1 / 35

Evangelie van Johannes

Evangelie van Johannes. Sinoptiese vraagstuk: Matteus, Markus en Lukas toon opvallende ooreenkomste Johannes verskil van hulle Sake soos taalgebruik Stof wat opgeteken is Volgorde van gebeure. Besonder taalgebruik en skryfstyl. Beperkte woordeskat

albany
Download Presentation

Evangelie van Johannes

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Evangelie van Johannes • Sinoptiese vraagstuk: Matteus, Markus en Lukas toon opvallende ooreenkomste • Johannes verskil van hulle • Sake soos taalgebruik • Stof wat opgeteken is • Volgorde van gebeure

  2. Besonder taalgebruik en skryfstyl Beperkte woordeskat • Herhalings kom dikwels voor • Sinne volg mekaar sonder verbindingswoord • Eenvoud diens om diepsinnigheid uit te bring • Opvallend is die teenstellings: • Lig - duisternis • Lewe -dood • Lyding – heerlikheid • Sterwe – opstanding • Tyd – ewigheid

  3. In inleidende verse sprake van lig, lewe, liefde, waarheid uit God gebore wees. • Word temas wat deur die evangelie gedra word

  4. Skrywer • Johannes • Naam van die skrywer word nie in die evangelie genoem nie • Vroeë kerk ( kerkvaders) seun van Sebedeus • Irenaeus 180-200 nC Die dissipel wat op sy bors geleun het • Skryf vanuit Efese. • Vraag: Was Johannes in Efese? Wel op Patmos naby Efese

  5. Oorlewering: Seuns van Sebedeus kort na 40 nC gesterf • Gegewens uit die evangelie self: • Joh 21:24 • 19:35 Dit kan wees dat van sy volgelinge na sy dood sy oorlewerings versamel, verwerk en op skrif gestel het.

  6. Wie was die dissipel wat nie by die naam geroep was nie : • Die ander dissipel • Die dissipel vir wie Jesus lief was

  7. Samevatting: wie • Interne gegewens en kerkgeskiedenis •  Apostel Johannes •  Seun van Sebedeus • Geen twyfel

  8. Die doel van die skrywe: • Lukas 1:1-4  noukeurige en betroubare geskiedenis • Johannes • Johannes 20:31 • 31 Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê. • Dus iets meer bereik as blote vertellings van wat Jesus gedoen en gesê het.

  9. Gaan oor geloof • Dat Jesus die Seun van God is • Doel: wou hy die waarheid bevestig of • verdedig teenoor dwaalleraars of teenstanders? • Of uitvoering aan sendingopdrag gee.

  10. wou hy die waarheid bevestig of verdedig teenoor dwaalleraars of teenstanders? • Eerste: • Mense meen Johannes het in Efese te doen gekry met aanhangers van Johannes die doper • Hulle het Johannes hul leermeester • Verhef bo Jesus • Sterk ingestel om Johannes die doper in die regte perspektief te stel. • 3:30 30 Hy moet meer word en ek minder. • Nie oorweging vir die hele evangelie

  11. uitvoering aan sendingopdrag gee • Tweede: • Johannes tree op teen die Jode wat Jesus nie as die Christus wil erken nie • 8:44 kinders van die duiwel • Ook nie oorwegende rede nie

  12. uitvoering aan sendingopdrag gee • Derde: • Sendinggeskrif aan Jode gerig om hulle op te roep tot geloof in Jesus • Vierde: • 20:31 julle .... gelykgesindes dws gelowiges • Om te getuig dat Jesus die Christus is, die Seun van God en dat elkeen wat in Hom glo, in sy Naam die ewige lewe kan hê.

  13. Missionêr oproep tot geloof in Jesus Christus • Gelowiges versterk • almal wat hy deur die evangelie kan bereik oproep tot ‘n beslissing • Glo dat Jesus die Christus is • Die Seun van die lewende God

  14. Plek van ontstaan • Efese • Ook ander plekke genoem: • Aleksandrië • Sirië (Antiogië)

  15. Tyd van ontstaan. • Op sy laatste 100-110 nC • Rylands papirus 130 nC  aanhaling van • Joh 8:31-33 • Op sy vroegste: • Na die ander evangelies 80-85 nC • As Johannes nie van die ander evangelies afhanklik was nie ; selfs 70nC. • Samevatting: tussen 75 en 100nC.

  16. Plekke genoem in die evangelie • Die Johannese vertelling konsentreer veral op Jerusalem en Judea, met sporadiese insidente in Samaria en Galilea.

  17. Hooftemas

  18. Jesus Christus, Seun van God • Jesus is uniek. Hy was nie net die Seun van God nie, maar is self ook volkome God en daarom kan Hy die heerlikheid van God as ’n werklikheid aan ons bekend maak. • Jesus is die Seun van God wat die Vader kom bekend maak, en daarom kan ons dit wat Hy sê en doen onvoorwaardelik glo en aanvaar. Deur ons aan Hom toe te vertrou, gaan ons harte oop sodat ons God se boodskap kan verstaan en sy doel met ons lewens volkome kan beleef.

