1 / 7

Amos 4

Amos 4, Afr Bybel 83

Mannetjie
Download Presentation

Amos 4

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 4

  2. . 1 Luister na hierdie woord, vrouens wat op amariaberg lekker lewe, lewe soos die koeie van Basan, julle deur wie die swakkes verdruk en die armes mishandel word, julle wat vir julle mans sê: “Bring wyn dat ons kan drink!” 2 Die Here my God wat heilig is, het 'n eed afgelê: Pas op, daar kom dae oor julle dat julle met hake opgetel sal word, dat julle van agter met haakdorings aangedryf sal word. 3 Elke vrou sal reg voor haar uit oor die afgebreekte stadsmuur loop, julle sal na Hermon toe uitgedryf word, sê die Here.

  3. . 4 Kom na Bet-El toe as julle wil sonde doen, na Gilgal toe as julle nog meer sonde wil doen. Bring julle offers vroegmôre, julle tiendes op die derde dag. 5 Verbrand die ongesuurde brood as Dankoffer, kondig julle vrywillige offers aan, laat die mense dit hoor. So hou julle mos daarvan, Israeliete, sê die Here my God.

  4. Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn 6 Ek het hongersnood in al julle stede laat kom, broodsgebrek in al julle dorpe, maar julle het julle nie tot My bekeer nie, sê die Here. 7 Ek het die reën drie maande voor oestyd van julle af weggehou; Ek het laat reën oor een stad en oor 'n ander die reën laat wegbly; die een stuk grond het goed reën gekry en die ander waar dit nie gereën het nie, het uitgedroog. 8 Twee, selfs drie stede se mense het hulle na 'n stad toe aangesleep om water te kry, sonder om hulle dors te les, en tog het julle julle nie tot My bekeer nie, sê die Here.

  5. Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn 9 Ek het julle gestraf met brandkoring en met heuningdou, Ek het julle tuine en wingerde laat verdroog, sprinkane het julle vyebome en julle olyfbome kaalgevreet, en tog het julle julle nie tot My bekeer nie, sê die Here. 10 Ek het plae soos dié van Egipte na julle toe gestuur; Ek het julle jongmans en hulle spogperde met die swaard doodgemaak; Ek het die stank van julle laer in julle neuse laat opwalm, en tog het julle julle nie tot My bekeer nie, sê die Here.

  6. Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn 11 Ek het julle stede verwoes soos Ek Sodom en Gomorra geheel en al verwoes het, julle het soos 'n stuk hout geword wat uit die vuur uit geruk is, en tog het julle julle nie tot My bekeer nie, sê die Here. 12 Daarom sal Ek dit alles weer aan jou doen, Israel! En omdat Ek jou dít sal aandoen, Israel, maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn!

  7. Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn 13 Jy moet besef: Hy wat berge vorm en die wind skep, Hy wat sy gedagtes aan die mens bekend maak, Hy wat die dagbreek donker maak, Hy wat oor die hoogtes van die aarde gaan, sy Naam is Here, almagtige God!

More Related