val ek soos ʼn dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste Opn 1:18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood. Nie meer ʼn slaaf in slawediens, vrylating volgens die reg

  39. Die Man sterf, die vrou weer hubaar Rom 7:1 Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? Rom 7:2 Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Rom 7:3 Daarom dan, as sy ʼn ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ʼn egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ʼn egbreekster is as sy ʼn ander man s’n word nie. Rom 7:4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus (daar lê die dooie man se liggaam in die graf) , om aan ʼn ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is (daar staan die opgewekte man – ʼn nuwe mens, jou bruidegom) , sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. Wettiglik beskikbaar vir ʼn man om mee te trou

  40. Ek kan nie weer skuld maak nie • Kol 2:12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. Rom 7:6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. Rom 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. Rom 7:16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Rom 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Rom 7:18 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Rom 7:19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Rom 7:20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Rom 7:21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Rom 7:22Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; Rom 7:23 maar ek sien ʼn ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?Rom 7:25 Ek dank God deur Jahshua Christus, onse Here! So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde. Omdat daar nie weer ʼn betaling sal wees nie

  41. ʼn Kampioenskap word herhaal 1Sa 17:8 En hy het gaan staan en roep na die slagordes van Israel en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle ʼn man uit, dat hy na my toe afkom. 1Sa 17:9As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe wees en ons dien. 1Sa 17:10 Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my ʼn man, dat ons saam kan veg. Mat 4:1 Toe is Jahshua deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel (was dit ‘n afspraak?). Mat 4:10 Toe sê Jahshua vir hom: Gaan weg, Satan! (finale want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Mat 4:11 Daarna het die duiwel Hom laat staan (kon Hom nie met versoeking oorwin nie) , en daar het engele gekom en Hom gedien. Kol 2:8Pas op dat niemand julle as ʼn buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. Kol 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; Kol 2:10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; Kol 2:11 in wie julle ook besny is met ʼn besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, Kol 2:12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. Kol 2:13Kol 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. Kol 2:16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ʼn fees of nuwemaan of sabbat nie, Kol 2:17 wat ʼn skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus. “As die Seun van Dawid wen sal ek en my laer aan sy laer onderwerp wees”, sê die sterkman.

  42. As u begin verstaan wat volbring is, het u ʼn gordel om al u wapens aan te hang wat nodig is om elke aanvegting van die Duiwel te weerstaan, en staande te bly…..

  43. Die wapenrusting bevestig dat die antwoord op “wat is volbring”, iets is wat u moet weet? Efs 6:13 Daarom, neem die volle(alles wat volbring is) wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Efs 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid(waaraan alles hang) omgord, met die borswapen van die geregtigheid(die reg se krag beskerm jou – jy is aan die regte kant van die wet) aan, Efs 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid(om dit te weet is nie genoeg, pas dit toe) vir die evangelie van vrede. Efs 6:16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof(as jy nie glo dat alles volbring is nie, sal die vyand jou uithaal) op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. Efs 6:17 En neem aan die helm van verlossing (jou gedagtes is nie meer die gedagtes van ʼn slaaf van die Duiwel nie, kry die gedagtes van ʼn vryman) en die swaard van die Gees—dit is die woord van God (die Gees gebruik die woord van Jahweh om te veg)

  44. Om staande te bly: Waarheid – weet (kennis) wat die antwoord is op “wat is volbring” – alles hang daaraan - gordel Geregtigheid – verstaan (begrip) hoe dit wat volbring is jou aan die regte kant van die wet stel, en die krag van die reg agter jou sit, saam met jou, nie teen jou nie. Dit trotseer die aanslae namens jou, en beskerm jou eie swakheid – borswapen. Bereidheid – as jy die feite het, en die krag van die reg verstaan, help dit niks as jy nie optree (handel) nie – “al that is neededforeviltotriump is fortherightioustorefrainfromactingagainst it”. Dit dra jou na jou bestemming, daarsonder gaan jy nerens - skoene Geloof – Vertroue (sekerheid) hê dat die krag wat agter jou staan, die mag van die vyand sal forseer tot gehoorsaamheid. Omdat die aanslag uit enige rigting kan kom, en twyfel is soos ‘n pyl in jou hart – die skild. Verlossing –As jy dink (mentaliteit) soos een wat steeds slaaf van ‘n ander is, sal jy nooit uit jou beperkinge, jou boeie en sel, beweeg nie – helm om jou gedagtes wat sê jy is verlos. Woord –As jy praat (gesag), praat op gesag van die geopenbaarde woord van Vader – swaard van die Gees.

  45. Wat gee jou die reg (basis) om te glo? Omdat dit volbring is, is die reg aan my kant!

  46. Alles soos deur die profeet gesê: Jes 42:1 Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ʼn welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring (volbring) . Jes 42:2 Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie. Jes 42:3 Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring (volbring) . Jes 42:4 Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op sy leer. Jes 42:5 So sê God, JAHWEH, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel: Jes 42:6 Ek, JAHWEH, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ʼn verbond van die volk, as ʼn lig van die nasies, Jes 42:7 om blinde oë te open (kennis en openbaring) ; om gevangenes uit die kerker uit te lei (herder & heerser) , uit die gevangenis diegene wat in die duisternis (sonde betaling & lossing) sit. Jes 42:8 Ek is JAHWEH, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie. Jes 42:9Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.

  47. Dit is volbring O God van reg en liefde U is groot U wonderbare lig skyn uit U Woord Al lei die pad my deur die dood se dal U Herder staf vertroos my over al • Ek weet dat my Verlosser leef • Hy is my hoop en leidsman, krag en skild • Hy’t uitgeroep – “dit is volbring” • Sal ek uit dankbaarheid U lof besing • Ek is oortuig geen lewe of geen dood • Geen vors op aarde en geen stryd of nood • Sal my kan ruk uit hand wat lei na rus • Sal my kan skei van dit wat Jahshua is Koor

  48. Jahshua was die manier hoe ons, binne die REGSTAAT, sonder ontwrigting van geregtigheid, GENADE kon ontvang.

  49. Wat weet ons van die “ander” wêreld

  50. In die hemelse geweste .... is daar base en klase ....

More Related