1 / 43

Globale Veranderinge en Plaaslike Uitdagings Simposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Internet ‘n oplossing vir SA se onderwysprobleme Dr Michael le Cordeur mlecorde@sun.ac.za. Globale Veranderinge en Plaaslike Uitdagings Simposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Universiteit van Pretoria: 30 Sep – 1 Okt 2010. Inleiding.

aerona
Download Presentation

Globale Veranderinge en Plaaslike Uitdagings Simposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Die Internet ‘n oplossing vir SA se onderwysproblemeDr Michael le Cordeurmlecorde@sun.ac.za Globale Veranderinge en Plaaslike Uitdagings Simposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Universiteit van Pretoria: 30 Sep – 1 Okt 2010

  2. Inleiding Die oplossing vir die wêreld se onderwysuitdagings is die internet. So het het mnr Johann Rupert, sakeman en kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) onlangs by die wêreldforum van Fortune, Time en CNN gesê. In hierdie referaat val die fokus op die toenemende globaliserende wêreld waar die Internet soekenjin Google reeds die bekendste handelsnaam op die planeet is. Deel van hierdie sogenaamde global village is die koms van breëbandtegnologie na Suid-Afrika wat toegang tot onderwys, veral na die veraf geleë en arm Suid-Afrikaanse platteland aansienlik sal verbeter.

  3. Van swartbord tot wêreldwye web (www) In Suid-Afrika word die kennis-ekonomie as die oplossing gesien vir die land se maatskaplike probleme. Ongelukkig is die oordrag van kennis nie oral effektief nie omdat baie skole worstel met enorme basiese probleme ten opsigte van funksionaliteit. Onlangs was daar ‘n reuse toename na die vraag om rekenaars, die internet en tegnologie by die gewone skoolprogram te integreer. Daar word gehoop dat met behulp van tegnologie soos die Internet en ander multi-media die gehalte van onderwysers se onderrigmetodiek sal verbeter.

  4. Inleiding Onderwys is essensieël tot die behoud van die kulturele en strukturele stabiliteit van die samelewing. ‘n Effektiewe onderwysstelsel is een wat aanpasbaar is by veranderinge. Alvin Toffler (1980): Verandering is die enigste ding waarvan ons seker is.

  5. Agtergrondgeskiedenis Die geskiedenis toon ‘n reeks van nasies wat die status as wêreldleiers gehad het, en toe weer vervang is: 1600s – die spanjaarde 1700s – Hollandse imperialisme Britte was dominant in die 1800s VSA sedert 1900s – ‘n titel wat hulle binnekort kwyt kan wees, as jy die tekens reg lees.

  6. Ons Skole Skole verkeer onder toenemende druk van politieke en sakeleiers reg or die land, om die akademiese standaarde van al ons studente ( en leerders) te verhoog. Dit vereis dat elke skool, distrik, direkteur, skoolhoof, rektor, onderwyser en dosent in hierdie land opnuut na nuwe metodes van onderrig moet kyk as ons die akademiese standaarde en leerderpresatsie wil verbeter. Skole sal hulself moet herstruktureer as hul erns het om alle leerders suksesvol deur die skool wil kry, wat hulle in staat sal stel om in die globale ekonomie te kompeteer.

  7. Die rol van Globalisering 9 November 1989 het ‘n nuwe fase die wêreld ingelei : Die val van die Berlynse Muur wat ook die val van kommunisme in Oos-Europa gesimboliseer het. Sedertdien het die Oos Blok Lande van die voormalige Soviet Unie die Vryemarkstelsel betree. Alhoewel Indië reeds in 1947 onafhanklikheid van Groot Brittanje gekry het, was dit nie voor die 1990’s dat hierdie land ook uit sy groot slaap ontwaak het nie. Sedertdien het ons gesien hoedat kapitalisme in net 16 jaar soos ‘n veldbrand versprei het na meer as die helfte van die wêreld se bevolking (Oos-Europa , Rusland, Indië, en China). Hierdie lande het vir baie lank die Weste die voordele van die vryemarkstelsel beny. Vandag is hul doelwit om Amerika na te doen en ‘n voorspoedige middelklas daar te stel.

