1 / 16

“ Doopkategese ”

“ Doopkategese ”. Welkom almal!. Tema 1- Kinderdoop vs. volwassedoop. Verkeerde terminologie. Doop van kinders van gelowige ouers vs. wederdoop. Argumente wat gebruik word deur die meeste Pinkstergroepe vir hulle doopbeskouing: Jesus is as volwassene gedoop.

avari
Download Presentation

“ Doopkategese ”

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. “Doopkategese” Welkom almal!

  2. Tema 1- Kinderdoop vs. volwassedoop. • Verkeerde terminologie. • Doop van kinders van gelowige ouers vs. wederdoop. • Argumente wat gebruik word deur die meeste Pinkstergroepe vir hulle doopbeskouing: • Jesus is as volwassene gedoop. • Ons lees nie in die Bybel van kinders wat gedoop word nie. • Hand. 2:38: “Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”

  3. Doop van kinders van gelowige ouers vs. wederdoop • Jesus is as volwassene gedoop. Weerlegging: Is daar enige band tussen ons doop en Jesus se doop? 2. Ons lees nie in die Bybel van kinders wat gedoop word nie. Weerlegging: Adrio König se storie oor traktaatjies in die vensters. Nuwe Testament in ’n sendingkonteks. Huisgesindope.

  4. Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop • Hand. 2:38: “Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” • Weerlegging: Lees net die volgende vers: Hand. 2:39: “Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep."

  5. Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop Die hartseer waarheid is dat daar geen werklike goed gefundeerde argumente vir “grootdoop” uit pinkster geledere kom nie. Die Pinkster doop is meer verwant aan die doop van Johannes die doper as die Christelike doop. Die apostels erken nie die doop van Johannes as gelykwaardig nie. (Hand. 19). “Inseëning” word nêrens voorgeskryf nie.

  6. Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop Waarom doop ons kinders? HK son. 27 v+a 74 • Kinders is deel van die Verbond • Die verbondsbeloftes kom hulle toe. • Die verbondsteken maak hulle anders as die kinders van ongelowiges. • Doop in die plek van die besnydenis. Beeld van die boer wat sy skape merk.

  7. Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop Argument van Gereformeerde baptiste: Doop teken van die nuwe verbond eerder as die Ou verbond. Beter argument met goeie teologiese gronde. Ou verbond teenoor nuwe verbond:

  8. Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop • Wat is die ou verbond: Jer. 31:31-33: “Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit. Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.”

  9. Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop Ou Verbond - die “Sinaïtiese verbond” met Israel na die uittog uit Egipte, nie die met Abrham nie. Die besnydenis as verbondsteken is al ingestel tydens die verbond met Abraham. Gal. 3 Gal 3:6: “So was dit ook met Abraham: "Hy het in God geglo, en God het hom vrygespreek." Gal 3:7: “Julle sien dus dat dié wat glo, kinders van Abraham is.” Gal 3:17 Hiermee wil ek dít sê: God het ‘n verbond met Abraham gesluit en dit tóé al geldig gemaak. Die wet, wat eers vier honderd en dertig jaar later gekom het, kan nie hierdie verbond ongeldig maak, sodat God se belofte aan Abraham nie meer sou geld nie. Gal 3:26 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, Gal 3:27 want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

  10. Doop van kinders van gelowige ouers vs. weerdoop Die bewyslas word te dikwels op die verkeerde plek geplaas. Waarom moet ons bewys dat die kinders van gelowige ouers gedoop moet word? Waar is die bewyse dat God sy hele manier van werk met sy volk so radikaal sou verander?

  11. Tema 2 - Verbondsopvoeding Doopvrae: • Hoewel ons kinders in sonde ontvang en gebore en daarom aan allerhande ellende, ja, aan die verdoemenis self onderworpe is, bely u nogtans dat hulle in Christus geheilig is en daarom as lidmate van sy gemeente behoort gedoop te wees? • Bely u dat die leer van die Ou en Nuwe Testament , wat in die Artikels van die Christelike geloof saamgevat is en in die Christelike kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van die saligheid is? • Belowe u en neem u u voor om hierdie kind van wie u die vader en/of moeder is, wanneer hy/sy dit kan verstaan, in die genoemde leer na u vermoë te onderrig en te laat onderrig.

  12. Verbondsopvoeding • Leer jou kind van God deur sy Woord • Leer jou kind bid • Leer jou kind deur sang • Pasop vir “Liewe Jesus” • Leer jou kind die betekenis van sy/haardoop • Leer jou kind deur jou lewensvoorbeeld Kerklike lewe

  13. Verbondsopvoeding Ouers is ’n span en kinders is die vyand! Moenie gehoorsame ouers word nie! Moenie in debatte oor tugtiging betrokke raak nie. Hou vas aan die saak eerder oor die metode. Leer jou kind van regte lewensmaat en goeie kinderopvoeding. Leer jou kind die betekenis van sy/haar doop. Leer jou kind deur jou lewensvoorbeeld.

  14. Verbondsopvoeding • Leer jou kind deur erediensbywoning • Leer jou kind deur katkisasievoorbereiding • Leer jou kind deur algemene betrokkenheid • Moenie die rol van die geloofsgemeenskap onderskat nie • Leer jou kind die betekenis van sy/haar doop • Leer jou kind deur jou lewensvoorbeeld

  15. Verbondsopvoeding • Leer jou kind van liefde en respek vir almal • Leer jou kind van ’n positiewe gesindheid • Leer jou kind van sy roeping in die wêreld • Leer jou kind van evangelisasie • Leer jou kind die betekenis van sy/haar doop • Leer jou kind deur jou lewensvoorbeeld

  16. Dankie almal!

More Related