  19. Die ewige lewe • Jesus is van ewigheid af, omdat Hy God is. Hy was nog voor die ontstaan van die wêreld by God en sal vir ewig by Hom regeer. Ons hoef nie te wag dat die Here Jesus terugkeer nie; Hy is teenwoordig by sy eie mense deur die Heilige Gees wat ons alreeds besit van die ewige lewe bevestig. • Jesus bring die ewige lewe vir ons. Hy nooi ons om in ’n persoonlike en ewige verhouding met Hom te leef, een wat nóú reeds ’n werklikheid is. Die toekoms het alreeds in die hede aangebreek! Al moet ons oud word en sterf, kan almal wat in Hom glo, die nuwe lewe hê wat vir ewig sal voortduur.

  20. Glo • Johannes vertel van wondertekens wat die bekendmaking is van Jesus se heerlikheid en identiteit. Ons sien dat Hy mag het oor alles wat geskape is en dat Hy die Vader bekend maak. Ons word deur al hierdie dinge opgeskerp om in Hom as die Seun van God te glo. • Geloof is ’n aktiewe, ononderbroke vertroue in Jesus, wat God is. As ons aan sy lewe, woorde, dood en opstanding vashou deur te glo, word ons van die sonde gereinig en ontvang ons die krag om Hom te volg. Ons moet egter ja sê vir God se bekendmaking deur sy Seun.

  21. Die Heilige Gees • Jesus het sy dissipels geleer dat die Heilige Gees sou kom nadat Hy na die hemel opgevaar het. Die Heilige Gees sou in alle gelowiges kom woon as raadgewer wat lei en help. Deur Hom groei Christus se krag in alle gelowiges. • Ons word in die geloof nader aan God getrek deur die Heilige Gees. Ons moet Hom ken as ons alles wat Jesus ons geleer het, wil verstaan. Ons kan Jesus se liefde en leiding ervaar wanneer die Heilige Gees Christus se verlossingswerk in ons laat tuis kom.

  22. Opstanding • Jesus is op die derde dag uit die dood opgewek. Dit is deur sy dissipels en ander ooggetuies bevestig. Dié gebeurtenis het die bang weghardlopers in dinamiese leiers van die nuwe kerk laat verander. Dit is ook die fondament waarop die Christelike geloof gebou is. • Ons moet, net soos die dissipels, glo dat ons eendag uit die dood sal opstaan om vir ewig by Christus te lewe. Dieselfde krag van God waardeur Christus uit die dood opgewek is, sal ons ook in staat stel om die opgestane Here elke dag te volg.

  23. Hooftemas • Jesus Christus die Seun van God • Ewige Lewe • Glo/ geloof • Die Heilige Gees • Opstanding

  24. Struktuur in breë trekke • Inleiding of “Proloog” • Kort samevatting van die evangelie • Bring tema van boek na vore • Jesus se optrede onder sy eie mense, sy dade en sy woorde.1:19-12:50 • Boek van tekens • Jesus se gesprekke met die laaste maaltyd 13-17 • Boek van gesprekke of boek van heerlikheid • Getuienis voor die binnekring • Getuienis voor die Wêreld

  25. (Jesus se afskeidsgesprekke met sy dissipels in die bovertrek is uniek aan dié Evangelie (hfst 13-17). Sowat negentig persent van die dinge wat hier opgeteken is, kom slegs in hierdie Evangelie voor. )

  26. Weg van die kruis 18:1-20 • Hfst 21 as byvoegsel?

  27. Sleutelwoorde: • getuig en getuienis 47 keer ( 6 keer in ander evangelies ) • om te glo 98 keer (34 keer in ander evangelies) • lewe 36 ( 16) • heerlikheid en verheerlik

  28. Getuienis van die “lig” en “lewe” • Mense tot geloof kan kom • Heerlikheid van die Seun kan sien • Draer van die Heerlikheid Is Jesus Christus • 1: 9 Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10 Hy wás in die wêreld-die wêreld het deur Hom tot stand gekom-en tog het die wêreld Hom nie erken nie. 11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13 Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore. 14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

  29. Sleutel plekke Betanië, oorkant die Jordaan, Johannes die Doper (1:28–51). Jesus begin ook met sy bediening Daarna verskuif die vertelling na Galilea Hy na Kapernaum, Hy het vir die Joodse feeste na Jerusalem met Nikodemus, ’n lid van die Joodse Raad (3:1-21). Samaria Galilea Betsaida-Julias naby die See van Galilea kos gee op die water na sy vreesbevange dissipels loop (6:16-21), Perea, oorkant die Jordaan (10:40), wek Lasarus in Betanië uit die dood op (11:1-16) en gaan vir die laaste keer na Jerusalem vir die Paasfees. , voor sy kruisiging, in Jerusalem ook in die tuin van Getsemane

  30. Johannes 1 • 9 Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10 Hy wás in die wêreld-die wêreld het deur Hom tot stand gekom-en tog het die wêreld Hom nie erken nie. 11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

  31. 13 Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore. 14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

  32. 16 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

  33. 18 Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. 19 En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg.

  34. 20 Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21 Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

More Related