  8. Die kompetisie vir werksgeleenthede ‘n Groot segment van die wêreld se beskikbare arbeidsmag kompeteer vandag vir werk in die Weste en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Reuters het onlangs 1500 werksgeleenthede in hul navorsingsafdeling geskuif na Indië. e-pos en die Wêreld Wye Web (www) het ‘n revolusie teweeggebring in die wyse waarop mense hul persoonlike sake bestuur. Die spoed waarmee tegnologie verander, is ‘n verdere uitdaging vir die SA ekonomie. Digitale inligtingstelsels maak plek vir bio- en nanotegnologie. SA sukkel om die jeug voor te berei vir hierdie tegnologiese veranderinge.

  9. Die intellektuele ewewig het geskuif B- grade in wetenskap en ingenieurswese maak 60% uit van die totale getal grade wat in China verwerf word. Slegs 5% van die grade wat verlede jaar in die die RSA en VSA verwerf is, was in wetenskap en ingenieurswese en tegnologie. Hierdie jaar alleen, sal 350,000 ingenieurs in China gradueer. Dit word voorspel dat teen 2010 sal 90% van die wêreld se wetenskaplikes van Asië af kom.

  10. Die uitdagings vir onderwys in Suid-Afrika In ‘n wêreld waarin wetenskap en tegnologie toenemend die hoeksteen gaan wees van dit waarvoor spesifieke vaardighede en kennis benodig gaan word in the 21ste eeu, word die weste (wat Suid-Afrika insluit) in die wedloop geklop deur Indië, China en Oos-Europa. Voeg daarby die klein getal gegradueerdes in wetenskap en tegnologie hier in SA en die toekoms lyk maar bleek.

  11. Aanlyn-grade Make a real impact with an online degree Walden University, Minesota USA, is an accredited institution that offers advanced degrees to working professionals like you. Choose from highly respected degree programs in education, nursing, management, psychology, health and human services, and engineering. Graduates of our programs go on to make a difference in the lives of children, the health of communities, and the success of organizations.To determine if our rigorous programs are right for you, please answer a few questions. >>> Programs Business Criminal Justice Education Human Services Nursing/Healthcare Psychology Technology

  12. UNIVERSITY OF LIVERPOOL, ENGLAND Global University Taking our place in the 21st century world 21,000 STUDENTS 400 PROGRAMMES 9 Nobel Laureates since 1881 New 36million pounds engineering building Investing over 350 million pounds in new buildings The University of Liverpool is part of a 21st century network for a challenging world. International collaborations - education without frontiers Last year 2,500 students from 110 countries studied at the University.

  13. Glion Institute of Higher Education, Switzerland 100% supported, 100% on line For more than forty years, Switzerland’s Glion Institute of Higher Education has launched world-class Hospitality careers. Earn a degree in hospitality but also in event, sport and entertainment. Work at five-star restaurants and hotels; manage luxury resorts, international convention centers, or be a part of a major sports federation. GLION’s Educational Programs: Courses Available Diploma in Hotel and Restaurant Operations Bachelor of Business Administration- Hospitality Management Bachelor in Arts Hospitality and Tourism Management Bachelor in Arts Hospitality Finance and Revenue Management Bachelor in Arts Hospitality and Human Resource Bachelor in Arts Hospitality Management Postgraduate Diploma in Hospitality Adminstration MBA: Glion Sports Management School Associate Degree in Events, Sports and Entertainment Management Bachelor in Business Administration Sports, Leisure and Event Management Postgraduate Diploma in Events, Sports or in Sport Management Postgraduate Higher Diploma in Entertainment Administration

  14. Universities in Australia South AustraliaVictoriasoccerNew South WalesNorthern TerritoryWestern AustraliaAustralias Capital TerritoryQueenslandTasmania Interested in earning an online degree? We'll help you to accredited online degrees according to your interests.Online Engineering Degree MBA/MSc In Marketing, Business, Finance

  15. HUNDREDS OF ONLINE AND DISTANCE DEGREES FROM ACCREDITED CANADIAN UNIVERSITIES Canadian Virtual University (CVU) is an association of Canada's leading universities specializing in online and distance education. Our goal is to help students in Canada and around the world quickly find quality-assured online education. Whether it's for one course or a whole degree, start your search here for recognized Canadian online education.

  16. Konrad Zuse, wat die eerste rekenaar in 1938 gebou het, se seun Horst, by die REUSE masjien

  17. Veranderinge in die Globale dorp Hulpbronne reeds beskikbaar: gratis eBoek-opvoedergids wys hoe om kurrikulumpakkette en tegnologiese hulpbronne in die klas toe te pas. Skype-geriewe en Aanlyn Interaktiewe Witborde in die klaskamer. Meer as 100 webtuistes met opvoedkundige speletjies. Meer as 100 pakkette wat verduidelik hoe om met Twitter klas te gee. Pakkette wat kritiese denke by leerders bevorder. Goeie nuus: hierdie rykdom aan kennis is als gratis. Slegs bandwydte om toegang tot kennis en inligting te kry.

  18. Werk u nog op so iets? Dit hoort op die ashoop.

  19. Apple's iPad and iPhone 4

  20. PDA (persoonlike digitale assistent)

  21. Smart Personal Object Technology (SPOT)

  22. A quantum leap – ‘n Reuse Sprong Nanotegnologie Die transformasie van tegnologie van PCs na PDAs na selfone na horlosies is moontlik danksy die vordering op die gebied van nanotegnologie. Nanotegnologie gebruik die atoom as die basiese bousteen vir die ontwikkeling van tegnologie. Nanotech maatskappye vervaardig nou rekenaar skyfies (chips) 1/1000 die wydte van ‘n menshaar. OF: ‘n Atoom / molekule = I millimeter verdeel in een miljoen deeltjies; onsigbaar vir die blote oog.

  23. Nuwe gebruike van Nanotegnologie Dié tegnologie maak dit moontlik om teen-kankermiddels wat gewoonlik toksies vir die liggaam is, veilig te verpak in nano-deeltjies wat gepogrammeer word om net die kankerdraende liggaamsdele aan te val. Daar is tans ‘n stormloop van navorsers en maatskappye wat patente registreer en meer as 600 produkte van NT is reeds op die mark.

  24. Wat gebeur op kampusse in SA Volgens die SA Student Social Media Report het 99% van SA se 800 000 studente in 2009 meer as 3uur per dag op die Internet spandeer. Die hoogste metode van toegang tot die Internet is dmv selfone (78%). Tot 90% van die studente gebruik gereeld sosiale netwerke soos: YouTube Facebook Mxit Twitter

  25. Waarvoor word sosiale netwerke gebruik? Studente in meer as 200 lande kan met mekaar kommunikeer in ‘n virtuele klas(klets)kamer; Deel foto’s, video’s, notas, lesings met mekaar; Sekere lesings word met mekaar bespreek; Deel idees, antwoorde, oplossings met mekaar; Speel speletjies met mekaar op bepaalde tye; Sy gebruikersprofiel opdateer. bv. www.youtube.com

  26. e-lees jy soms ‘n lekker ‘n e-boek? Jy kan nou honderde boeke in handsak dra Boekwinkels oorbodig Koop boek met jou toestel en lees! Amazon.com verkoop meer e-boeke (143) as gewone boeke (100) LAPA se 25 gewildste titels is nou in e-boekvorm E-boeke deur 3G tegnolgie afgelaai (soos selfone).

  27. Rasionaal vir Internettegnologie Fisiese akkommodasie (daar is meer studente wat nie gekeur word nie, as diegene wat wel toelating verkry). Finansiële oorwegings ( die meeste jeugdiges kan nie universiteit bekostig nie) Gehalte van onderrig ( Die Internet verleen toegang tot die beste lesings, dosente en geleenthede) Die Globale tendens (assosiasie met ander kampusse)

  28. VYF redes waarom die Internet en tegnologie by die onderrigsituasie geïntegreer behoort te word 1. Die gebruik van tegnologie in die klaskamer gee leerders die geleentheid vir sosialisering en taalontwikkeling (Gimbert & Cristol (2004). Leerders moet soms in pare en selfs in groepe saamwerk weens onvoldoende rekenaars. Dit moedig hulle aan om skeppers, leiers besluitnemers en probleemoplossers te wees.

  29. VYF redes vir die insluiting van die Internet en tegnologie 2. Deur die regte tegnologie te gebruik word studente aangemoedig om hul verbeelding te gebruik en om teen hul eie pas die aard van die tegnologie wat gebruik word, te verken. Dis veral nuttig vir leerders met leergestremdhede want hulle kan nou teen hul eie pas werk (Gimbert & Cristol (2004).

  30. VYF redes vir die gebruik van die Internet 3. Die gebruik van tegnologie bevorder leerders se aandagspan. Navorsing bewys dat leerders reageer beter, gee meer aandag as die tegnologie ingespan word tydens lesings en is inherent meer gemotiveerd. Maar net as dit die geskikte tegnologie is (Guthrie & Richardson 1995)

  31. VYF redes vir die gebruik van die Internet 4. Leerders met spesiale onderwysbehoeftes vind veral baat by die tegnolgie en die geleentheid op op die Internet te swerf, en met spesiale raakdiskette en sleutelborde te werk; omdat dit hulle fisiese – en taal-gestremdhede asook outisme oorkom (Behramann & Lahm 1994).

  32. Die Vyfde rede vir die gebruik van die Internet 5. ...is vir die onderwyser se persoonlike professionele ontwikkeling. Onderwysers moet nie net leer van tegnologie nie, maar moet ook leer HOE om met die tegnologie en die Internet te onderrig, veral onderwysers wat vir baie jare net die swartbord en kryt geken het (Guthrie & Richardson 1995).

  33. Die gebruik van die Internet by US *Die US is ‘n voorstaander van die gebruik van tegnologie Interaktiewe aanlyn - klaskamerprogram nl. WebCT. Gebaseer op gereelde interaksie en terugvoering. Studente kan Powerpoint- aanbiedings van lesings aflaai. Verskeie tutoriale en aanlyn-toetse stel student in staat om sy vordering te monitor. WebCT veral geskik om interaksie en terugvoering tussen student en dosent te fasiliteer. Kan tutoriale toetse doen en dadelik die memo en terugvoering kry.

  34. My tegnologiese troeteldier Selfone lank nie meer net vir oproepe nie. Skole bou rekenaar-kamers maar veban selfone uit die klas. Huidige gebruike sluit in: Browsing die Internet Globale Posionering Sisteem (GPS) E-pos, SMS’e, Sosiale netwerke Foto’s en video’s Sakrekenaar Spell checker

  35. Van selfone tot satelliete Mobiele selfone beskik oor ingeboude kameras. Selfone kan vandag beeldmaterial en video’s redigeer. Soos enige ander rekenaar kan dit gebruik word vir die dokumentasie van uitstappies en die gebruik van beeldmateriaal vir multimedia – aanbiedings. Onderwysers kan mbv selfone die Internet deursoek na geskikte materiaal om lesse op te kikker ( vulkaanuitbarstings, aardbewings, weer, ens) Hierdie beelde en video’s kan mbv die dataprojektor op die skerm vir leerders vertoon word.

  36. Kry die WAT op jou selfoon Die volledige WAT het pas op ‘n selfoon beskikbaar geword. Dit beteken dat die ekwivalent van bykans 9 000 gedrukte bladsye van die omvattendste Afrikaanse woordeboek in jou handpalm gehou kan word en op ‘n skerm gelees kan word. Die WAT op selfoon is heelwat meer as ‘n replika van die gedrukte weergawe op ‘n kleiner skaal.  Elke inligtingsoort is in ‘n verskillende kleur: die trefwoord in blou vetdruk, die woordsoort in pers, die definisie in swart, die voorbeeldsinne in groen, ens. Verskeie gevorderde soektogte kan in ‘n breukdeel van ‘n sekonde uitgevoer word. Die WAT (A tot R) is reeds in gedrukte formaat, as ‘n CD en op die internet beskikbaar.  Gaan na http://www.woordeboek.co.za/user/WAT_Bestelvorm.pdf om in te teken op die WAT vir selfoongebruik.

  37. Sosiale Netwerke: MXit Facebook, Blogging, Twitter, Youtube en Mxit. Verreweg die gewildste is Mxit. Selfoontegnologie wat gebruikers toelaat om in die werklike tyd met mekaar te kommunikeer. Dit is spotgoedkoop en geredelik beskikbaar vir almal. Dis ideaal vir leerders om met onderwysers te kommunikeer en andersom. Leerders vorm studiegroepe en praat tot laat in die nag met mekaar, ruil idees uit en toets mekaar se kennis.

  38. Die vituele klaskamer van pen tot pendeltuig Tegnologie kan die virtuele klaskamer skep wat kommunikasie tussen alle deelnemers, leerders en onderwysers aanmoedig. YouTube is weer ‘n webtuiste wat video’s gratis beskibaar stel aan leerders en onderwyers. Dit sluit in TV-programme, dokumentêre prente en amateur video’s. Vir onderwysers is daar talle video-clips en illustrasies oor Wiskunde, Fisiese wetenskappe, en Aardrykskunde. Deur selfone aan data-projektors te koppel kan hierdie video’s in die klas vertoon word.

  39. Slotwoord Die Globale en Tegnologiese veranderinge wat Suid-Afrika vandag in die gesig staar, kan nie geïgnoreer word nie. Die faktore wat in hierdie voordrag beskryf is, is ‘n vermaning dat ‘n onsigbare tydbom ons voorland is wat ons bestaan omver kan gooi, tensy dit betyds aangespreek word. Die geskiedenis het bewys dat enige land goeie en slegte tye beleef. Suid-Afrika het daarin geslaag om baie aanslae af te weer, in sy betrekilike kort bestaan. Wanneer die tegnologiese tydbom ons land gaan tref, moet die land en sy inwoners gereed wees daarvoor. Studente en leerders in ons skole en universiteite is ‘n bron van hoop en ons land se mees kosbare hulpbron. Dis ons taak om hulle te bemagtig om hierdie storm suksesvol te trotseer.

  40. Winston Churcill het gesê: Now this is not the end. It is not even the beginning of the end. But it is, perhaps the end of the beginning

  41. Baie dankie Grey, Duncan. 2001. The Internet in school. New York: Continuum. Dudeney, Gavin. 2000. The Internet and the Language Classroom. Cambridge: University Press. Daggett, W.R. 2010. Preparing Students for Their Future. Speech presented at the International Center for Leadership in Education. Friedman, T. L. 2005. The World is Flat – A Brief History of the Twenty-first Century (New York: Farrar, Straus & Giroux)p. 259. Miaoulus, I. 2005. Speech presented at the High School Summit, Arkansas, April. Nanotegnologie: wat is die risiko’s. 2010. Sake-Burger, 28 Sept. Sake- Rapport. 2010. Sosiale media nou sleutel vir bemarker. 8 September, p.17. Tydskrif-Rapport. 2010. E-lees jy ‘n lekker e-boek? 5 September, p.20

More Related